Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -1 hour ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -10 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -11 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -11 hours ago

2 weke kamp

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Middag almal. Ons het gister by huis aangekom na amper 2 weke van kamp. Ons was in die vroee 80's laas by Jongensfontein.  Besluit ons kamp n week daar. Daai plek het vreeslik uitgebrei, mooi skoon kamp en dorp. Ons het oppad terug ingeloer by Witsand. Kamp terrein het my afgesit, daar is 2. Wind het vreeslik gewoed. Toe gaan ons na die Berry Guest Farm net buite Swellendam. Lekker, skoon en netjies. Alles mooi groen. Water en krag. Het ook maar sy tekortkominge, min hakkies in storte, nie bakkie vir jou seep nie, maar heel skaflik. Hulle glo nie aan pensioenarisse afslag nie. Veilig tuis.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/02/2024 - 16:26

Middag Jeanne, ek was nie bewus dat mens daar kan kamp nie. Jy het nie dalk fotos geneem nie.

Bedoel jy daar is 2 staanplekke of is daar twee kampterreine.? 

Het jy kortpad met die grondpad vanaf Jongensfontein na Witsand gery, of is jy N2 om deur Riversdal of Heidelberg?

Wat is jou indrukke van vakansie hou met moterhome teenoor woonwa sleep.?  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/02/2024 - 16:57

Ons het dit nog elke keer daar geniet maar was nog nie by Witsand nie. Glo ook nie ons sal gaan nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 13/02/2024 - 19:24

Baie jare gelede (seker 25 jaar plus) het ons besluit om vir die naweek iewers langs die Weskus te gaan kamp. Die Vrydag steek daar toe 'n onplesierige noordwestewind op, maar kamp wou ons gaan kamp - die wa was klaar gepak. Ons besluit om toe maar eerder die Weskus te los en eerder saam met die wind te ry. Só vat ons toe die N2 oos. Naby Heidelberg voel dit toe kompleet asof die noordwes minder waai en op die ingewing van die oomblik draai ons toe suid in die rigting van Witsand.

Ons kry toe 'n staanplek in die kamp aan die regterkant van die pad. En ons was nogal heel beïndruk met o.a. die ablusiegeriewe. Die volgende oggend was ek vroeërig op en het sommer na die nabygeleë strand gestap waar ek dit geniet het om 'n visserman se "geveg" met 'n groot kabeljou gadegeslaan het.

Terug by die karavaan het die wanderlus my beetgepak - en daar en dan besluit ons om die pad verder oos te vat. En waaragtig - ons beland uiteindelik by Forever Plettenberg - watter prag-oord. Die volgende dag was dit die langpad terug huistoe - nog destyds in Grabouw. Maar nou-ja - ons was nog heelwat jonger en het nog vir baie dinge kans gesien.

Maar om terug te kom na Witsand - destyds was dit 'n heel netjiese oord.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Wed, 14/02/2024 - 11:50

Wessel, mense op Witsand het gese die grondpad word nie onderhou nie en omdat so baie boere die pad gebruik is dit in n swak toestand  baie sinkplaat. Wat die motorhome betref , ons geniet dit vreeslik baie. Stop sommer langs pad, maak koffie op gasstoof, klim nie eers uit nie, baie veilig en by kampplek, rol afdak uit, grondnet, kamp stoele en jy sit rustig binne 10 minute. 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Wed, 14/02/2024 - 11:52

Jammer, ons het toe 34km terug gery na N2 en buite Heidelberg afgedraai na Witsand. Sal nie weer daarheen gaan nie. Die Berry Gasteplaas buite Swellendam was baie lekker.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Wed, 14/02/2024 - 11:54

Daar word ook huis verhuurWessel, mense op Witsand het gese die grondpad word nie onderhou nie en omdat so baie boere die pad gebruik is dit in n swak toestand  baie sinkplaat. Wat die motorhome betref , ons geniet dit vreeslik baie. Stop sommer langs pad, maak koffie op gasstoof, klim nie eers uit nie, baie veilig en by kampplek, rol afdak uit, grondnet, kamp stoele en jy sit rustig binne 10 minute. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 14:20

....dankie vir die terugvoer. Ek wou ook laasjaar die grondpad gebruik om van Jongensfontein na Vermaaklikheid te ry, maar was ook afgeraai.

Sleep jy noual 'n Jimny agterna? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus