Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -29 minutes ago
Wessel Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -31 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -31 minutes ago
Tafel en bankies Rock View Lodge Nelspruit Geert -38 minutes ago
forum deelname Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
Hallo Rona Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -42 minutes ago

Len se stilte is nou finaal

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het toe ons heerlike kamp-kuier Vrydag 20/12 afgesluit en huis toe gekeer.

Die laaste dag of twee in Hartenbos het ek opgemerk dat Annatjie se linkervoet rooi verkleur en was maar heeltyd bekommerd daaroor. (15 maande gelede is haar regtergroottoon geamputeer en ook dooie weefsel uit haar hak gesny, so groot soos 'n golfbal, as gevolg van bloedvloeiprobleme). Die volgende dag Saterdag 21/12 is ons na MediClinic Cape Gate se ER want ons huisdokter was al met vakansie. Hier is daar bepaal dat die bloedvloei in haar linkerbeen feitlik tot stilstand gekom het en geen bloedvloei bereik haar voet nie. Omdat Annatjie se vaskulêre chirurg ook met vakansie is, is sy dringend per ambulans oorgeplaas na MediClinic Panorama in Parow waar daar wel 'n vaskulêre chirurg aandiens is.  Twee chirurge het gister probeer om dmv 'n angiogram-prosedure die blokkasie in die aar oop te kry en was ongelukkig onsuksesvol om die baie groot  blokkasie in haar bo-been van omtrent 200mm oop te kry. Hulle wou haar vandag geopereer het om 'n aar-omleiding te doen, maar sy het gesmeek om Kersdag by die huis te wees vir 'n groot familie Kersete.  Die chirurge het ingestem op voorwaarde dat sy op die laatste Vrydag geopereer sal word.  Alles is nou so gereël en ek het haar nou gou gaan haal.

Jammer vir die lang treurmare, maar hoop dit verduidelik my gesels stilte op die forum.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/08/2025 - 09:33

...is effe ongelyk. Die gedagte van die huis het vlietend deur my kop getrek, maar Brits se huispryse vergelyk maar swak met Brackenfell/Durbanville pryse. 

Ek moet darem iets in reserwe hou om vleis te koop, en jaarliks Kruger toe te sleep. winklaugh 

0

Oom Len 

Baie sterkte met die nuwe hoofstuk van julle lewe. 

Die lewe loop soms 'n snaakse draai met jou, en al wat jy kan doen is om aan te pas. Vandag 'n week terug het ek 'n pragtige vrou gehad en eergister het ek begrawe.

Ek glo dit sal goed verloop met oom en die tannie.

Jaques

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus