Natalse draai
Natal het steeds mooi plekke
Geert, ek lees lekker en geniet jou foto's. Ek dink die hangbrug was 'n ondervinding wat julle lank sal onthou. Reis veilig verder en geniet elke oomblik.
Putt-putt
Hier is n vreeslike oulike Putt-putt baan....elke baan het n tema can aktiwiteit wat oord bied en baan is dan volgens dit gebou. Ek plaas paar hier, maar as jul meer wil sien, plaas ek skakel van facebook want dus 40 fotos en stelsel laat net 10x toe.
Jammer, maar ek sien stelsel gooi weer meeste foto's op sy sy
hommeltuig foto's
Môre Geert, moes jy eers toestemming verkry om met tuigie te vlieg en fotos te neem.? Ek is onder indruk dat baie oorde dit nie toelaat nie.
Fokus die oord op dagbesoekers of is dit hoofsaaklik kampering en chalets??
Wessel
Dink nie daar is probleem met vlieg nie....niks op reels nie. App stop jou egter op maksimum 120m...weet nie hoekom nie, want het nog nie een vliegtuig hier oor sien vlieg nie en dink naaste vliegveld is Margate?
Ek dink dat meer as 95% van inkomste hier gegenereer word uit dagbesoekers. Hulle betaal R80 per persoon om in te kom. Die grootste aantrekkings krag is die zipline en hangbrug...en dan restaurant. Al dit is groot inkomste. As mens dink hoeveel 100de mense daagliks net met die zipline afgaan teen R490 per persoon en kampeerders betaal R350 n nag....dan is kampeer n klein druppel in die emmer
... ek het al uit vorige…
... ek het al uit vorige verslae agtergekom dat jy bly behoorlik besig tydens jou vakansies.
Verseker, hy verstaan nie NIKS DOEN. Geert is altyd "on the run"
Ek sal ook graag al die…
Ek sal ook graag al die goeters wil doen wat Geert tydens sy vakansies doen, maar dit bots te veel met my voorkeur-ding, naamlik niksdoen.
ek is skoon moeg...
...net om van al sy aktiwiteite te lees!!!!
Ek sal veel eerder my trokkie inspan en wildritte doen. Aangesien dit baie inspannend is, sal ek dan 'n langerige siësta moet inwerk daarna.
Geniet jou vakansie Geert, ons is jaloers en kuier lekker saam
Verwag niks minder nie
Weereens 'n tipiese Geert-vakansie - gaan groot en gaan rus agterna by die huis
. Dis lekker kyk- en leesstof, dankie. Ek volg graag die res. Geniet!
Lekkerste tyd
Lekkerste tyd van dag vir my bly maar skemer waar almal gereed maak om vuurtjies aan te steek. Laaste foto us vanoggend se son opkoms





Grotte
Vandag die zipline aangedurf. Sal later fotos van my vrou se kamera laai, want ek het nie my selfoon saamneem op zipline nie. Daar is in totaal 17 platforms waarvan jy vertrek en oor die 4,5 km. Langste een was 680m