Goeiedag
Glo dit gaan kampgoed met almal
Ek het al weer n navraag vir die kampvriende
Ek sukkel om n Maand tarief te kry by Die Bergrivier Karavaan park in die Paarl. Volgens die bestuurder Ben het hulle nie n maand tarief nie. Ek het met n vergunning in Mei 2023 daar vir n maand gestaan en die Kaap platgery van daar af, nou wil ek weer dieselfde doen. Het baie lekker daar gestaan!
Nou my vraag:
1. Is daar ander kampers wat dieselfde probleem het om n maand tarief te kry by die oord of kamp hulle net nie daar nie ? En
2. Waar kan ek dan in daardie omgewing vir n maand kamp?
Groete
Kampvriend
Waar in die mooie Kaap wil jy rondry??
Naby die Paarl is ook nog De Oude Molen wat jy kan probeer.
In Brackenfell of langs Kuilsrivier golfbaan is daar 'n kleinerige netjiese plek, genaamd Van Zylsrus . Hulle telefoonnr is 082 657 7032. Daar is amper weer net lang staners.
Ek gaan die September seker vir die derde keer daar kampeer. Loer op internet na die plek
Baie dankie vir inligting. …
Baie dankie vir inligting.
Wil naby Wellington wees aangesien kinders daar bly. Dit maak oor en weer kuier baie maklik en lekker.
Sopas van Bergrivier gehoor dat hul maandtarief tentatief R7200 is. Dis bietjie buitensporig aangesien plekke soos Yellowsands, Morgansbay, Scottburgh, Mosselbaai, ens nog tussen R3200 en R4500 is.
Maar ek dink persoonlik hulle het nie lang staners soos ons nodig nie aangesien hul kampplekke blykbaar oor naweke vol is. Met my Mei 2023 besoek daar was daar maar bitter min mense vir die hele maand.
Dankie Wessel Oude Molen…
Dankie Wessel
Oude Molen neem ook nie maand staners nie. As jy wil staan is tarief R8200.
Van Zylsrus is darem net…
Van Zylsrus is darem net 48km vanaf Wellington.
Ouskip woonwapark ????
In Melkbosstrand is net ~60km van Wellington af, dalk kan jy dit ook oorweeg.
Dink mens kan dit as 'n reël…
Dink mens kan dit as 'n reël aanvaar dat parke wat meestal vol (lerig) is selfs buite seisoen nie sal bodder om maand pakette vir pensioenarisse aan te bied nie - hoekom sal hulle, daar is mos deurentyd voete/wiele wat deurbeweeg. Die prentjie sal anders lyk by parke wat meestal hulle inkomste tydens die seisoen maak met die park semi-verlate buite seisoen. Tipies, KZN kus parke het die probleem en ongelukkig moet hulle steeds onderhoud en salarisse dra elke maand, al is die kampers nie daar nie - vir hulle maak dit baie sin om die grootmens maand pakette aan te bied, minstens bied dit 'n redelike inkomste wat van tyd tot tyd aangevul word deur naweek werkende familie kampers. Voeg daarby dat die parke waarna ek verwys ook nog onder mekaar kompeteer om darem 'n redelike besettings syfer van grootmense te habdhaaf en die wenners is? Ek weet baie werkende jonger mense kla oor die "onregverdige voordeel wat ons oues van dae het, maar ons het ook maar volprys in hoogseisoen moes betaal toe ons beperk was deur skoolvakansies. Moet egter erken ek is verbaas dat die Kaap se parke nie juis grootmens maand pakette aanbied nie..maak mos nie sin nie? Of is hulle pryse so hoog dat hulle slegs op naweek kampers kan oorleef?
Goeienaand Grootwind My…
Goeienaand Grootwind
My denke is presies net soos jy dit uitspel. Dit maak net nie sin nie. As die maand kamp prys R3200 is en soos Bergrivier se naweek tarief R400, dan het die kamp vir vier naweke n staanplek beset. Veral in die af seisoen.
Ja daar is seker nou in die week kostes wat gedra moet word, dit verstaan mens. Maar ons sal dit so aanvaar en maar die ander ksmpe verder ondersteun.
Dankie vir die ander…
Dankie vir die ander kampvriende se kamp aanbevelings. Verder as so 20km is net agv tyd en brandstof koste net nie meer haalbaar om elke dag of wat deur te ry na Wellington toe nie. Veral as die brandstof koste in ag geneem word om van Pretoria daar te kom en weer terug!





Hi Welkom hier. Kyk gerus…
Hi
Welkom hier. Kyk gerus na www.gallivantingsa.co.za Feitlik alle lankstaan kampplekke is op hulle lys.
Groetnis