Lees ek nou van die ten volle elektriese bakkies wat Geely ter plaatse gaan bemark.
Die Li/Fe-battery se kapasiteit is 63kW.hr. Die enkel motor lewer 200kW en 384Nm maksimum.
Nou mis my logika iets. Die wringrag is seker voldoende vir sleep doeleindes, maar hoe lank voor die battery en pappery is. Teen 200kW is battery volgens my som na 'n ongeveer 19 minute dood.
Nou wat is tipiese krag wat motor benodig om in dorp rond te tjommel?? Gestel die motor werk net teen 63kw, dan kan mens net 'n uur ry
EV tegnologie
Een van die groot voordele van elektriese aandrywing is dat die dryf motor se draaimoment basies onmiddelik beskikbaar is (soos 'n trap uitset) teenoor diesel of petrol waar dit saam met die omwentelinge teenoor 'n kurwe styg. Maw elektriese aandrywing se draaimoment kan indien nodig onmiddelik maks draaimoment lewer (wat nie afhanklik is van die gekose omwentelinge nie). Voorbeeld hieronder....ek het in my jonger jare as deel van my M projek 'n radar se posisioneerder (servo stelsel) ontwerp wat met permanente magneet motors aangedryf was (en waarvan die magnete sg. "rare earth" magnete was - die einste materiale waaroor Trompie so kwyl by die Oekreiners!). EVs het basies een motor wat die hele voertuig aandryf, hetsy vol elektries soos bv die Nissan Leaf of die plaaslike Joule projek, of hibriede wat 'n kleinerige elektriese motor het wat aangevul word deur 'n tradisonele petrol of diesel enjin wat ook diens doen as battery laaier (bv die Toyota Prius). Aan die top punt van tegnologie (meestal beperk tot militêre voertuie) word daar 'n klein elektriese motor aan elke wiel gekoppel, en elkeen kan onafhanklik beheer word. Ons het in die laat '90's 'n Rooikat pantser voertuig gebou wat min of meer so 'n uitleg gehad het...mens kon selfs een kant se motors in die teenoorgestelde rigting laat draai en dus 'n sg. "pivot turn" doen! EV tegnologie is uiters indrukwekkend maar ongelukkig ook duur met battery tegnologie die beperkende faktor, veral as die elke 5-10 jaar vervang moet word...teen groot koste.

En hier is ‘n regte een
Die video hier bo lyk na ‘n KI slenter, maar hier is ‘n regte 6x6 Toyota wat plaaslik gebou word. Hoe lyk dit Wessel?
Verkeerde gesprekslyn
My twee insette hier bo moes by Alternatiewe sleepvoertuie gewees het. Kan iemand dit skuif asb?
6x6 Toyota
Daardie video en inset van Chris S wys net hoeveel kundigheid is plaaslik te vinde en versteek in klein niche besighede.
Ek sou graag die camper se binnekant wil sien.





Ek kan nie ...
... op hierdie onderwerp saamgesels nie. Dit is aspekte waarvan ek niks weet nie en wat my ook nie aangaan nie. Ek reken teen die tyd wat elektriese voertuie werklik 'n faktor in hierdie land word (indien ooit - Eskom???) rus hierdie oukêrel lankal met sy houtjas by die langboompies.