Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -5 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -6 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -6 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -7 hours ago

Vervanging van pap band

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ek het klompie jare gelede die ervaring gedeel hoe moeilik dit kan wees om 'n pap band langs die pad te ruil agv die lae grondhoogte van die karavaan as aan die pap wiel se kant. Interessante variasie van die probleem gehad gister...laat ek vertel...

Swaertjie het sowat 3 weke gelede 'n nier moes laar verwyder agv 'n gewas en het die laaste week bietjie by ons kom herstel (rus en vrede kom soek eintlik). Hy het 'n 2.2 Ranger, gistermiddag sien ek die se regter agterband is pap (nuwe General Grabbers 'n maand terug laat opsit). Mos geen probleem nie...sy bakkie se domkrag (sker tipe wat standaard saam met die bakkie gekom het) uitgehaal met die idee om gou die spul op te lig, wiel af te haal en by die bande plek naby ons te laat "plug". aangesien swaer nie tans enige harde werk mag doen nie is ekke alleen met die spul. Skielik 'n hengse klomp probeme om mee plan te moet maak. Eerstens lig die domkrag die spul nie hoog genoeg op om die wiel te kan afhaal nie. Maar ekke het mos 'n hele klomp verskillende domkragte, uiteindelik maar die gevaarlike ding moes doen en 3 bakstene onder 'n 2t bottel domkrag moes sit om die lot hoog genoeg te kon oplig (darem bokkies onder gesit net ingeval) Wiel agter in my Trokkie (donderdag die ding is swaar vir 'n ou omie om te hanteer!). Lekplek gou opgespoor en geseël. Nou vir die opsit...makliker gesê as gedaan....om daai wiel alleen te hanteer en te kan opsit was omtrent 'n drama, amper 'n uur gesukkel en sommer ook my woordeskat geoefen! Swaer is darem vanoggend terug huis toe met geen verdere band probleem nie. Die spul het my egter laat wonder. Ek het nog nooit nodig gehad om huidige en vorige Trokkies se wiele te moes ruil nie, die ervaring gister het my laat wonder wie van ons seker is ons bakkies (seker ook waar vir SNVs) wat almal groot wiele gebruik se standaard dom krag wel regtig geskik is om 'n wiel langs die pad te ruil? Indien nie, miskien maar ook belê in 'n 3t of 4t bottel domkrag wat definitief hoog genoeg kan lig? En die boerpot vraag, hoe op aarde hanteer mens daai groot en swaar wiel sonder jouself nie permanente skade aan te doen nie...glo my daai ding is nie vir ou omies om te hanteer nie. En vroulief sal nie van veel hulp kan wees nie. Enige voorstelle, julle ervarings?

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/01/2025 - 17:58

...is 'n gesukkel vir oumense!!!

Ek het so 'n boks vol houtblokkies permanent agterop my Hilux. Ek het by die huis ge-oefen en gekyk presies waar om die domkrag te plaas. 

Ek het ook sekergemaak my blokkies en meganiese uitstoot[bottel] domkrag het ook voldoende slag om my Kavango met die trokkie wiele en bande, te kan oplig. Dit gaan 'n risiko takie wees langs die pad, as mens effe skuins [links na regs] gaan staan. Mens sal seker die hoekstutte moet inspan om bietjie stabiliteit te kry.

Ek stem Grootwind, daai wiele en bande het 'n ongemaklike gewig aan hulle. Ek gebruik egter maar net albei arms, dan is dit soveel makliker. laugh 

Ek wonder net hoe kry die ouens dit op en af, wat dit bo op hulle dakrak bêre. Ek het al oorweeg om maar pak spasie agter op die bak in te boet, om die spaar daar te monteer.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 11/01/2025 - 18:03

Len. Vroër jare het ek vir vroulief in die garage laat oefen om ń wiel te ruil op destydse Discovery. Sy was seker so by 40 jaar oud, en kon dit alleen hanteer.

Tyd gaan verby nog 25 jaar, en nou kan ek  of sy, nie die Cruiser met die standaard domkrag oplig nie. Period. Die slinger draai is eenvoudig net te moeilik of amper onmoontlik.  Nou ry ek ń elketriese sker domkrag, 2 ton, saam. Een keer gebruik, en die kar was so laag, dat dit nie krag gehad het om op te lig nie. Tot die aansteker sok se sekering geblaas in die kar se boksie. Soos hulle sê, back to square one. Ek dink dat ń  wig onder die pap wiel opry, sal die probleem oplos.

Wat die swaar wiele optel..... Ons twee doen dit so half saam. Ek maak  seker dat die wielnaaf net mooi op die regte hoogte is om die veiling se gate  oor te stoot sonder om op te lig.

Magties, die was ń harde poging met my Afrikaanse woordeskat- tekortkominge.laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 11/01/2025 - 18:25

Lekker windgat Wessellaugh Selfs deur albei arms te gebruik werk nie meer soos 'n klompie jare terug. Dis ook nie net vir die oplig van die wiel tydens die terugsit nie, dis optel EN draai om dit te laat pas oor die wiel boute ("studs"). Dalk maar by 'n gym begin gewiget oefen?  Die episode het my egter laat besef gesien hoeveel van die forum se lede nie meer te jonk is nie en boonop met allerhande kwale sukkel regtig dit sal kan doen. Hoop en vertrou op jou versekering se pad bystand diens? Ek weet nie...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 11/01/2025 - 19:15

Die maklikste manier om die spaarwiel op te sit en die gate te belyn is met ‘n hefboom. Toe ek toere gedoen het met vragmotors (wat baie groter en swaarder wiele het) het ek ‘n tyre lever soos die een hier onder gebruik as hefboom. 
 

Wat domkrag betref, koop eerder ‘n bottle jack met genoegsame reiklengte en ry ‘n houtblok saam vir ingeval. Onthou net dat voertuie voorgeskrewe domkragpunte het. Moet dit liewers nie op ander plekke probeer oplig nie. Die handleiding behoort te wys waar dit gelig mag word. 
 

A

0
Lyttelton

Trev

Sat, 11/01/2025 - 19:22

Ek ry met ‘n paar blikke band seëlaar in my voertuie en dan het ook ‘n elektriese domkrag gekoop wat kar kan lig, bande pomp en ook die wielmoere kan los- en vasmaak. 

Die enigste uitdaging is nog die opsit van die nuwe band en dan om die band in die kar se boot te sit.  Bygese my voertuie se bande wissel tussen 18 duim, 20 duim en 22 duim.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/01/2025 - 19:53

...u grootse poging om suiwer afrikaaans te besig word met verwondering erken en in die annale opgeteken, let asb op die 2 "n" .laugh

Ek hou van die wig idee onder die papwiel, om hoogte vir domkrag te kry.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/01/2025 - 19:55

so leer mens by almal!!!! Ek ry elkgeval 'n graaf saam, wat ek as hefboom kan gebruik. O gaats, dis net as ek oppad is met woonwa wat die graaf by is.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/01/2025 - 19:58

...jislaaik ou maat, loop jou voertuig nie baie skeef met die verskillende wielgroottes nie?? Het jy die groot wiele agter om afdraende effek te kry.??? Ag ek trek sommer jou siel, of is dit wiele, uitmekaarlaughlaugh

Onthou tog om te noem waarmee sleep jy jou Exclusive.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 11/01/2025 - 20:31

................hierbo praat jy met my terwyl ek nog nie aan die gesprek deelgeneem het nie.  Nou sal ek julle maar wys dat as jy 'n Nissan ry het jy nie bottel-jack probleme nie.  Hieronder het my Pathfinder 'n papwiel in die Tankwa Karroo op 'n Sondag om 14:00 gekry waar daar geen selfoon sein is nie.  Die Pathie se standaard slinger-domkrag het die nodige gedoen.  Met die terugsit van die spaarband sit ek op my blaker en wikkel met my skoene onder die band in om dit op die regte hoogte te kry om die eerste wielmoer in te kry.

(Die toeskouer is 'n vriend met sy Prado in die agtergrond.)

.

 

 

0
Lyttelton

Trev

Sat, 11/01/2025 - 21:55

Ek is al so gewoond dat die kar skeef loop dat dit my nie meer pla niedevil.  

Ek sleep deesdae meestal met ‘n Range Rover 5.0 Supercharged, maar maak ook nou en dan gebruik van ‘n Range Rover 4.2 Supercharged of ‘n Discovery 3 V8 - daarom die verwysing na die verskillende wielgroottes

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 12/01/2025 - 05:57

Al gewonder oor                                             die opblaas seil sakdomkrag wat die 4x4 manne gebruik of dit sal werk op die karavaan. 

Het al oorweeg om een te koop maar nog nooit een gesien wat gebruik word nie behalwe in advertensies. 

Het ook 'n battery domkrag wat ek al eenkeer by die huis gebruik het wat wel gewerk het op die karavaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 07:12

..... o so nê, nou verstaan ek ooklaugh

Ek vermoed hier gaan 'n paar manne wees wat se monde gaan kwyl oor jou 3 sleepvoertuie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 12/01/2025 - 07:14

Een van die dae is die laairuim toegepak met hulpmiddels. Wig, lugsakke, 12v domkrag, wieltrollie, en moet nie die wielmoersleutel se stuk waterpyp vergeet vir die help losdraai. Die bandeplekke gebruik mos Gorillas om die wielmoere vas te draai.

Ek sien net een probleem. Waar gaan ek my Zimmerframe bêre as die al die pakspasie opgeneem is ?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 07:15

....jy wil NIE hierbo tussen Sodom en Gamorra langs die pad sit en wag vir assuransie nie. Ek spuit liewer daai wiel vol "gatvol" 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 07:20

Oulike stuk gereedskap, maar ek het nie nog plek om so iets ook saam te ry nie. Dan eerder Len se resep---sit op jou blaker en lig wiel met voete op. Ek kan al sien hoe oulike prentjie gaan dit maak as Marie die opsit werkie doen.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 12/01/2025 - 07:31

So gepraat van jacks wat nie pas nie. Ons het eendag vriende gehelp met karavaan se pap wiel. Met pap wiel was karavaan te laag om bottle jack onder as in te kry....gelukkig het ek n scissor jack gehad wat gemaklik onder in pas. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus