Môre maters. Gister ń groot "skok" gekry. Ons AGA stoof word elke winter vir so 4 maande aangesteek. Maak die huisie lekker warm. Ouma bak dan ook meer, en die ure lank geroosterde lamsboude en wildsvleis word uitgehaal.
Verlede jaar was die prys baie op, vanaf die R280.00 per 40kg sakkie na R350.00. Gister bestel ek die 16 sakkies en word meegedeel die prys is nou R509,00 per sakkie. Dit is buitenspoorig duur. Vervoerkoste word genoem, ek reken hulle lieg vir my.
Kry op internet ń plek in Pretoria wat R139,00 per 20kg sakkie vra. Die vervoer koste is R179,00 per sakkie. Dan werk dit uit R650,00 vir 40kg hier gelewer.
Die diesel prys gaan nare gevolge bring. Boere se insetkostes gaan deur die dak gaan.
Ou pensioenaris truuk…
Ou pensioenaris truuk. Moenie op 'n leë maag P&P toe gaan nie, jy koop agter die honger aan en nie wat jy nodig het nie, keer op keer gevind dat die kasregister aansienlik meer wys as op 'n vol maag. Ek doen ook deesdae weer die sakrekenaar ding (op my selfoon), opmerklik hoe maklik mens by sekere rakke verbyloop en goedkoper ekwivalente in die trollie laai as mens die koste deurlopend op die rekenaartjie sien...die sielkundige effek is duidelik sigbaar, veral as die ouman vir liefie wys "waar ons nou al trek"
Oorlede skoonpa het nog die koevert ding gedoen, maandeinde as sy pensioen inbetaal is gaan trek hy die lot en allokeer dan in spesifieke koeverte, ene vir water en ligte, ander ene vir brandstof, ene vir kruideniersware, en natuurlik ene vir wat vir kamp opsygesit word! Hy het nooit maar nooit kort gekom nie, as die koevert leeg is is hy leeg. Wat moontlik oor was aan die einde van die maand is geblaas op 'n lekker uiteet of nog 'n Golden Oldies kamp.
Maar Wessel is reg, die pryse is merkbaar elke maand hoër. Oor 'n jaar of wat sal ons as vroulief ook aftree die kasarm van 'n huis verkoop en afskaal (wat heelwat onkoste uit ons lewe sal verwyder), weet nog net nie na waar om af te skaal nie. Daar is ook definitief geen nuwe voertuie meer op ons horison nie, die Suzuki SX4 het pas 100 000 km bereik 16 jaar nadat ons hom nuut gekoop het, so behoort nog as "run-about" vir die volgende 2 of meer dekades te hou, die Ranger is nuut gekoop in 2019 en het pas eers 40 000km bereik, so daar is nog baie km's oor, en die Fleetline ('95 model in '99 gekoop) is heel voldoende vir ons solank die gesondheid hou.
Pensioenaris realiteit
Grootwind en ander afgetredenes, dis nogal iets om aan gewoond te raak,
die besef en vrede maak dat sekere dinge nie sommer maklik weer aangekoop sal word nie.
Ek erken ruiterlik dat daardie realiteit my pootjie, en soms lei dit tot erge gemoedsbeka....ing.
Ken daai gevoel van besef…
Ken daai gevoel van besef mens is skielik nie meer 'n faktor in die werks omgewing nie, laat mens so half nutteloos voel. Gelukkig kon ek 'n soort van aanstelling by die universiteit kry as sg. navorsingsgenoot, in praktyk doen ek werk (heeltemal rustig natuurlik!) maar word nie direk daarvoor betaal nie, vir elk van my nagraadse studente wat klaarmaak met hulle verhandeling of proefskrif kry ek 'n klein honorarium, maar as die siele nie klaarmaak nie kry ek niks! Saam met geleentheids konsultasie bly ek darem besig en verbeel my ek is nog iets werd! Na amptelike aftrede was die eerste paar maande hel, elke oggend voel mens skuldig as jy nie vroeg op en reg "vir werk" is nie tot die besef deurdring dat die "werk" nie eintlik omgee of ek daar is nie. Nou is die "werk" my studeerkamer. As vroulief volgende Oktober aftree is ons lewe seker weer onderstebo....
Ek is nou al 16 jaar afgetree................
.................en voel lankal nie meer skuldig om nie vroeg te gaan werk nie. Inflasie is naruurlik 'n nare ding en vreet aan 'n mens se pensioeninkomste, maar gegewe ons twee oues se gesondheidkaskenades, sal ons geldsake hoogswaarskynlik ons lewensverwagting oortref. Ek lê dus nie wakker daaroor nie.
Koopkrag se syfers
Volgens ‘n bemarkingsartikel vir Koopkrag op Maroela is die waarde van R100 in 1960 tans 90 sent. Andersom gestel het jy R11000 nodig om te koop wat jy in 1960 vir R100 kon koop. Dis darem skrikwekkend.
Ek het elders genoem dat die bydraes vir my annuïtiete, polisse en beleggings jaarliks met 10% verhoog ten einde tred te hou met inflasie en rieël aan te hou groei. Ek kry al vir amper sewe jaar nie ‘n kerfverhoging nie, en my gewone salarisaanpassing is nie eers gelykstaande aan inflasie nie. Ek sien dit in my begroting, wat nie meer klop nie.
Ek betwyfel in elk geval die inflasie koers se akkuraatheid. Die mandjie wat hulle gebruik om die inflasiekoers uit te werk bevat vir seker nie dieselfde produkte as wat ek koop nie. En net die laaste brandstofprysverhoging (wat die tweede in twee maande was) is reeds meer as jaar-op-jaar inflasie. Daardie verhoging word eenvoudig aangegee langs die waardeketting af tot die verbruiker aan die einde die saamgsestelde las moet dra.





Alles word duurder
Ek kyk elke keer na die gewone Pick&Pay uitgawe. Ons koop redelik konstant, dieselfde lysie elke keer. Tog is die bedrag elke keer merkbaar hoër.
Ek kry veral boere jammer, alle fassette van sy insetkoste gaan deur die dak, trekkers, implimente, diesel en misstowwe.