Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

Len se stilte is nou finaal

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het toe ons heerlike kamp-kuier Vrydag 20/12 afgesluit en huis toe gekeer.

Die laaste dag of twee in Hartenbos het ek opgemerk dat Annatjie se linkervoet rooi verkleur en was maar heeltyd bekommerd daaroor. (15 maande gelede is haar regtergroottoon geamputeer en ook dooie weefsel uit haar hak gesny, so groot soos 'n golfbal, as gevolg van bloedvloeiprobleme). Die volgende dag Saterdag 21/12 is ons na MediClinic Cape Gate se ER want ons huisdokter was al met vakansie. Hier is daar bepaal dat die bloedvloei in haar linkerbeen feitlik tot stilstand gekom het en geen bloedvloei bereik haar voet nie. Omdat Annatjie se vaskulêre chirurg ook met vakansie is, is sy dringend per ambulans oorgeplaas na MediClinic Panorama in Parow waar daar wel 'n vaskulêre chirurg aandiens is.  Twee chirurge het gister probeer om dmv 'n angiogram-prosedure die blokkasie in die aar oop te kry en was ongelukkig onsuksesvol om die baie groot  blokkasie in haar bo-been van omtrent 200mm oop te kry. Hulle wou haar vandag geopereer het om 'n aar-omleiding te doen, maar sy het gesmeek om Kersdag by die huis te wees vir 'n groot familie Kersete.  Die chirurge het ingestem op voorwaarde dat sy op die laatste Vrydag geopereer sal word.  Alles is nou so gereël en ek het haar nou gou gaan haal.

Jammer vir die lang treurmare, maar hoop dit verduidelik my gesels stilte op die forum.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 02/01/2025 - 10:45

... hoe gaan dit met Annatjie? Al uit ICU ontslaan?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 02/01/2025 - 12:18

Ek vermoed dat Len al kapoet is van lang ure by die hospitaal en min tyd het om hier te skryf, so deel ek graag die nuus wat ek gisteraand van hom ontvang het (in sy woorde).

"Annatjie is pas oorgeplaas na 'n gewone saal. Dit op sigself doen haar baie goed. Sy het selfs vandag geloop met die hulp van haar fisioterapeut. Daar is dus mooi vordering."

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 03/01/2025 - 20:45

..........dat selfs die beste medici ook maar net mense is en wie se dagtake ook maar blootgestel is aan risikos wat kan insluip.  In Annatjie se geval is sy in die sorg van drie vaskulêre chirurge, prof  Danie du Toit, dr  Estiaan Louw en dr Yadhir Baitchau, aldrie in dieselfde praktyk.  Aldrie was gisteroggend gelyktydig by haar om haar been te ondersoek en ondermekaar te bespreek. Ek glo beter kan 'n mens nie verwag nie.

Annatjie ervaar tans baie pyn in die geopereerde been en loop baie, baie swaar selfs met hulp van twee persone.  Sy en ek bly egter positief en glo die draaipunt sal kom.

Nogmaals, dankie vir almal se belangstelling en goeie wense.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 03/01/2025 - 20:55

... vir die "update" Len. Ons vertrou op volkome herstel van jou geliefde.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/01/2025 - 21:23

goed om van jou te hoor. Dat julle vertroue het in die sorg waarin Annatjie geplaas is help al baie. Ek wens ook vir beterskap en spoedige herstel.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/01/2025 - 21:42

Verskoon my verdere stlte op die forum asseblief.  Annatjie is nog in Panorama Hospitaal en ek word môre in Cape Gate Hospitaal opgeneem vir 'n nier-disfunksie.

Ek gesels weer mettertyd.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 22:02

Ek hoop so dat jou probleem nie te ernstig is nie, en maklik oorkom kan word. Ek (ons) mis jou gesels op die forum en sien uit na die dag dat jy en Annatjie weer sterk en gesond is. Alles van die beste vir môre.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 07:33

...ek sluit aan by almal se wense----spoedige beterskap vit julle beide.

Hopenlik lees jy via foon die forum insette. terwyl jy wag op die aantreklike verpleegstertjies.laugh

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 08/01/2025 - 06:22

Het iemand vandag iets van Len gehoor? 

Hy het maar net gister vir my laat weet dat hy toe opgeneem is in Cape Gate Hospitaal. Wou nie verder vra aangesien hyself in hospitaal is.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/01/2025 - 06:28

Ek het die volgende boodskap ontvang;

"Nog geen nuus oor my niere nie, Toetse nog aan die gang.

Dit gaan goed met Annatjie, maar die chirurg twyfel oor die behoud van haar groottoon. Sy druk om die naweek huis toe te gaan."

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 12:54

Ons vertrou dat alles verder goed sal verloop met Len en Annatjie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/01/2025 - 23:57

Ek is gelukkig vanoggend uit die een hospitaal ontslaan en Annatjie word môre uit die ander hospitaal ontslaan.  My nierprobleem is geïdentifiseer as my hoëbloeddruk medikasie wat my nierfunksie stelselmatig oor 'n paar jaar afgebreek het.  Ek moet nou vir 'n klein rukkie heeltemal sonder bloeddruk meds gaan en daarna sal my internis 'n alternatiewe produk vind. Die nierfunksie sal 'n jaar neem om te herstel, maar op my ouderdom sal dit nooit weer beter as 40% wees nie  -  beter as niks !

Op hierdie stadium probeer Annatjie se chirurg haar groottoon behou, so as dit goed gaan hoef dit nie geamputeer te word nie.  Sy loop baie swaar met hulp, maar is moedig dat sy sal wen.

Daar is darem nie sprake dat ons twee ou krokke gaan ophou kamp nie.

Ns.  Jammer vir hierdie ou stories op 'n kamp-verwante forum, maar so baie van julle het belang gestel en ons moed ingepraat dat ek dit goed gedink het om die einde (hopelik) hiervan met julle te deel. 

0
Lyttelton

Trev

Fri, 10/01/2025 - 04:19

Len. Dit is baie goeie nuus en vertrou dat Annetjie ook spoedig ten volle sal herstel 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/01/2025 - 05:15

....baie dankbaar saam met julle. Dit is kommerwekkend dat medikasie vir A, mens later probleme met B gee. Ek weet nie wat jy drink vir hoë bloeddruk nie, maar vir wat dit werd is, ek is op Zartan Co.

Ek hou duimvas dat Annatjie sommer binnekort sonder hulp sal kan loop, en volkome sal herstel. 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 10/01/2025 - 06:53

Baie sterkte vir julle. Ons het gister daar verby Panorama gery en gewonder hoe dit met Annatjie en natuurlik jou gaan.

Ons vertrou dat dit net beter sal gaan met julle tuis. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus