Goeie hout, ek het so 'n stukkie dun ketting wat ek om die as van wieletjie sit, en dan om iets solied met slotjie vassluit. Met die boswa is daar nie 'n veselglas dop oor die A-raam nie, en die neuswiel se monteermeganisme bied 'n lekker vasmaak plek.
Jy sal maar moet kyk met die padwa wat se opsies jy het om vas te maak, selfs met dik kabelstroppe kan ook werk, in plaas van ketting.
Baie neuswiele se ontwerp is mos sodanig dat as jy wieletjie opdraai, dit in 'n groef sluit. Solank as wat wieletjie NIE in rondte kan draai nie, kan dit mos nie laer sak nie, of is ek verkeerd???
Doen ook soos Chris. …
Doen ook soos Chris. Nog nooit probleem gehad nie ook nie met karavaan wat sak met jockey wiel nie.
Maak altyd dubbel seker dat hy mooi vasgedraai is.
Jockey wiel bo bly
Dankie julle. Ek sal volgende keer elbow ghries in sit.
Jammer Chris B dat ek jou draad amper gekaap het....





Ek trek die neuswiel ...
... so hoog moontlik op - die wiel "verdwyn" bykans in die A-raam. Dan draai ek dit stewig vas met die "lever" (vir daardie doel). En "touch wood" - ek het nog nooit enige probleme ervaar met die neuswiel wat sak nie.