Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -56 minutes ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -1 hour ago
Rona November 2026 Johann L -1 hour ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -12 hours ago

Umfula 2024.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ons het toe Umfula oord besoek, dit was 'n baie aangename oord met baie om te doen, van vis vang tot leeg lê by die karavaan.

Die kleinseuns kan nie uit gepraat raak van die plek nie. 

Ek gaan meer met so paar fotos vertel as met woorde, 'n foto vertel 'n duisend woordewink

Bestuur ry met vierwiel motorfietse heeldag rond om seker te maak dinge loop soos stroop.

Dit is so tipe van 'n kleinwild plaas en die bokkies loop gereeld in die kamp rond.

Umfula
Hier is die toesighouer vir die hengel area.
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/01/2024 - 08:51

Vermoed my tablet het hoendergriep, kry nie meer as een foto gelaai niefrown

Umfula
Ingang is mooi versier met beelde van die eienaar se voorkeure

Daar is dit nou reg, meer as een foto kan nou weer gelaai word (antibiotika help)

Umfula
Water, berge en bos is my 'n groot liefde

Umfula

Umfula
Braaiers by die ontspannings area word deuglik gebruik
Umfula
Bokkies wei lekker in die oord.
Umfula
Die kleinseuns het die super tube baie geniet.
Umfula
Jammer, die fotos is nie in  volgorde nie, maar hier is ons by aankoms.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/01/2024 - 09:16

Môre Hennie, dis minder as 60 km van huis tot oordyes

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/01/2024 - 10:28

...dankie vir die foto verhaal. Dit lyk regtig na 'n skoon veilige oord. Ek is swkwe mense mer kinders en kleinkinders benut en geniet die plek baie.

Ek vermoed dat oorde in privaat -besit en -bestuur in die toekoms, ons voorland gaan wees. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 10/01/2024 - 11:25

Daai oord lyk mos nice soos fotos lyk mooi skoon en opgepas stem wat Wessel se van oord besit

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 10/01/2024 - 12:00

Dit is 'n lekker oord, ons was ook al daar toe ons in Fochville was. Die sport bar het ons gepla die Saterdag maar dalk meer die mense wat daar was. Net 'n raps verder in die pad af is Eastco, my vrou was baie gaande oor Eastco en Susan regeer met 'n yster hand. Gaan probeer gerus. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/01/2024 - 14:08

Glo my, ek verslind enige inset op die forum. Dis darem 'n lekker rooi gebrande arm in die foto.laugh

Dalk moet ek ook google maps bestudeer, hoe om daar te kom van Brits af.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus