Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -4 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -4 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -5 hours ago

Len se stilte is nou finaal

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het toe ons heerlike kamp-kuier Vrydag 20/12 afgesluit en huis toe gekeer.

Die laaste dag of twee in Hartenbos het ek opgemerk dat Annatjie se linkervoet rooi verkleur en was maar heeltyd bekommerd daaroor. (15 maande gelede is haar regtergroottoon geamputeer en ook dooie weefsel uit haar hak gesny, so groot soos 'n golfbal, as gevolg van bloedvloeiprobleme). Die volgende dag Saterdag 21/12 is ons na MediClinic Cape Gate se ER want ons huisdokter was al met vakansie. Hier is daar bepaal dat die bloedvloei in haar linkerbeen feitlik tot stilstand gekom het en geen bloedvloei bereik haar voet nie. Omdat Annatjie se vaskulêre chirurg ook met vakansie is, is sy dringend per ambulans oorgeplaas na MediClinic Panorama in Parow waar daar wel 'n vaskulêre chirurg aandiens is.  Twee chirurge het gister probeer om dmv 'n angiogram-prosedure die blokkasie in die aar oop te kry en was ongelukkig onsuksesvol om die baie groot  blokkasie in haar bo-been van omtrent 200mm oop te kry. Hulle wou haar vandag geopereer het om 'n aar-omleiding te doen, maar sy het gesmeek om Kersdag by die huis te wees vir 'n groot familie Kersete.  Die chirurge het ingestem op voorwaarde dat sy op die laatste Vrydag geopereer sal word.  Alles is nou so gereël en ek het haar nou gou gaan haal.

Jammer vir die lang treurmare, maar hoop dit verduidelik my gesels stilte op die forum.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/12/2024 - 11:26

.....ons bede en hoop is op 'n volkome herstel.

Ek aanvaar jy sal soos die proses verloop, ons hier ophoogte hou. Sterkte

0
Worcester

Wildehont

Tue, 24/12/2024 - 12:23

Dit moet verskriklik wees as mens se lewensmaat van soveel jare so iets oorkom, en dit boonop net voor Kersfees saam met julle kinders wat gelukkig almal naby woon. Ek is bly sy kan dit saam met julle vier, en ek hoop en bid saam dat die operasie ‘n sukses sal wees. Daar is wel iets erger as die scenario in die eerste sin hier bo - as sy alleen daardeur moes gaan. Gelukkig is julle nog saam en julle kinders en kleinkinders naby. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 24/12/2024 - 13:51

Sterkte Len en Annetjie..................................en bid julle 'n geseënde kersdag toe met Annetjie by die huis saam met die familie. 

Mag die operasie suksesvol wees en Annetjie volkome herstel. Elmarie stuur ook haar beste wense vir julle. 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 25/12/2024 - 23:05

ek is so jammer om die nuus oor Annatjie se gesondheid te verneem. Baie sterkte aan haar met die operasie. Ek vertrou dat dit 'n sukses sal wees en dink alpad aan julle albei.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/12/2024 - 19:49

....het namiddag suksesvol afgeloop. Volgens Len is artse baie tevrede met prosedure.

Ek hoop nie Len gee om dat ek die goeie nuus met julle deel nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/12/2024 - 21:28

..............baie dankie dat jy help om my stilte te verbreek.

Om 5 ure te sit en wag na 'n 4-uur lange operasie is nie kinderspeletjies nie. Ek (en ook Annatjie) is bly die operasie is verby en volgens die chirurg was dit 'n sukses.  Dis 'n helse sny op haar been, vanaf haar lies tot by haar enkel !  Die chirurg sê die geblokte aar bly netso in haar been tewyl die skenker-aar letterlik net die "by-pass" om hierdie blokkasie neem, oor 'n baie langer area as die geblokte deel om 'n verdere blokkasie later van die "ou" aar te voorkom.  Haar voet (waar 'n wond onder haar groottoon ontstaan het) is verbind so groot soos 'n rugbybal  -  ek sal môre uitvind wat hier aangaan want ek het dit eers gesien nadat die dokter al weg was.

Baie dankie vir almal se herste-wense en belangstelling.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 27/12/2024 - 21:49

vir die positiewe nuus. Ons is saam dankbaar dat die operasie 'n sukses was en vertrou dat die seer onder Annatjie se toon dan ook gou sal genees. Sterkte nog vir die tyd wat dit gaan neem om ten volle te genees, ons dink aan julle.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 28/12/2024 - 06:03

Saam dankbaar..........................................dat die operasie goed afgeloop het. 

Sterkte met die pad na herstel. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/12/2024 - 08:59

......is dat daar komplikasies ingetree het en sy is gister weer in 'n verdere 3uur operasie geopereer om vas te stel wat aangaan.  Ongelukkig het die nuwe aar begin lek en haar kuit met bloed gevul. Sy het intussen 4 eenhede bloed gekry. Haar been moes toe van binne-af uitgewas word en die lekplek is herstel.  Daar is kommer oor haar linkervoet se groottoon (haar regtervoet se groottoon is 15 maande gelede geamputeer ook agv gebrek aan bloedvloei), maar die chirurg sal later 'n besluit daaroor neem.

Nouja, ons kyk vorentoe in geloof dat dit sal beter gaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 11:26

....ons neem kennis en sal haar in gebede hou. Sterkte daar

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 30/12/2024 - 16:01

Ek deel dit hier met ander wat ook omgee (klink asof Len gemaklik is daarmee).

"Dit gaan onder die omstandighede redelik goed dankie, maar nog nie sprake van ontslag nie"

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/12/2024 - 16:26

...dink ek aan outydse prosedeer!!! Ek lees Len se inset van Sondag, en wonder net, hoe gebeur sulke dinge???

 

0
Irene

Grootwind

Mon, 30/12/2024 - 19:15

Kom nou Wessel..prosedeer!!!??? jy is nie ernstig nie? Die mensdom mag baie weet van wetenskap insluitende mediese wetenskap, maar daardie kennis en ervaring is allesbehalwe perfek en volledig. Dis tog 'n feit dat enige mediese prosedure gepaardgaan met 'n sekere risiko profiel, en boonop is daardie profiel (prognose) normaalweg slegter hoe ouer die pasient is. Selfs relatief eenvoudige goed soos 'n mangel operasie is nie 100% gewaarborg wat die uitkomste aanbetref nie...en om sommer bietjie moedsdwilligheid in te gooi, die SAFARI reaktor (en Koeberg) is ook nie 100% veilig nie....dis tog hoekom daar iets soos ALARA is!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/12/2024 - 19:59

...ag man sulke negatiewe insidente vang my net onkant. Ek wil soms nie aanvaar dat mediese wetenskap en hoogs opgeleide snydokters etc sulke terugslae nie altyd kan voorkom nie. Moontlik omdat ek glo dat die medici, ervare kundiges in hulle onderskeie velde is.

Jy kan mos nou nie hier in openbaar die kat uit die sak laat oor kernveiligheid nie. wink Desnieteenstaande, oftewel ALARA, jy het die punt van risiko- en falings-bestuur oorgedra. Is ons nie te deeglik bewus daarvan nie.?

   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus