Forums
Ek bekyk die Milex verkoeler en wonder of die produk goed genoeg is om n karavaan van binne koel te hou. Ek wil nie n groot produk saamry nie en n gewone waaier is ook nie so doeltreffend nie. Hierdie Milex produk werk onder andere met water en sy prys is omtrent R399. Maurits
Maurits, ek weet van iemand…
Maurits, ek weet van iemand wat wel so verkoeler aangekoop het en gladnie beïndruk daarmee is nie. Dalk moet jy dit maar eers behoorlik toets of iets.
My indruk ...
... van die waterverkoelers is dat dit aanvanklik voel of dit die ruimte, waarbinne dit gebruik word, 'n bietjie koeler maak. Maar gou-gou is die lughumiditeit so hoog dat dit inderwaarheid onsmaaklik is om dit verder te gebruik.
Dit is dieselfde …
Dit is dieselfde as om 'n nat handhiek voor 'n gewone waaier te hang en baie goedkoper.
Al wanneer daardie verkoelers werk vir 'n rukkie is as jy 'n ysblok in plaas van water gebruik.
Soos tereg deur Chris genoem word dit verhoog die humiditeit.
Van die groter evaporative…
Van die groter evaporative coolers, werk uitstekend in ń droë omgewing. Jy sien op baie geboue in die Karoo omgewing . Self op van my geboue met propperse ducting laat insit. Puik.
My gevoel. In ń klein geslote area soos ń karavaan gaan dit nie perform nie. Tensy jy van die lug binne kan uitlaat, en permanent droë lug insuig vir die verkoeling.
Jan is ń aircon man, hy ken al die ins and outs van verkoeling.
Gaan lees gerus die ou gesprek
Hierdie gesprekslyn gaan oor die gebruik van ‘n losstaande lugversorger in ‘n wa. ‘n Waaier werk natuurlik ook, en mens kry nou groot herlaaibare waaiers ook.
Ek dink ...
... Maurits verwys na 'n water-verkoeler - of wat jy dit ookal noem. Dit wat hy in gedagte het is nie 'n draagbare "aircon" nie, maar dié soort wat vog in die lug inblaas. Help my reg as ek verkeerd is Maurits.
Ek kan net weer bevestig - my draagbare (donnerse swaar) "aircon" werk soos 'n droom. My ervaring van die water-lugverkoeler is gebasseer op wat ek destyds in my ma se huis ervaar het. Dit maak die lug koeler vir 'n tydjie, maar die humiditeit wat die ding veroorsaak raak onhoudbaar.
Milex verkoeler
Dit is soos Chris noem. Ek wil nie n lugversorger in my karavaan installeer nie toe het ek die verkoeler gesien. Ek dink julle het my tog oorreed om nie te koop nie,dalk maak die ding my net kwaad as hy nie doeltreffend in die wildtuin werk nie! Maurits
Vog in lug
Iemand het n keer op een van die forums vertel waar hulle so n water cooler in n kantoor gebruik het. Hulle het hom vir n middag aangelos en toe hulle terugkom in kantoor is alle papiere krom getrek van die vog. Daai vogtigheid soek ek nie in my woonwa nie....muurpapier wat kan los trek, kassies wat skeef kan trek, ensovoorts.....
Maurits...
...glo my, jy gaan 'n "aircon", hetsy soos Chris B s'n, of 'n permanent gemonteerde ene, geniet en nodig kry in KrugerNP.
Ons was verlede jaar daar, gedurende Julie, en temperature in Tsendze, Satara en Onder Sabie was amper elke dag tussen 33- 36C.
Ek is seker die Pine woonwa ou in Brackenfell kan dit baie netjies insit.