Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

2025 Kamp beplanning

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is. 

Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.

Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/08/2024 - 10:13

... ja, dit sal beslis kouer wees, maar as jy meer as een dag tot jou beskikking het is jy amper gewaarborg om die "wittes" te sien. Daar is "swartes" ook, maar ek was nog nooit gelukkig om hulle te vind nie. Jy's ook bykans gewaarborg om pragtige swartwitpense en bastergemsbokke te sien. Die buffels is iets besonders en daar is van die mooiste koedoebulle in die park. En nogal baie tsessebe's.

Jy beskik oor die nodige kamptoerusting om baie lekker by Motswedi te kamp. Maar bespreek vroegtydig - dit is gewild.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 05/08/2024 - 13:51

Ons het al 2x swart renoster in n reservaat gesien. 1ste keer was by Pilanesberg en dan het ons Desember een gesien by Karoo Nasionale Park...so 300m buite kamp. Pilanesberg het baie wit renosters. Ons spot altyd as ons wildtuin toe gaan dat as ons nie n renoster daar sien nie, ons sal stop oppad terug by Alzu buite Middelburg, daar is klompie asook mooi Elande, Swartwitpense en Springbokke ensovoorts 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/08/2024 - 14:13

Ek was al verskeie kere gelukkig om die ouens in Karoo Nas Park te sien - maar ook nie sommer nie. Jy's maar baie gelukkig as jy hul kry.

En nog net tweekeer 'n "blackie" in die wildtuin gesien.

Ook in 1986 een in Etosha gesien wat ons amper ons broeke laat vuilmaak het. Ons het die dag verskuif vanaf Namutoni na Okakuejo. Ralie het die Cressida, met 'n Ventertjie agter, bestuur. Toe ons om 'n draai kom, trek 'n rooi VW Golf weg (in die rigting wat ons ry) met 'n "blackie" wat hom agternasit. Die volgende oomblik draai die kalant om en kom vinnig in ons rigting aangehardloop. Ralie sit die Cressida dadelik in trurat, maar ek herinner haar daaraan dat ons 'n sleepwaentjie agter die kar het. My raad was om net stil te staan. As die ou ons wil stamp, dan moet hy maar. Enkele meters van ons af, draai hy gelukkig uit die pad uit en draf die veld in. Toe ons by Halali kom moes ek eers gaan seker maak of my onderbroek nog bruikbaar was. Agressiewe ou donners die "blackies".

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/08/2024 - 16:24

Dankie Geert. Dis net-net te ver van Shingwedzi af tot daar wink

Ek kyk nog elke dag vir die drie aande wat ek kort by Shingwedzi, maar dit bly onbeskikbaar sover. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 08/08/2024 - 14:15

Geert het die beskikbaarheid hier bo vir my per WhatsApp gestuur maar toe ek die ekstra aande by Shingwedzi wil bespreek was dit reeds weg. Een of ander tyd gaan ek wel gelukkig raak met Geert se hulp. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/08/2024 - 15:59

... ek weet nie of jy bel vir bespreking of dit "online" probeer doen nie. My ervaring is dat jou kans baie beter is as jy dit "online" doen. Dit het sy nadeel dat jy dadelik ten volle moet betaal, maar teen die tyd wat jy bel is dit meestal reeds opgeneem.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/08/2024 - 16:23

Toe ek vandag Worcester toe ry om my kleinkinders vir die langnaweek te gaan haal, ry ek weer met een van die vrotste teerpaaie in die Wes-Kaap. Ek verpes dit om my ou karavaantjie op die gedeelte tussen Villiersdorp en Worcester te sleep. Ek het al in die verlede oor Sir Lowryspas, deur Stellenbosch en die Hugenote-tonnel gery - die eerste aand by ATKV Goudini Spa oorgestaan om dié ellendige gedeelte van die R43 uit te sny.

En vandag besef ek toe weer ek WIL nie daarlangs sleep as Oktober Karoo Nas Park toe gaan nie. Vroutjielief is toe ook dadelik te vinde (terwyl ons op die vrot teerpad ry) toe ek die gedagte uitspreek om eerder N2-langs te ry en van George af via Oudtshoorn na ons bestemming te ry. Maar dit oorskry my beleid van 'n aller-maksimum van 500 km te sleep.

En toe kom die gedagte skielik op om iewers oor te slaap. En terwyl ons vir die kinders by hul koshuise wag, besluit ons sommer om te probeer vir 3 aande by Dwarswegstrand. Synde ons vanaf Maandag 7 Okt in Karoo bespreek is, sit ek toe net daar in die bakkie op die slimfoon en bespreek aanlyn vir 3 aande (Vry-, Sat- & Sondagaand) by Dwarswegstrand. Ons is dus vir 4, 5 & 6 Okt daar bespreek.

Ek ken nie die park nie, maar stel nêrens belang om 'n see-uitsig staanplek te hê nie en bespreek toe sommer staanplek No 10 toe ek sien dit is 'n geplaveide staanplek. Die deposito is daar en dan betaal.

Met die terugkeer op 21 Okt sal ek nog besluit waar ons gaan oorstaan - waarskynlik Kleinplaas of Hartenbos. Maar ek sal die R43 vermy so ver as wat ek kan.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/08/2024 - 16:43

Voorstel: met die terugkom sleep jy van Oudshoorn deur die Kleinkaroo [R62], staan oor by Montagu. Daarvandaan kortpad na N2, onthou net die 2 keer om kerk ry uit respekte uit, vir die voorstel. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/08/2024 - 17:43

... ek sal sommer baie maklik langer kamp by Montagu as net een nag oorstaan. Maar ek sal nie my "luck" te ver rek om nog langer weg te bly nie. Daar is 'n Stoffel-papegaai wat moet gaan loseer terwyl weg is. En die arme ding is nie meer "lekker" nie en dit plaas 'n las op diegene by wie sy moet gaan bly terwyl ons weg is. En om te dink dit is 'n veearts wat in voëls spesialiseer wat haar voete/bene totaal opgef (met 'n "ok") het.

Maar terloops - daardie stukkie teerpad tussen die wegdraai vanaf die Ashton/Swellendampad tot jou grootword-dorp is ook nie die beste teerpad vir karavaansleep nie. Darem beter as die R43 by Stettyn verby. Nietemin - jy sit my aan die dink.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/08/2024 - 08:21

Dis lekker om van almal se beplanning te lees hier. Ons was al ‘n paar keer Onrus toe, en ek ken daardie stukkie pad verby Stettyn kelder wat so golf. My fiets het eenkeer losgeskud van die vorige fietsrak wat op Kavango se spaarwiel was daar en die voorwiel flenters geskuur op die teer voor ek dit gehoor het en gestop het. 
 

Dwarswegstrand is altyd ‘n lekker opsie, en as ek reg onthou het die Boucher’s nog nie daar gekampeer nie. Hier onder is ‘n idee van waar staanplek 10 is en hoe dit lyk. 
 

A

B
 

C
 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 09/08/2024 - 09:09

Dit gee my 'n beter idee van No 10. Ek het net na die onderskeie foto's op die aanlyn-besprekingsplatform gekyk (wat maar min inligting verklap) en verder uit die heup geskiet met my keuse.

En jy's heeltemal reg met jou aanname dat ons nog nooit by Dwarswegstrand gekamp het nie. Ons het wel eenkeer in een van die see-uitsig woonstelle gebly. 

Geniet jou 'pap hoender'.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/08/2024 - 10:49

Ons program vir Julie begin vorm aanneem. Ek het sover 1 Julie by Sable dam skuiling, 3-11 Julie Shingwedzi (ongelukkig nie teen die heining nie), en 11-15 Julie Punda. 12 Julie was daar net ‘n staanplek sonder krag, so ek sal daardie dag my verlengkoord uitprop en met die sonpanele klaarkom. As ek reg onthou lyk dit soos Satara en Shingwedzi en is daar nie ‘n kragpunt by elke staanplek nie. 
Nou kort ek nog net 2 Julie by Shingwedzi of Sable dam, dan het ons ‘n sinvolle program. Ons sal wel by Punda hek moet uitgaan, of by Pafuri as daar probleme is buite Punda. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/08/2024 - 11:04

....is so 4 per paaltjie tussen die staanplekke.

Afhangende waar jy staanplek kry, is 'n laaang verlengkoord noofsaaklik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/08/2024 - 11:11

Afhangende waar jy staanplek kry, is 'n laaang verlengkoord noofsaaklik.

Maar die staanplekke is nie duidelik gemerk itv of dit met of sonder krag is nie? Of is daar een deel wat baie ver van enige kragpunt is soos by Satara waar daar in die uithoeke so paar “staanplekke” is wat niks op het nie en ver anderkant ‘n pad van die ander wat krag het af is?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 09/08/2024 - 11:33

Sover my onthou strek, is Punda se nie-krag staanplekke, grotendeels links vanaf die watergat - lekker skaduryke plekke. Maar vir baie van die kragstaanplekke het jy maar 'n langerige verlengkoord nodig. Ek het spesiaal vir Punda vir my 'n 50 meter koord laat opmaak en dit reeds twee keer daar nodig gehad (ook eenkeer in Satara).

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/08/2024 - 12:54

Ek het links heelvoor teen die draad gestaan, en al daardie hoek staanplekke kon die  kragpunte bereik. 

Dalk was die "boonste staanplekke, regs van ingang, naby die kookhuis, sonder krag. Ek kan ook nie onthou of die staanplekke vêr regs in die regterhoek, weg van watergat, krag staanplekke is nie.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus