Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Dwarswegstrand bly maar lekker

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Twee van ons tien aande van 21 tot 31 Maart 2024 hier is verby. Dit bly ons gunsteling kus oord vir verskeie redes:

  • Dis klein; net 37 staanplekke.
  • Dis op ‘n privaatstrand. Glentana en Grootbrak is die naaste openbare strande, en dis min of meer halfpad tussen hulle. 
  • Dis veilig en kinders kan lekker fietsry en speel.
  • Die mense wat hier kampeer is lekker. Geen partytjies nie en teen 22:00 is dit stil behalwe vir die see se geraas. Mense staan ook nie te vroeg op nie.
  • Hier is baie dolfyne en voëls.
  • Die bestuur het ekstra krane ingesit, en amper elke staan plek het sy eie kraan of een naby genoeg. 
     

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/04/2024 - 16:03

nie eers aan die weer-faktor gedink 

Ek het ook nie daaraan gedink nie (dat dit moontlik afgestel kan word).  Mosselbaai omgewing is dan veronderstel om die beste klimaat in die land te hê. Ek moet sê; die tyd wat ons al daar deurgebring het ondersteun nie die hipotese nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/04/2024 - 16:30

Ek sou daarvan gehou het om ook so n pansy op te getel het. Ek het hulle wel te koop gesien daar by die geskenk winkel in Hartenbos, maar is nie dieselfde as wat mens dit self opgetel het nie.

Ek moet sê, dit was nogal opwindend om die pansy te vind. Ek het dit per toeval gesien terwyl ek saam met die kinders op ‘n sandbank gespeel het. Salomien het daarna gesoek en ‘n totaal van nog vyf gekry. Ongelukkig het twee later gebreek toe dit op die handdoeke op die strand gelê het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 18:42

Chris, hoe het jy toe die Ranger sonder Kavango aan, se ry en bestuur gevind?? Ek hoop jy het die kans gebruik om die dieselverbruik op die ooppad te meet.

Of het jy nouweer daai 5 silinders vrye teuels gegeedevil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/04/2024 - 22:26

Die Ranger was omtrent gelaai oppad terug. Al die vuil klere en wasgoed ingeprop tot teen die kappie se dak. Natuurlik ry mens vinniger sonder die wa, en dit het half vreemd gevoel. Ek het elke nou en dan vir Salomien gesê ek weet nie hoe vinnig ek mag ry nie, want as ek sleep ry ek nie vinniger as 100 GPS spoed nie. Ek het net nou en dan spoedbeheer gebruik op plat reguit stukke. Oppad daarheen het ek 7,46km/l gekry, en oppad terug 8,47km/l. Oor die relatiewe kort afstand het dit beteken daar was net so 5l diesel meer gebruik met die wa as daarsonder. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/04/2024 - 05:44

Ek het vergeet om te noem dat ons oppad huis toe ‘n dwarswind gehad het van Mosselbaai tot by Swellendam, en van daar af tot by die huis die wind van voor. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/11/2024 - 09:49

Twee soorte verligting:

  • Ons plek vir Desember 2025 is bespreek
  • My bankrekening is verlig van net minder as R8000 vir die 40% deposito 

Ek het ons datums ingesit en klokslag 09:00 geklik op Search. Net staanplek 30 (waar ons al twee keer gestaan het heel voor) en 31 was beskikbaar vir ons datums. Ek het 30 gekies en nadat ek my besonderhede ingevul het, het dit gelyk of die stelsel hang. Terwyl ek aanhou probeer, bel Salomien die oord en die dame sê sy probeer Semper (wat hulle stelsel hanteer) bel want sy dink daar is te veel mense op en daarom hang dit.
 

Salomien bel toe vir Semper en hulle skakel in op ons rekenaar met Anydesk. Dit blyk toe dat daar meer as een blad oopgemaak het omdat ek meer as een keer geklik het op Make reservation toe dit nie dadelik wou werk nie. Nadat hy die oortolliges toegemaak het werk dit en begin my maand met ‘n groot onbeplande uitgawe. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/11/2024 - 11:06

.....dat ek deesdae daardie tipe tariewe gespaar is. Ek aanvaar dat vir kinders bo 12, gaan die tariewe nog hoër. Of, is dit die fooi vir 4 persone/ nag???

  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 23/11/2024 - 14:22

... ( Wildehont) dat jy geholpe kon raak. Maar soos Wessel, is ek ook dankbaar dat ek nie meer gebonde is aan skoolvakansies nie. Die tariewe is darem styf. My 10 aande by Dwarswegstrand (17 - 27 Jan 2025) kos my R3700 - m.a.w. R370 p.n.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/11/2024 - 14:48

............9 dae volgende maand in Hartenbos kos my (selfs as 'n ATKV-lid) R8 955 (R995 per dag) !  Dis 'n familie-saamtrek en dis die enigste rede hoekom ons in hierdie duur tyd daar kamp.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 23/11/2024 - 15:20

Baie geluk Wildehont....eks bly jy kon regkom en dit nog met n heerlike staanplek. Ek dink staanplekke het so vinnig gevlieg vanoggend soos staanplekke gaan vir Julie vakansie in KNP. Ek hou van Dwarswegstrandoord se beleid dat 40% direk betaal moet word. Dit verhoed dat mense nie willekeurig klomp staanplekke bespreek sonder om ernstig te wees nie. Jy kan seker net 1x staanplek op n slag bespreek op die stelsel? Ek sien kanselasie bedrag is egter bitter min indien jy ver vooraf sou kanseleer 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 24/11/2024 - 08:53

Die kampering by Dwarswegstrand in Desember raak nou verskriklik duur. Maar waarvoor werk mens? Dis nou afgesien daarvan om al jou finansiële pligte na te kom. Hopelik leef ek lank genoeg om ook eendag buite seisoen te kan kampeer.

Ek glo nie die stelsel laat mens toe om meer as een staanplek op ‘n slag te bespreek nie. Jy sal eers een moet bespreek, jou besonderhede invul en betaal en dan weer begin met die volgende. Ons het op twee rekenaars en ‘n foon gelyk probeee maar net op die een tot by beskikbaarheid gevorder. 
 

Die nadeel van die nuwe manier van bespreek wat hulle sedert verlede jaar het (aanlyn met jou eie datums in teenstelling met per e-pos aansoek vir twee vasgestelde blokke datums) is dat jou datums met meer ander vakansiegangers se gekose datums kan oorvleuel. Dis seker hoekom daar net twee staanplekke vir my datums beskikbaar was al het ek dadelik toe besprekings oopmaak gesoek vir plek. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/11/2024 - 19:08

Hulle het seker nog openinge vir Desember as hulle hierdie plaas 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/11/2024 - 19:18

Miskien môre net bel en seker maak jou bespreking is nog daar....ek weet nie wat het met stelsel gebeur nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 25/11/2024 - 20:31

Miskien môre net bel en seker maak jou bespreking is nog daar....ek weet nie wat het met stelsel gebeur nie.

Salomien het sommer dadelik gebel nadat my betaling deur is toe sê die dame ons bespreking lê daar op die stelsel.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/11/2024 - 11:50

Ek het vanoggend ‘n e-pos gekry van die oord af wat my bespreking vir Desember 2025 bevestig. Daar was darem ‘n fout op die bevestiging wat ek verlede Saterdag gekry het - die totale koste is laer as wat dit getoon het. Die koste is R1205/aand. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/11/2024 - 11:58

....lekker!!! Nou kan jy ontspan en fokus op komende Desember daar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus