124304 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -1 minute ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -7 minutes ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -15 minutes ago
Na 'n lekker brekkie ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -36 minutes ago
Servaas... Tweede aftree Wessel Strydom -36 minutes ago
Nou ja toe, mens moes net… DDS (Doen Dit Self) Grootwind -1 hour ago

Sneeu avontuur

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 29/07/2024 - 09:29
Forums

Toe ons gisteroggend opstaan lê daar vars strooisuiker op die berge rondom Worcester. Na kerk reël ons vinnig saam met drie ander gesinne ‘n uitstappie om te gaan sneeu kyk. Anderkant Brandvlei kelder is ‘n Sentech toring op ‘n koppie (eintlik eerder ‘n bergie, maar dit klink vreemd). Dis waar ons gewoonlik gaan sneeu kyk - die Matroosberge waar Kapenaars heen gaan is ‘n malhuis. 
 

Ongelukkig het die teerpad op na die toring se laaste deel verspoel in een van die vloede wat ons die afgelope paar jaar gereeld ervaar. Dus laat hulle mens nie meer toe om daar te gaan sneeu kyk nie. Ons kon egter die hek aan die onderpunt oopkry, en is daar op.
 

So ent na die teerpad opraak is daar maar net ‘n paar kolle sneeu. Twee van die voertuie is nie 4x4 nie en die pad raak lelik.
 

B

Ek bied toe aan om alleen verder te ry en te gaan kyk of daar hoër op meer sneeu is. Dit was maar senutergend, want hoe verder ek ry hoe meer sneeu was daar op die pad. Die foto het ek geneem toe ek oppad terug was om die ander te gaan haal. Dis my spore wat daar lê.
 

A

 

Toe ek oppad op was, was dit net sneeu, en ek was bang dat daar dalk ys onder dit kan wees waarop ek kan gly, of selfs ‘n sloot/gat waarin ek kan vasval. Daar was ‘n paar walle sneeu skuins oor die pad van so halfmeter diep waardeur ek eers gestap het.
 

Gelukkig was daar nie ys nie, en ook nie versteekte slote/gate nie. Die Ranger was deurgaans vas op die pad en het nie een keer gegly nie. Ek draai toe om en gaan haal die res. Agt van die kinders is agter in die Ranger se kappie in en vier volwassenes voor. Die res van die mense is in ‘n Everest Ltd Biturbo op. Ons vriendin wat dit bestuur het se man was nie saam nie, maar ek het haar gerus gestel dat die Everest baie slimmer as die Ranger is en voor gery. 

C

Bo by die toring was dit 4 grade, die wind het gewaai en dit het gesneeu. Dit was snerpend koud, maar ons en die kinders het lekker gespeel in die sneeu, mekaar met sneeuballe bestook en ‘n sneeuman gebou. Ons het darem ietsie gevat ook. Hier volg ‘n paar foto’s voor ek vertel van die glipsie oppad af.

D

E
 

F

G
 

H

I

I

J

Toe die kinders te koud begin kry ry ons af. Ek raai ons vriendin aan om die hill descent control aan te skakel en die pedale uit te los. Dan beheer mens die spoed met die spoedbeheer en die ABS verseker dat jy nie gly nie. ‘n Ent af sien ek haar nie meer in die truspieel nie en bel haar. Gelukkig was daar nog sein daar bo. Verder af was daar nie. Sy sê toe hulle sit vas. 
 

Daar is nie plek om om te draai nie, so toe stoot ek maar agteruit al die pad tot by hulle. Ek vermoed sy het rem getrap, want die Everest se voorwiele het gegly en die neus staan gevaarlik naby aan die afgrond. Gelukkig het ek ‘n band met shackles op die punte in die Ranger, en ek sleep haar toe terug op die pad en trek die Everest weer reguit en terug op die spore. 
 

Toe ons weer wegtrek sê ek vir my passasiers; “Daar sleep die dom bakkie die slim Everest uit.” Ek is spyt niemand het ‘n video geneem nie. Ek moet toegee dat die agressiewe patroon van die Ranger se BF Goodrich AT bande definitief gehelp het en die padbande van die Everest nie.
 

Ons wou nog braai toe ons terugkom by die ander twee voertuie, maar dit was daar net so koud en ons is liewers huis toe om droog en warm te raak. Ek het eers die modder van die Ranger afgespuit.

J
 

Die laaste bietjie van die sneeu wat Chris Jnr agter in die Ranger gelaai het lê op die gras. Die bakkie benodig ‘n ordentlike was na die heerlike avontuur. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/07/2024 - 11:33

Ek kan nog die bottel Muskadel, wat seker sy gat heeltemal gesien het, verstaan - maar bier in die sneeu?? My kop is te klein vir daai.

Toe my kinders nog kleinerig was het ons ook soms baie moeite gedoen om by sneeu uit te kom. Selfs in die Karoo Nas Park bo by die FM-toring (in 1990). Toe het die park jou nog toegelaat om deur Mountain View-kamp na die toring te ry.

Maar dit klink my dit was "after all" 'n lekker uitstappie vir julle.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus