Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -2 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -5 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 hours ago

Die wildtuin wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Môre-oggend hierdie tyd wil ek al bykans agter die Hilux se stuurwiel ingeskuif het. Die grootste deel van die pakkery is klaar. Na vanaand se kant toe moet net die laaste items ingelaai word. My mikpunt is om ongeveer 08:00 te vertrek. Die eerste beplande stop is Aan De Doorns kelder duskant Worcester om bietjie op te "stock" met die noodsaaklike Bolandse voggies - Ralie se voorraad BC Bacchanté (Brandvlei kelder) is klaar gelaai.

'n Lekker "brunch" by Veldskoen padstal in die Hexvallei (waar ook druiwe gekoop sal word), koffie by Laingsburg se Wimpy, stop by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka vir bene-rek en volmaak met diesel by die Engen Truck Stop by Beaufort-Wes is alles deel van môre se beplanning.

Ons wil môre-aand twee van Travalia, waar ons oornag, se braaipakke aanskaf. Dit bestaan gewoonlik uit twee lamstjops, 'n stukkie boerewors, braaibroodjie en aartappelslaai.

So opgewonde soos 'n kind wat vir die eerste keer sirkus toe gaan.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 18/03/2024 - 16:46

Dan kan ek nou vir jou sê welkom in Mpumalanga - die 5e provinsie in 4 dae. Jy het vinnig nader gekruip...laugh. Vanaand is ons ampertjies bure - soos die kraai vlieg. Julle oornag plek lyk heel gerieflik.

Indien jy nog 'n vleisie moet aanvul, kan ek Frank's Meat op Middelburg aanbeveel. Ek ry elke 5/6 weke daarheen en was nog nooit teleurgesteld nie - juis gisteraand van hulle skaapribbetjies (ek praat van ribbeljies - ons dogter se woord daarvoor toe sy klein was) en braaiwors (sonder die rooiwyn) gebraai. 

Die stadsverkeer en so is darem agter die rug en julle is amper in die mooie laeveld. Hier is nog padwerk en heelwat trokke (op die N4) maar dit is gewoonlik draaglik. Hoe beplan julle om verder te ry - N4 en deur die tonnel... of Schoemanskloof?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 18/03/2024 - 16:50

Myselwers bly lekker in so pragtige ou huis, dit is mos altyd koeler as die nuwe lae dak / plafon huise. Hier naby Heidelberg is ook so lieflike ou huis, lyk amper of die boer dit as 'n stoor gebruikcrying

Chris julle moet dit geniet, ek glo albei kan al die wildtuin ruik.

Dankie vir die reis sover, ek kyk met valk oë na die res.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 18/03/2024 - 16:58

Ek haal aan uit hulle beskrywing op Lekkeslaap - daarvolgens is The Gables die oudste huis in Middelburg.

Rona - dankie vir die verwelkoming. Ons ry gewoonlik die Schoemanskloofpad. Ek weet nie hoe dit deesdae op daardie pad gaan nie, maar jare gelede toe ek laas die tonnelpad gery het, was ek baie gefrustreerd met die vragmotors.

0
Pretoria

Geert

Mon, 18/03/2024 - 17:18

Ons geniet ook meer Schoemanskloof. Van al die kere wat ons die roete ry het ons nog net 1x tonnel pad gery. Ons is lief om ons naartjie aankope daar by Joubert padstal te doen vir die KNP wildsbesigtiging trips. Hulle het ook lekker wors...bees en vark gemeng, lekker sappig.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 18/03/2024 - 19:44

Sommer baie bly vir julle onthalwe oor die keuse. Met 'n karavaan ry mense dalk eerder die ander pad, maar o tog, daardie tonnel......engtevrees en hy is nie maats nie. Bergstrome en plantegroei in Schoemanskloof is ook altyd pragtig om te sien.

En dan is daar natuurlik Old Joe!! Ons stop altyd daar. Soms maak die verkeer dit moeilik om met die gaan-slag daar in te draai, dan onthou ons met die terugkeer. Interessante gekiedenis en ek waardeer elke keer die kunstenaar se werk. Ek weet nie in hoeveel verskillende "baadjies" ons hierdie rots/klip al gesien het nie, en die kreatiwiteit is ongelooflik. 

Ek lees dat jy nie vinnig ry nie, wees egter versigtig vir die wetstoepassers - veral op die 80 k/u sone - ons kry hulle baie maal daar. Mooi ry, dit is deel van die lekker.

 

 

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 18/03/2024 - 19:52

Ons is lief om ons naartjie aankope daar by Joubert padstal 

Daar is ook `n baie mooi en een van die grootste ossewa versamelings by die padstal. Die eienaar se vrou het `n passie daarvoor en versamel en restoreer dit baie mooi.

Die vrugte sappe is ook uit die boeke veral die koejawel sap. Die proe nog soos in die ou dae toe die melk en sap van Dairy Belle in die glas bottels op jou stoep afgelewer is.

Ry maar versigtig

Groetnis

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 19/03/2024 - 07:08

Dankie vir die aanbevelings. Ek het gereken om in te draai Nelspruit toe om by Hall's se 'padstal' vrugte te koop, maar Joubert Padstal sal dan beslis deel van die reisplan wees vandag.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 19/03/2024 - 08:39

Stem saam met Joubert padstal, die Halls padstal, is vir my, te besig en het ook al redlik duur geword.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 19/03/2024 - 15:31

Ons het rustig gery tot by die Viva vulstasie in Schoemanskloof waar ons ontbyt geëet het. Toe gou by Joubert &Seuns se padstal gestop waar ons avo's en mangoes kon koop. Ons het toe wel by HL Hall aangegaan, maar dit is beslis nie meer die lekker plek wat ons onthou nie. Behalwe vir brood en brikette het ons niks daar gekoop nie. Ons was nog op soek na papajas. Laasgenoemde het ons uiteindelik by die vrugtesmouse gekoop waar jy afdraai van die N4 na Malelane-hek.

Ons het 13:20 by die hek vertrek na Berg-&-Dal. En nie kilometer verder nie kry ons, ons eerste sighting - waaragtig 'n luiperd naby die pad, maar ietswat verberg agter struike.

Verder maar min gesien tot Berg-&-Dal (kwaggas en rooibokke). Die veld is pragtig groen, maar ruig.

Maar o donkie, dit is warm. Ek lê nou voor die lugreëlaar op die naat van my rug en sal bietjie later in die rigting van Matjulu-suiping ry.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/03/2024 - 18:37

Hi Chris, lekker man !  As ek dit nie mis het nie is hierdie suiping noord-wes van Berg-en-Dal in die Stolsnek-gebied met geen toeristepaaie naby nie.  Stolsnek-gebied lê tussen Berg-en-Dal en Pretoriuskop aan die suidekant van die ou Voortrekkerpad.  Dis ongelukkig die area waar die meeste renosters nog gestroop is. 

Luiperds :-  dis darem lekker gesig vir 'n intrapslag.  Daar is gereëld berigte van luiperds naby Malelane-hek en die Malelane-kampie, dalk een van hulle wat julle raakgeloop het.  Dis opvallend hoe luiperd-besigtigings die afgelope paar jaar toegeneem het. 

Wat is op die braai-spyskaart vir vanaand ? (Ek hoop nie vis nie !)

Geniet julle tydjie, ons beurt kom !

0
Pretoria

Geert

Tue, 19/03/2024 - 20:28

Sou lekker gewees het as daar n lekker skaduwee boom was waaronder mens kon parkeer om vir langer tye daar te vertoef. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 20/03/2024 - 08:00

Goed begin is half gewin (of so iets, my ma het sulke gesegdes op sulke ronde borde gehad teen ons eetkamer muur). En om met ‘n luiperd te begin is darem eersteklas. Ons het ook toe ons laas by Malelane in is ‘n luiperd gesien net na ons gedraai het Berg-en-dal toe. Dis vreeslik lank gelede.
 

As julle bevoorregtes wat buite seisoen kan gaan so in die Suide rondkuier maak julle my vreeslik lus vir daardie omgewing. Maar ai, ek sien nie kans vir die skares en die padwoede oor skoolvakansie nie. Geniet julle Krugerwildtuin kuier!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 21/03/2024 - 13:23

Sedert my laaste inset het ons geen internet in Berg-&-Dal gehad nie. Ons sit nou hier op Skukuza lughawe sedert 11:00. Ons kinders en vriende was veronderstel om 11:05 te land. Die vliegtuig was op tyd, maar moes noodgedwonge terugkeer Johannesburg toe omdat daar te veel poele met water op die aanloopbaan is (dit het vanoggend taamlik gereën en is tans nog swaar bewolk). Die vliegtuig staan steeds in Johannesburg. Ons weet nie of hulle nog vandag gaan arriveer nie.

Maar kom dat ek terugkeer na die res van ons Berg-&Dal kuier. Ons het toe Dinsdagmiddag na Matjulu-suiping gery. Daar aangekom, het 'n teeltrop olifante pas klaar gedrink en die pad gekruis. Terwyl ons wag vir die grootvoete om pad te gee, sien ons 7 wildehonde oor die parkeerarea, waarnatoe ons op pad was, loop. Anderkant van die water het 'n klompie bergkwaggas rustig gewei. 3 van die honde sien toe kans om 'n kwagga aan te durf. Maar toe twee van die kwaggas hulle net vasberadenheid storm het die honde die aftog geblaas.

Al 7 honde kom toe op na die pad toe. Die volgende oomblik hoor ons net 'n hengse kabaal. Hulle jaag toe 'n luiperd, wat ons nie vooraf gesien het nie, tot in 'n boom. Sodra hulle wegbeweeg van die luiperd af, begin laasgenoemde weer afklim - totdat die honde weer die luiperd in die boom injaag. Ons het hierdie petalje vir minstens 'n halfuur gadegeslaan totdat ons verplig was om te verkas ten einde voor toemaaktyd in die kamp te wees.

Gister het ons 'n renoster op die .... (mag nie sê nie) gekry en net 'n tydjie later nog 5 bymekaar. Gistermiddag het ons nog twee renosters gekry.

Vanoggend het ons nog 2 renosters gekry op pad Skukuza toe. Ons "tally" staan dus tans op 10. Ons het lang ente in die reën gery wat wildbesigtiging baie bemoeilik het. Ons vertrou die weer klaar heeltemal op sodat ons kan voortgaan met dit waarvoor ons hiernatoe gekom het.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 21/03/2024 - 13:59

vir die lekker nuus (oor wildbesigtiging). Julle was omtrent gelukkig tot dusver.

Ek hou styf duim vas dat jou kinders vandag nog sal kan land. Hou ons op die hoogte en geniet alles wat daar te sien en doen is.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 22/03/2024 - 15:35

Ons het gister in Skukuza aangekom en bly hier tot Sondag, wanneer ons Satara toe verhuis vir die volgende 3 aande. Ons (ek en Ralie) was eers vir 2 aande in Berg-&-Dal in 'n 3 bed eenheid. Dit was baie aanvaarbaar.

Hier in Skukuza het ons 4 x 3 bed rondawels. Twee daarvan word beset deur ons 6 Noorweegse reisgenote. Sonder om in detail in te gaan (ek kan dit later doen), kan ek net sê dit is 'n skreiende skande om die toestand van ons 4 eenhede te sien. Ek kry skaam om die Noorweërs, vir hul eerste besoek aan Suid-Afrika en by name die Krugerwildtuin, aan sulke powere akkommodasie-fasiliteite bloot te stel.

Ek neem foto's en sal my ontevredenheid oor Skukuza se 3BE eenhede deur die regte kanale rapporteer. Ek herhaal - watter donnerse skande.

Ons vertrou dat Satara en Onder-Sabie se standaarde sal beter wees as wat ons tans ervaar.

0
Pretoria

Geert

Fri, 22/03/2024 - 23:35

Dis jammer ChrisB...ek kan indink hoe jy moet voel....jy wil met trots goeie en lekker fasiliteite vir jou gaste bied. Ek lees gereekd op facebook hoe mense kla oor fasiliteite in KNP....Lower Sabie se naam was laaste tyd ook baie genoem. Gewoonlik is dan ten minste 90% van die comments wat geplaas word aanvalle teen klaer.....op die ou einde dink KNP alles is normaal, want meeste kla nie....altans ek dink hulle is te bang om te kla. Op die einde het die publiek ook deel aan die skade, want hulle aanvaar en veg die verval as normaal.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 23/03/2024 - 07:13

Soos reeds genoem, was ons 2 nagte verblyf in Berg-&-Dal heeltemal aanvaarbaar (in ag genome die agteruitgang t.o.v. sekere aspekte in die wildtuin waaraan ons oor die laaste klompie jare gewoond geraak het). Ons het B-&-D geniet.

Die betrokke akkommodasie in Skukuza, waar ons tans is, is oud en afgeleef. Hier word groot geld spandeer aan nuwe fasiliteite soos die konferensie-sentrum en hotel, sowel as aanbouings die meer luukse akkommodasie-fasiliteite. Maar die ouer eenhede gaan al hoe meer agteruit.

Wat pla? Gehawende meublement, stukkende gordyne wat nie behoorlik kan toetrek nie, bergplek vir eet- en kookgerei wat uitmekaar uit val, lugreëlaars wat nie ordentlik werk nie, basiese dinge soos wasbakproppe wat geensins hul doel dien nie, gekraakte badkamer-wasbakke waarvan die "pop-up" proppe nie werk nie omdat die nodige wasters ontbreek, stukkende teëls en sommiges wat heeltemal ontbreek, onkruid wat kniehoogte groei rondom rondawels en, en, en.

Ek kan nog aangaan, maar sal my verder daarvan weerhou. Kom ek noem nog een enkele ander aspek (niks te doen met Skukuza se akkommodasie nie) - en dit is die agteruitgang van teerpaaie waar o.a. toegelaat word dat plantegroei al hoe meer inkruip in die pad en sodoende die rante van die paaie beskadig met hul wortelstelsels. Soms kry jy plekke waar jy vir aankomende verkeer moet wag anders kan jou voertuig gekrap word.

Nietemin geniet ons dit steeds. Ons was gister weer gelukkig om o.a. leeus (by 'n buffel-karkas) en 'n pragtige luiperd te sien. En ons het lekker gesmul aan Nkuhlu se varsgebakte pasteie (heerlik!!).

Tans reën dit. Dit het gisteraand liggies begin reën. Ek het nog nie my kinders of Noorweërs vanoggend gewaar om te verneem hoe suksesvol al dan nie hulle nagrit gisteraand was nie. Ek en Ralie het sommer vroeg gaan inkruip.

Vanoggend beplan ons om in die rigting van die Vervoerdam te ry, dalk by Granokop (deesdae Mathekanyane genoem) aan te gaan, met die S65 terug te keer en by Lake Panic te gaan inloer. Ek en Ralie was gister by Lake Panic - altyd 'n wenner. Die pad daarheen, soos meeste ander gruispaaie in die park, is tans baie sleg a.g.v. reën wat poele gevorm het en 'n klomp gate agtergelaat het. Jy bestuur soos 'n dronk persoon heen en weer om die gate te mis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus