Natalse draai
Baie besig op strand
Nog nooit Ballito so besig gesien hierdie tyd van die jaar nie. Foto's is 09h30 geneem en mense stroom steeds af
Yip....bevestig net weer…
Yip....bevestig net weer hoekom ons wegbly van die KZN kus oor Desember maande...
Vol strand
Dit lyk ook nie asof ek graag daar 'n plekkie wil soek nie.
As dit die bedrywigste is wat jy dit hierdie tyd van die jaar gesien het laat dit mens wonder wat regtig die rede daaragter is. Ons het bespiegel oor Mosambiek wat hierdie jaar nie toeganklik is nie, maar ek dink nie dis die enigste rede nie. Miskien minder mense met vakansie Kaap toe?
Drone foto
Daar waar sirkel is op laaste foto is oord se ingang/ontvangs.....ander sirkel is hoof swemstrand.
Gebruik van drones...
Ek ken gladnie die reëls vir die gebruik van hommeltuie (?) nie. Is dit toelaatbaar binne 'n beboude gebied? As jy nie toegesluit is nie, Geert, reken ek dit was alles binne perke![]()
Die foto's gee nogal 'n hele ander perspektief aan die gebied as net die prentjies wat mens in jou kop sien.
So mooi. Ek glo die plek…
So mooi. Ek glo die plek gaan hierdie naweek nog redelik besig wees. Skole heropen mos volgende week.
Kat steeds by ons
Sedert Dinsdag is die oord kat steeds heeltyd by ons. As ons strand toe gaan, lê hy of onder die tafel of onder karavaan. Saans as ons gaan slaap, klim hy op ons stoele en slaap daar. Soggens as ons opstaan klim hy af en gaan lê dan weer onder tafel. Hy het ook al in Karavaan geklim en kyk dan alles uit en klim dan weer uit. Hier was nounet iemand in oord wat gedink het dis ons kat waarmee ons kamp. Dis n baie skoon kat
Het die katjie al ń naam…
Het die katjie al ń naam......
Hier is altyd ń klomp katte. Kom sit daar buite en kerm vir ń kossie. Bakkies droeë pilletjies word uitgesit, en die Katie is dankbaar. Ons voel ook goed. Volgende staan katjie op die stoep vir brekfis, en ons sê " kyk hoe verwaarloos" en gee sagte kossies. En so ontvou die verhaal. Katjie het ons gekies, en ons geniet die nuwe famielid. Laat mens eintlik special voel Geert.
Moeilike afskeid
Ek dink dit gaan dalk trane afgee om die katjie te groet. Dit is baie maklik om vir oulike diertjies lief te word. As hy net wegloop wanneer julle afslaan sal dit dalk nie so erg wees nie, maar wat van as hy bly en julle in die oë kyk? O toggie! Sterkte.





Lekkerste tyd van die dag
Lekkerste tyd van die dag