Middag almal. Ons het gister by huis aangekom na amper 2 weke van kamp. Ons was in die vroee 80's laas by Jongensfontein. Besluit ons kamp n week daar. Daai plek het vreeslik uitgebrei, mooi skoon kamp en dorp. Ons het oppad terug ingeloer by Witsand. Kamp terrein het my afgesit, daar is 2. Wind het vreeslik gewoed. Toe gaan ons na die Berry Guest Farm net buite Swellendam. Lekker, skoon en netjies. Alles mooi groen. Water en krag. Het ook maar sy tekortkominge, min hakkies in storte, nie bakkie vir jou seep nie, maar heel skaflik. Hulle glo nie aan pensioenarisse afslag nie. Veilig tuis.
Jongensfontein
Ons het dit nog elke keer daar geniet maar was nog nie by Witsand nie. Glo ook nie ons sal gaan nie.
Witsand
Baie jare gelede (seker 25 jaar plus) het ons besluit om vir die naweek iewers langs die Weskus te gaan kamp. Die Vrydag steek daar toe 'n onplesierige noordwestewind op, maar kamp wou ons gaan kamp - die wa was klaar gepak. Ons besluit om toe maar eerder die Weskus te los en eerder saam met die wind te ry. Só vat ons toe die N2 oos. Naby Heidelberg voel dit toe kompleet asof die noordwes minder waai en op die ingewing van die oomblik draai ons toe suid in die rigting van Witsand.
Ons kry toe 'n staanplek in die kamp aan die regterkant van die pad. En ons was nogal heel beïndruk met o.a. die ablusiegeriewe. Die volgende oggend was ek vroeërig op en het sommer na die nabygeleë strand gestap waar ek dit geniet het om 'n visserman se "geveg" met 'n groot kabeljou gadegeslaan het.
Terug by die karavaan het die wanderlus my beetgepak - en daar en dan besluit ons om die pad verder oos te vat. En waaragtig - ons beland uiteindelik by Forever Plettenberg - watter prag-oord. Die volgende dag was dit die langpad terug huistoe - nog destyds in Grabouw. Maar nou-ja - ons was nog heelwat jonger en het nog vir baie dinge kans gesien.
Maar om terug te kom na Witsand - destyds was dit 'n heel netjiese oord.
Wessel, mense op Witsand het…
Wessel, mense op Witsand het gese die grondpad word nie onderhou nie en omdat so baie boere die pad gebruik is dit in n swak toestand baie sinkplaat. Wat die motorhome betref , ons geniet dit vreeslik baie. Stop sommer langs pad, maak koffie op gasstoof, klim nie eers uit nie, baie veilig en by kampplek, rol afdak uit, grondnet, kamp stoele en jy sit rustig binne 10 minute.
Jammer, ons het toe 34km…
Jammer, ons het toe 34km terug gery na N2 en buite Heidelberg afgedraai na Witsand. Sal nie weer daarheen gaan nie. Die Berry Gasteplaas buite Swellendam was baie lekker.
Wessel, mense op Witsand het…
Wessel, mense op Witsand het gese die grondpad word nie onderhou nie en omdat so baie boere die pad gebruik is dit in n swak toestand baie sinkplaat. Wat die motorhome betref , ons geniet dit vreeslik baie. Stop sommer langs pad, maak koffie op gasstoof, klim nie eers uit nie, baie veilig en by kampplek, rol afdak uit, grondnet, kamp stoele en jy sit rustig binne 10 minute.
Ja Jimny gekry. Bestel juis…
Ja Jimny gekry. Bestel juis nou n opvoubare a frame wat permanent op Jimny bly en mooi plat vou.






witsand kamp ???
Middag Jeanne, ek was nie bewus dat mens daar kan kamp nie. Jy het nie dalk fotos geneem nie.
Bedoel jy daar is 2 staanplekke of is daar twee kampterreine.?
Het jy kortpad met die grondpad vanaf Jongensfontein na Witsand gery, of is jy N2 om deur Riversdal of Heidelberg?
Wat is jou indrukke van vakansie hou met moterhome teenoor woonwa sleep.?