Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -5 minutes ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -21 minutes ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -25 minutes ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -29 minutes ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -38 minutes ago
Wessel een van my vereistes… November 2026 Voortrekker -39 minutes ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/11/2026 - 12:57

Dis tans BAIE ongemaklik warm en droog op die dorpie. Vlug na koeligheid, is weens dieselpryse nie 'n opsie nie. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/11/2026 - 13:20

Pretoria ook warm....34°c vandag. Maar ek geniet dit.....haat die winter

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 01/11/2026 - 13:46

Ons het vir elke een warm dag 10 nat en koue dae. As daar 'n windjie waai is dit nogal koelerig. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/11/2026 - 15:03

...is daar nog huise beskikbaar. Dit klink na my plek daai😁

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 15:28

Jan, geniet dit, en moenie kla nie want dit hou nie vir altyd nie😸 Laat my dink aan die eerste jaar wat ek die padstalletjie naby die Stilbaai-afdraai gehad het. 'n Ou omie wat vir die vorige eienaar gewerk het was bereid om my vir nog ses maande uit te help. Teen middel November was dit steeds winterkoud met reën. Toe ek vir oom Saaiman vra of dit dan nooit somer word op daardie plaas nie, het ek geen antwoord gekry nie, net 'n ooglid wat optrek en 'n skewe glimlag. Teen Februarie was die oom nie meer daar nie, maar ek het daardie gesig onthou en presies geweet wat hy eintlik wou sê.

*Liewe oom Saaiman was in daardie stadium reeds 78 jaar oud. Hy het nie naweke gewerk nie en sy gewoonte was om elke Saterdagoggend met sy dikwielfiets gou-gou Ladismith toe te ry,(Garcia pas oor) by sy vriende tee te drink, en weer die pad terug aan te pak. Ek dink dit was +/- 90km eenrigting.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/11/2026 - 16:08

... die koeler weer hier by die see na ons meer as 2 weke van baie warm kry. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/11/2026 - 17:36

As jy tans praat van koud in Pretoria, dan verwys jy na iets in n glas

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 18:17

jy moes eerder gepraat het. Sou ek hierdie 10 uur vanoggend geweet het, het die hitte moontlik nie houvas gekry nie😉

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 01/11/2026 - 19:28

Ek begin môre by 'n nuwe maatskappy werk.    5 maande sonder inkomste was nogal taai gewees, veral met al die kinders wat ek nou het 😀

Ek sal hoofsaaklik verandwoordelik wees vir Noord Kaap en Vrystaat.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/11/2026 - 19:33

...baie bly saam met jou!!! 

bietjie meer info sal waardeer word. Wat se firma, wat se tipe werk, kantoorwerk, of op die pad.???

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 19:37

Voorspoed en sukses vir jou met die nuwe werk.

Beteken dit dat jy sal moet pendel tussen jou huis, Noord Kaap en Vrystaat of is dit 'n aanlyn besigheid?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 01/11/2026 - 19:37

Wessel een van my vereistes vir werk is om op die pad te wees.  Tegniese verkope vir AFRISON, dit is die ouens wie onlangs die nuwe sprei ligte by Loftus geinstalleer het. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2026 - 19:38

32,5 °C is vir ons heel skaflik. Vandag was sweetpak en warm top gewees. Yskoud en sopnat. El Ninó se gat dink ek 🤠.

Voolie se 3 dogters is groot. Hulle slaap nou weg en word nie meer gevoer nie. Piet jaag hulle van eergister af weg as hul saans in die nessie wil inkruip. Sien, Voolie het al klaar n klompie eiers gelê, en sit nou weer voltyds. Kom maak net n vinnige draai hier in die huis vir n bietjie kossies. Ouma Von sorg dat daar altyd n bakkie is met rys, roereier, gerasperde kasie  en  stukkie brood is vir haar op die tafel. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 19:55

laat ook nie op hulle wag nie, sjoe! Wonder ek nou hoeveel keer 'n mossie in 'n leeftyd broei, en dan is ek ook te bang om te kyk wat hul leeftyd is. Intussen klink dit darem nog vrolik. Dankie vir nuwe nuus Neef Herman.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 20:11

Ek praat onder korreksie, Neef Herman, maar ek dink Klaserie se lughawe hanteer net privaat vlugte na die verskeie lodges in die omgewing.

'n Opsie sal waarskynlik 'n direkte vlug vanaf George na Hoedspruit wees. Van daar af is Phalaborwa- en Orpen hekke omtrent dieselfde afstand. 

Ek neem ook sommer aan jy beplan 'n Kruger Wildtuin wegbreek😁

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus