Dit is weer hierdie tyd van die jaar dat alle premies op versekering aangepas word. My Gypsey Romany 2010 model is by Santam verseker vir R135000 . My premie per jaar is R119.56. Sal n mens beter kan doen , of nie? Maurits
Maurits ...
... moenie krap waar dit nie jeuk nie. Hou maar by die Geel Sambreel. My ou 1993 waentjie is maar vir R45 000 verseker plus die "movers" (wat gespesifiseer is) @ R17 350. My totale nuwe premie by Santam beloop R60,61 per maand. Dit was voorheen R56,78 - m.a.w. 'n verhoging van 6,75%
Maurits...
...bly by SANTAM. Praat met makelaar en kyk of jy beter premie kan beding, weens jou ouderdom, geen eis bonus esovoorts,
Wat is billike versekerings bedrag, maw. wat is die waarde van daai wa vandag.???
Ek is nie getroud met enige…
Ek is nie getroud met enige versekerings mpy nie....was jare terug by Santam gewees en dag na hulle ingebreek het is die prenie onmiddelik aangepas. Daarna stelle afgetrap met Budget, M&G, Hollard. het by outsurance opge-eindig, 21 jaar gelede en is steeds daar. Wat ons Fleetline L aanbetref is dit vir R45k verseker (dis oud! nou al basies 30 jaar), en die premie is R95/maand. Maar dan moet mens realisties ook die jaarlikse geeneis bonus van 25% insluit waarna die premie maar iets soos R71 is. Ek is terdeë bewus daarvan dat premies bepaal word deur mens se rekord asook die omgewing waar mens woon. Ek kla nie, in die 21 jaar nog nooit 'n probleem met 'n eis gehad nie...en dis tog wat saak maak. Om terug te kom na die oorspronklike vraag, R120/maand vir R135k waarde op 'n karavaan klink vir my heel aanvaarbaar.





Klink goedkoop
Klink goedkoop veral omdat Santam goeie versekering is