Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is.
Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.
Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.
Pragtige plek.
Klipgat gaan beslis op die moet doen lysie kom. Pragtige video. Ongelukkig gaan daar nie tyd wees daarvoor die naweek nie.
Wagondrift
Volgende op ons lys is ons Kerk se gemeente naweek. Dit word weer by Wagondrift gehou 10-12 Oktober.
Dan gaan ons 24-26 Oktober in Wessel se wêreld kuier....Bush n Buck
Daarna moet ek nog sien....ek dreig al baie lank om weer by Manyane in te loer





Gaan loer in by Klipgat buite Gansbaai
Ek het gisteraand die video ook gekyk op YouTube. Ek het voorheen al gewonder oor Walker Bay reservaat, maar nou wil ek dit besoek. Die VereStoffer (julle bly mos naby Oudtshoorn) sal seker nie die 4x4 roete aandurf nie, maar dis teerpad tot by die parkeerterrein van waar mens af stap na die grotstelsel toe.