6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Toe begin ons afskaal

Secunda
Submitted by Sleep nou on

Soos ek hier tik is ek en Berdien besig om vanaf die huis na die woonstel agter ons huis in te trek So kom ons ook agter maar mense jy gaar op ek glo baie voor my het selfde beleef en ervaar Baie breekware , meubels , ens gaan opgedeel word tussen ons drie meisiekinders en dan res verkoop , skenk ons soos nodig Dit gaan n aanpasing wees maar ons gaan so min by huis wees ons gaan as ons Vader genadig is lank tye kamp en die mooi land van ons verken So ja lekke om die met julle te kan deel Mooi loop

Brackenfell

HennieBo

Thu, 05/12/2024 - 13:08

Ja Shaun, ons is ook deur so 'n "exercise" toe ons nou Kaap toe verhuis het.

Vanaf 'n groot 4 slaapkamers, 3 badkamers, sit-eet kamer, TV Kamer, groot studeerkamer (enkel motorhuis grootte), opwaskamer na 'n 2 slaapkamer, 2 badkamer en sit- eetkamer. Baie meubels spotgoedkoop verkoop en dan ook baie weggegee.  En ons mis egter niks van wat "ekstra" in Roodepoort was.

Sterkte met hierdie "vernuwing"

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/12/2024 - 14:59

....gaan van jou kinders in die hoofhuis intrek???

As ek reg onthou, sou jy mos aanhou werk vit nog 18 maande. Trek julle nie 'n bietjie vroegtydig uit die hoofhuis uit nie, behalwe natuurlik vir eie kinders. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 05/12/2024 - 17:04

Dis 'n klein woordjie wat 'n baie groot omwenteling in mens se lewe teweegbring. Sommige mense ervaar dit, ander nooit - uit keuse om in hul huise aan te bly tot die einde. Vir diè wat wel afskaal deur in 'n kleiner huis te gaan woon is dit soms erg om van hul besittings ontslae te raak, maar troos hulself daaraan dat dit waaraan hulle die meeste waarde geheg het deur hul kinders waardeer sal word. Daarmee saam is daar darem nog altyd 'n huisie wat hulle 'n tuiste kan noem. Dan is daar mense waarvan ek (lw. nie ons nie) een is. Net meer as 2 jaar gelede het ons ons kleinhoewe verkoop en ons besigheid gegroet. Die plan was om permanent te gaan toer, want my bussie was pas klaar gebou en ek het baie uitgesien na die buitelewe. Daan het aanvanklik saamgepraat, maar ek kon agterkom dat so 'n sprong vir hom te groot sou wees. Daarom dat ek 'n erf gekoop het, en weer begin bou het - tot sy blydskap en my frustrasie. Die doel was om dit maar net te bou en met wins te verkoop. Dinge lyk nou anders. Hier is twee huisies - een is klaar en die ander kort kombuis- en ander kaste. Intussen het dit Desember geword en die kinders wil kom kuier, waaroor ons baie opgewonde is. Hoe gemaak sonder genoeg meubels? Ons doen alweer aankope. Dit is nog lank nie hierdie storie se slothoofstuk nie, maar ek hoop dat ander wat ook soos ek voel om elke dag 'n ander "skildery teen jou muur" te hê in die natuur, doodseker sal wees dat jou maat saamstem.

Dit veroorsaak darem nie spanning in ons huis nielaugh. Toe ek vanoggend sê dat die tyd nou naby is dat ek die plek in die mark gaan sit, met 'n huurder in een huis en Daan in die ander terwyl ek gaan toer, was sy opmerking dat hy 'n klein karretjie agter aan my bus gaan haak en saamkom....so, ons vorderlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/12/2024 - 17:19

....seg vir Daan, hy moet vooruit dink en beplan. Vergeet van karretjie, kry 'n 5 deur Jimney. Lekker parmantige 4x4 om mooi skilderye te verken. 

Ry met bus, tot waar dit nie verder kan nie, kampeer en vaar rowwe dele in met 4x4tjie!!! Vra vir Harry en Jeanne, dit sal nie 'n fout wees nie.  

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 06/12/2024 - 06:04

Gelukkig het ons.......................................... voor ons aftrede al afgeskaal. 

Vir my was die swaarste om 'n besluit te neem van wat in die garage moet bly. Het soveel gereedskap gehad van elektries en verkoeling wat oor die jare opgebou is wat ek net moes laat gaan. Baie verniet vir werkers gegee en het twee vragte materiaal in H10 weggery. 

Dink om die kopbesluit te gemaak het was die ergstesmiley

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 06/12/2024 - 06:51

Dink om die kopbesluit te gemaak het was die ergstesmiley

Dit is feite. My motivering egter was dat ons dit vir ons Downs dogter doen en vir haar toekoms as ons voor haar tot sterwe kom.  Dit het dit makliker gemaak.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 06/12/2024 - 07:38

Iewers het ek gelees dat julle beplan om vroeg in die nuwe jaar by Montagu te gaan kamp. Beteken dit dat jy jou bakkie teruggekry het? En is jy gelukkig met die herstel?

*Bedoel vir 'n ander draad, verskoning

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 06/12/2024 - 17:56

Ons afskaal het heel gemaklik verloop. Op die stadium was ons primêre woning in Knysna, pragtige plek, en ons huisie op die plaas. Elke naweek  Vrydag 1 uur uit Knysna en dan Maandagoggend 5 uur terug Knysna toe.  In 2005 verkoop ek my aandeel. Die plan is om net konsultasie werk te doen vanaf Knysna. 

Reg langs ons plasie koop ń man baie  plase op, en hy begin ń wildlife estate. Maar soos in vir Kapenaars met baie ou geld. En daar word ek ingetrek. Nou werk ek van die plaas af, Von trek met al die katte. Vir die volgende 2 jaar doen ek steeds paar projekte in Knysna, maar slaap in ń leë huis, 2 tot 3 aande per week.

Na dit hou ek my skaars in Knysna. Word betrek by projekte in Prins Albert. Baie lekker projekte, ry gereeld  oor die Swartbergpas vir meer as ń jaar.

Verhuur Knysna huis, baaie probleme met huurders.  Raak gatvol en verkoop die huis. En daar eindig ons op hier waar ons nou sit en elke dag geniet. Piepklein huisie, maar vol karakter en net reg vir ons twee. Ouma behartig als self, soek nie huishulp nie. Ek maak seker die gras word gesny ,en sy het water vir haar pragtige inheemse tuin. 

Oupa maak als reg, van ń zip wat vassteek tot ou karre  restoreer. Beste tyd van ons lewe. 

As ek geweet het aftrede is so lekker, het ek dalk nooit begin werk nie.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/12/2024 - 19:41

...."beste tyd van ons lewe". Dit glo ek wel, en dit nog in so 'n mooi omgewing!!!!

 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 07/12/2024 - 10:06

Sien van julle al klaar hier deur ja die jongste en haar man trek in huis en betaal huur. Maar soos reeds gese flippen mens gaar op lekke Rona hy gaan saam geluk is ek en Berdien op selfde bladsy met besluit

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/12/2024 - 10:24

...maak soos wat ek gdoen het. Mens kom op 'n punt waar mens net nie anders kan, as om ashoop toe te ry nie.

Agt jaar se universiteit handboeke, al 3 kinders se tuisskool boeke en geskrifte. Die onderwysdepartement sou mos kom inspeksies hou het, en dan vervolg indien nodig. Dit het nooit gebeur nie.

Ek het groot voordeel, deesdae gooi ek maklik weg. As daar geen nut vir iets is nie, en van geen waarde, net 1 rigting ashoop toe.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus