Goeiemore Reis-geselsvriende,
Ek beplan om nou weer, binnekort, na baie jare, die Du Toitskloofpas van Rawsonville af tot in die Paarl te ry, maar ek wil gladnie op die snelweg - die N1 ry nie. Ek wil die ou pad ry en wil nie deur die nuwe tonnel gaan of met die moderne N1 langs ry nie
Nou sien ek op Google Maps n mens kan dit skynbaar doen?, ...maar hoe vermy ek die N1... want dit lyk vir my of mens op n stadium tog gedwing is om op die N1 te klim en later weer af, terug op die R101... maar ek wil nie.
Ek gril my dood vir die N1 deur daardie wereld - want ek kan onthou hoe lekker het ons as jongmense deur bv die Du Toitskloofpas en die Heksriviervallei gery lank voor die koms van die snelweg. En onlangs toe ons deur die Helsriviervallei is het ek my bes gedoen om die ou pad te ry...
So wat ek wil weet waar klim ek af of op om op die R101 te bly?
Hier is die roete
Die stuk tussen Rawsonville en die N1 is die R101. Plaaslik noem ons dit die ou N1. Die stuk oor die berg (die pas) is ook die R101. Ek vermoed die deel tussenin deur die kloof was ook voorheen die R101 maar is nou deel van die N1.

Du toitskloof ou pas
Chris S, ek het nie besef dat mens nie al die pad met die ou pad uit Rawsonville kan ry nie. Dis nou die pad wat styf teen die Du toitskloof kelder, met die sprinklers op dak, en die ou hotel verby loop.
Ek wil ook nog weer die ou pas ry, maar in die winter om al die watervalle te aanskou.. Ek moet net Marie oortuig dit is asemrowend mooi.
Ek het al genoem, my beste tyd van daai hotel, tot by garage aan Paarl kant is so tussen 35 en 45 minute. Gits, nou kan ek nie meer presiese tyd onthou nie. Oud word is 'n slegte ding.
Fanie: Dalk moet jy sommer die Baineskloof pas eerder ry. Dit is nog mooier en stiller.
Dankie Wildehont en Wessel
Ek waardeer die kaart Wildehont.
En Wessel, jy's reg, die pad met die Baineskloofpas langs is ongelooflik. Ons het hom 'n jaar of wat gelede gery en toe by Tweede Tol gekamp... ons gaan weer terug... binnekort.
Ek hoop om dit binnekort af te ry Wildehont - dis nou die Du Toitskloofpas, om dan terug te draai onder in die Perel, en terug te ry en dan weer af... dis net ongelooflik pragtig... Ons gaan natuurlik ook stop by een van die uitkykpunte op die pas en teemaak met die pieknieksak en die gasbottel... heerlik...
Waar skakel ek die kennisgewings vir n onderwerp aan sodat...
...verwittig word as iemand kommentaar lewer op n onderwerp wat ek wil volg...
Later...
Neewag, ek het die stelling gekry... probleem opgelos.





N1 kan nie vermy word deur die kloof nie
Die N1 is die enigste pad deur die Du Toitskloof tussen die twee weegbrûe. Maar dis ‘n lieflike pad. Dis gewoonlik nie verskriklik besig nie, en die uitsigte vanaf die pad is pragtig. Mens moet dit eintlik van beide kant af ry om dit ten volle te waardeer.
As mens van Rawsonville af ry draai jy net verby die weegbrug op die N1 Kaap toe. Net voor die ander weegbrug wat voor die tonnel is draai jy links af om met die pas oor die berg te ry.