Die finale program en besprekings is voltooi. Die toerprogram lyk nou as volg;
Aldam: 19 Augustus
MokalaNP: 20 tot 25 Augustus
Groenrivier Nieuwoudville: 26 Aug tot 31 Aug.
Strandfontein: 31 Aug ---5 Sept
Van Zylsrus Kuilsrivier: 5 tot 10 Sept
Montagu: 10 tot 12 Sept
Prins Albert: 12 tot 15 Sept [Olienhof]
KarooNP: 15Sept tot 20 Sept
Waschbank: 20 Sept
Bundu river lodge: 21 Sept
Tuis: 22 Sept
blomme moet hou
Hennie, los nou my senuwees uit
Die blomme moet hou totdat ons daar kom, laaste week in Aug. en 1ste week van September.
Dis amper soos diere kry in wildtuin----op die regte tyd, op die regte plek.
Dis mos lekker
As mens klomp Mandela’s afgestaan het moet ‘n ding darem werk. En as dit werk is dit darem lekker om te sien. En as mens op toer gaan is dit veral belangrik dat dinge moet werk soos dit hoort. Onthou net, die son sit nog laer hier as daar by julle.
Goeie hout...
...dankie vir die blomme nuus. As ek dit mis, is dit maar so.
Ek sien die geleerde mense reken die blomme hou gewoonlik tot amper einde September.
Swartbergpas ry
Gister vir Wessel ń formele uitnodiging gestuur om by ons te kom inloer Sondag die 14de September. Dit gee hom nou goeie rede om die Swartbergpas van weerskante te bewonder.
Wessel die pas ry nie veel langer as seker maksimum 1,5 uur nie, en dan gee dit baie geleentheid vir rustig ry. Onthou die voertuig wat opkom het voorrang, alhoewel sommige buitelandse besoekers nie daarvan bewus is nie, so maak maar seker soos jy blinde gedeeltes ry, waar die aftrekplekkies is.
Elk geval, gedink dat ek vir julle brunch maak as elf uur se kant julle pas.
Nou weet al die maters, en dit behoort jou te motiveer om te kom inloer.
Veldblomme
Hier in Worcester groei die veldblomme soos onkruid langs die paaie in die dorp en die N1. Julle is oor twee weke in Namakwaland, en ek glo daar sal nog baie blomme wees.
Ek het die foto geneem naby ons huis toe ons Sondag met die Jack Russells gaan stap het.

Wessel Strydom
Iemand se toer is nou amper om die draai.
Hoeveel slapies.
Die lyste is al deur gewerk en aangepas en weer deur gewerk.
Ek wens vir julle alle voorspoed toe. Mag jy geen pap wiele kry, altyd die wind van agter he en mooi blomme sien en dat Kavango geruisloos agterna sal hardloop.
Sien nou eers jy gaan nie meer Bundu toe nie. Wyse besluit.
Goeie hout...
Middag, tyd raak al minder, ons vertrek 19 Sept. Jy kyk verkeers, ons gaan met die terugkom steeds by Bundu river lodge oorslaap.
Dankie vir die goeie wense, veral die geen papwiele ene!!!.
Nog meer as ‘n maand!
Middag, tyd raak al minder, ons vertrek 19 Sept.
Wessel Strydom
Vandag worddieselkanne uitgespoel, sodat dit kort voor Mokala volgemaak kan word.
Waarmee spoel jy jou diesel kanne uit. Petrol.
Waarvoor is die dieselkanne?
Ek wonder sommer, is daar ‘n deel van julle roete wat diesel volmaak plekke te ver uit mekaar is?
Ek is gelukkig dat die Ranger twee tenks het, so selfs met die erge dors kan ek ver sleep tussen volmaak. Die Prado het natuurlik ook twee tenks, maar om dit vol te maak maak baie seer.
Dieselkanne
Goeie hout: ek spoel die metaal dieselkanne sommer met 1l diesel uit. Dis maar eintlik net om seker te maak dat laasjaar se laaste druppels nie al metaalreste gemaak het nie.
Chris S: ek gaan die 2 kanne op Kimberley saam met Grompie volmaak. Sodoende ry ek nie 40l [40kg] gewig, die hele pad langs die spaarwiel saam nie. Dit is eintlik maar vir gemoedsrus. Ek het verlede jaar een in die park ingegooi. Dis toe die tuit in Grompie se keelgat afgeglip het![]()
Daar behoort op die roete, Britstown, Carnarvon, Williston, Calvinia en Nieuwoudville diesel te wees. Mens weet egter nie of die trok nie betyds [gereeld] opgedaag het nie.
Ek het al in Desember by die vulstasie by Gariepdam gekom, en dan is tenke leeg. Die manne met die skibote roer daai klein vulstasietjie.
Wa is gestofsuig, gewas en vloeibare proviand is al ingepak. Toilet is bedryfsgereed gemaak, en toilet bymiddels is ingepak. Baie belangrik, die ketel vir die gasstoof is ook ingepak, asook die vuuraanstekers.
Ek het al in Desember by die…
Ek het al in Desember by die vulstasie by Gariepdam gekom, en dan is tenke leeg. Die manne met die skibote roer daai klein vulstasietjie.
Maar jy het nou 'n diesel.
Dit is hoekom ek altyd op…
Dit is hoekom ek altyd op Springfontein Egen volgemaak het. In elk geval omtrent so R1,80 per liter goedkoper as Bloemfontein of Colesberg.
Die groot pak....
....is darem so 50% klaar. Die groot taak om Grompie te pak is môre se werk. Ek moet ook matrasse en tafelblad agter terugsit. Ek het dit uitgehaal om skoon te maak en agtergekom hoe lekker pak mens daai boonste kassies en grotte, as dit uit die pad is.
Dinsdagoggend word net die laaste beddegoed, Coleman en koffiefles ingelaai. Dan is dit hak, bandepomp, en diesel ingooi.
Tafelblad
Omdat ons vier is en op die agterste bed ook slaap, het ons nog nooit die tafel gebruik nie. Ek het dit wel opgeslaan verlede naweek om die wa skoon te maak. Daar is nogal baie spasie in die wa dan. Bly julle tafel opgeslaan, of maak julle die bed plat vir pakplek? Ons voorste bed se matras, ekstra opvoutafel, opslaan hangkas met rakke, beddegoed, en ekstra matrasse ry op die agterste bed.
Lekker pak vandag. Môre is dit oop pad!





Wessels, oral op FB is daar…
Wessels, oral op FB is daar fotos van hoe pragtig die blomme al is.