Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -1 hour ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago

Len se stilte is nou finaal

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het toe ons heerlike kamp-kuier Vrydag 20/12 afgesluit en huis toe gekeer.

Die laaste dag of twee in Hartenbos het ek opgemerk dat Annatjie se linkervoet rooi verkleur en was maar heeltyd bekommerd daaroor. (15 maande gelede is haar regtergroottoon geamputeer en ook dooie weefsel uit haar hak gesny, so groot soos 'n golfbal, as gevolg van bloedvloeiprobleme). Die volgende dag Saterdag 21/12 is ons na MediClinic Cape Gate se ER want ons huisdokter was al met vakansie. Hier is daar bepaal dat die bloedvloei in haar linkerbeen feitlik tot stilstand gekom het en geen bloedvloei bereik haar voet nie. Omdat Annatjie se vaskulêre chirurg ook met vakansie is, is sy dringend per ambulans oorgeplaas na MediClinic Panorama in Parow waar daar wel 'n vaskulêre chirurg aandiens is.  Twee chirurge het gister probeer om dmv 'n angiogram-prosedure die blokkasie in die aar oop te kry en was ongelukkig onsuksesvol om die baie groot  blokkasie in haar bo-been van omtrent 200mm oop te kry. Hulle wou haar vandag geopereer het om 'n aar-omleiding te doen, maar sy het gesmeek om Kersdag by die huis te wees vir 'n groot familie Kersete.  Die chirurge het ingestem op voorwaarde dat sy op die laatste Vrydag geopereer sal word.  Alles is nou so gereël en ek het haar nou gou gaan haal.

Jammer vir die lang treurmare, maar hoop dit verduidelik my gesels stilte op die forum.

Worcester

Wildehont

Wed, 16/04/2025 - 08:08

Ek sien Oom Len loer nog nou en dan in, maar is maar redelik stil. Ek hoop dit gaan al beter met die tannie, en dat dit goed gaan met Oom Len. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 16/04/2025 - 15:02

Stadig maar seker is Annatjie besig om te herstel.  Vandag is die 85ste dag wat sy aaneen in die hospitaal is, waarvan 40 dae in ICU.  Sy is 10 dae gelede uit Panorama Hospitaal per ambulaans oorgeplaas na Cape View Rehabilitasie Hospitaal in N1-Stad, Goodwood om te leer om weer te loop en selfstandig te funksioneer.  Die eerste 10 dae in die rehabilitasie-hospitaal is agter die rug en min of meer nog twee weke is nodig waarna sy huis toe sal kan gaan.

Sy het net na Kersfees 'n aar-omleiding operasie in haar linkerbeen ondergaan om bloedvloei na haar voet wat geblokkeer was, te herstel. Komplikasies het ingetree en twee verdere operasies was nodig om die omleiding reg te stel. Haar niere het toe ingegee as gevolg van 'n hart-defek wat nie genoeg bloed na die niere gepomp het nie.  Sy het vir twee weke nier-dialiese ontvang waarna die niere weer redelik normaal begin funksioneer het.  Dit alles het weer tot gevolg gehad dat vog in haar liggaam opgebou het en haar longe kon dit nie hanteer nie. Suurstof onder druk is toe deur haar neus ingeforseer om suurstof te verskaf en die vog af, weg van die longe af te dryf. Na drie weke het haar longe weer genoeg suurstof verskaf en suurstof-toediening is gestaak. Haar blaas het ophou funksioneer en kon nie van die groot hoeveelheid vog ontslae raak nie.  Sy het toe 'n permanente kateter deur haar buikwand gekry wat haar blaas ledig hou As gevolg van die langdurige hospitalisasie veral in ICU, het sy ICU-sindroom opgedoen en was vir 'n lang tydperk heeltemal deurmekaar. Sy is toe oorgeplaas na 'n gewone saal waar die verwardheid stelselmatig verdwyn het. Haar laaste probleem was 'n skielike, geweldige swelling van haar regterknie. 'n Ortopeed se hulp is ingeroep en hy het vermoed daar is vog wat opgebou het in die knie wat geweldige pyn veroorsaak het.  Die ortopeed wou die vog dreineer, maar in plaas van vog te dreineer toe dreineer suiwer bloed uit haar knie. Die oorsaak hiervan was te sterk bloedverdunner wat toegepas is omdat daar vir bloedklonte gevrees is. Bloedverdunning medikasie is onmiddellik gestaak vir 10 dae waarna weer met 'n ligter dosis bloed verdunner begin sal word. Haar mediese span het bestaan uit 3 vaskulêre chirurge, 2 longspesialiste, 'n nierspesialis, 'n kardioloog, 'n uroloog en 'n ortopeed. Nie een van hierdie spesialiste het 'n verklaring vir die skielike herstel van die longe (sonder 'n behoefte aan suurstof-toediening), die niere en al die ander mediese probleme nie.

Voorwaar 'n wonderwerk !  Baie dankie aan al ons kampmaters se belangstelling, gebede en boodskappe.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 16/04/2025 - 15:09

Dankie Len vir die terugvoering. Ons gebede is vir herstel van Annetjie en dat sy spoedig weer kan huistoe gaan. 

Sterkte ook vir jou in die moeilike tyd. 

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 16/04/2025 - 16:15

Dit moes ‘n uitmergelende tyd vir julle beide gewees het. Ons is dankbaar dat dit al beter gaan en dat sy op die herstelpad is. Sterkte 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/04/2025 - 16:36

...voorwaar 'n wonderwerk. Ek en Marie is so dankbaar saam met julle.

Ons bly glo vir 'n volledige herstel, sodat sy jou kan rondjaag met konfyt kook, en inlê werk in haar kombuislaugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 16/04/2025 - 18:04

Dit is goeie nuus Len.

Mag sy spoedig so goed herstel dat julle  die Exclusive kan haak en erens bietjie gaan uitspan vir ń paar weke. Noem dit " kamp terapie".  Kan net lekker wees.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 16/04/2025 - 18:40

Baie sterkte met die tannie.

Ai toggie en ons bid vir DIE HEMELSE VADER om sy hand oor julle te hou.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/04/2025 - 19:06

Ek is so bly oor hierdie langverwagte goeie nuus. Net twee weke.....

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 08/08/2025 - 03:53

.............dat ek (en ook Annatjie wat vir die tweede keer in een maand weer in die hospitaal se ICU lê), moet groet.  Die skrif is eintlik lankal aan die muur dat ons ons leefstyl sal moet aanpas en daardie oomblik het nou aangebreek.

Ons huis is in die mark en ons het reeds 'n aanbod gemaak op 'n huis in 'n aftree-oord in Durbanville (nie ver van ons huidige huis nie) met 'n privaat siekeboegkamer in die oord vir Annatjie se versorging.  Alles is gereed om die Exclusive (met alle inhoud daarin) te verkoop en waarna my ou geliefde Pathfinder ook verkoop gaan word.  Omstandighede noop nou daadwerklike, praktiese op trede en dit is waarmee ons nou besig is.

Vir oulaas, baie dankie vir die hegte vriendskappe wat oor jare gesmee is en al die baie boodsappe en ondersteuning met Annatjie se siekte.

Wees gegroet !

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/08/2025 - 04:56

Môre Len, dis al wat ek kan seg. Ek glo dis die beste besluit en verskuieing wat julle kan doen, onder die omstandighede. Ek vertrou dat julle beide daarby sal kan aanpas.  

Ek wil ook glo dat jy STEEDS aktief  by die forum sal betrokke bly. Ons klomp jonges kan altyd baat by die ervaring van 'n konsultant. 

Onthou, vriendskappe gesmee, loop nie net dood nie, dit hou.!!!!

 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 08/08/2025 - 06:27

Môre Len, baie sterkte met hierdie stap wat julle nou neem. Dit is masief maar wel die regte besluit. Die mees noodsaaklikste is dat Vroulief gesond word.

As jy dalk so voel, kan jy die karavaan en Pathfinder details deel vir wat jy daarvoor soek. Miskien ken ons dalk iemand wat in die mark is vir so iets. Wessel kan dalk nog julle huis ook koopwink

Baie sterkte weereensyes

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 08/08/2025 - 07:36

Dankbaar dat ons vir jou en Annetjie persoonlik kon ontmoet.

Sterkte met al die reëlings en mag  julle mooi loop. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 08/08/2025 - 07:57

Wessel kan dalk nog julle huis ook koop

Is dit nou die Eksklusief of die een in Brackenfell? 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 08/08/2025 - 08:00

Dit klink wel of julle al die logisitieke onder beheer het, maar dit moet steeds ‘n groot aanpassing wees. Baie sterkte daarmee. Ek hoop die tannie se gesondheid verbeter en dat hulle haar by julle nuwe blyplek kan versorg. Om so heeltyd in die hospitaal te wees is aaklig. Gelukkig is julle nog naby julle kinders. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 08/08/2025 - 08:24

daar is ook plek vir sy wa is sy eie motorhuis.

Ek het nie daaraan gedink nie. Hy kan sommer altwee koop. yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus