Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Kokoriba

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Klaar opgeslaan by Kokoriba vir die lang naweek. Oord is stampvol

Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/05/2025 - 13:18

...skaduwee lyk heel bruikbaarlaugh

Ek hoop die weer bly so mooi vir res van die naweek.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 01/05/2025 - 20:12

Nog een van die oorde op my emmerskoplysie. Maar dan moet die emerskoppery nie té gou opdaag nie.

0
Pretoria

Geert

Fri, 02/05/2025 - 06:23

Het gisteraand net betyds klaar gebraai voor n goeie reenbui geval het

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/05/2025 - 06:49

...na aanleiding van foto van grondpad en waarsku bord, mag mens met eie voertuig op 'n wildrit gaan??

Is daar wild, en is Kokoriba 'n alternatief vir Pilanesberg.??

Kan jy glo, ek het nog net 1 keer by Dube gaan kamp, en by geen ander plek rondom Brits nie.  

0
Pretoria

Geert

Fri, 02/05/2025 - 07:04

Nee, Wessel, jy mag nie met eie voertuig wildsbesigtiging doen nie. Vroeer het hulle golf karretjies gehad, maar sien dis nou vervang met klein Suzuki karretjies. Ons wou gister middag een huur, maar was reeds vol bespreek gewees. Ons wil kyk of ons vandag geleentheid kan kry. 

Dis beslis nie vervanging van Pilanesberg nie....hierdie is meer soos Dube, ook nie baie groot nie, maar baie mooi veld

Oorkant die Thabazimbi pad is Bush n Buck....ook n baie lekker oord met wild

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/05/2025 - 07:40

Dankie Geert, dis hoe ek die situasie onthou het. 

Ek sal dan maar eerder weer Pilanesberg toe gaan, al is Manyane nie vergelykbaar met Kokoriba se vele netjiese geriewe nie. Ons verkies om eerder 4-5 ure per dag in die veld rond te kruie agter diere aan. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 02/05/2025 - 11:42

Terwyl ons in Buffelspoort gewoon het het ons 'n paar maal daar gaan kamp-maak en dit vreeslik geniet. Ek onthou die eerste keer - ons het nie geweet hoe dit daar werk nie, en dan ook nie ons fietse saamgeneem nie. Daar gekom het ons verneem dat mens in die veld met wild mag gaan fietsry. Daar was fietse te huur, wat ons dan ook gedoen het. Ons het heelwat boksoorte gesien en dan ook 'n ou kameelperdbul wat nie baie ingenome met ons was nie. Die groot pret was egter om die dik sand op die paaie te trotseer....

Die tye wanneer ons daar was was daar baie minder kampeerders wat dit 'n lekker boservaring gemaak het.

Geniet julle kuier.

0
Pretoria

Geert

Fri, 02/05/2025 - 18:35

Ons het gedink vanaand gaan koue renerige aand wees....is koelerig, maar wolkloos en windstil. Kyk hoe lekker lyk braai vure uit lug. 

Ons braai ribbetjies en wors vanaand met aartappel slaai 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 03/05/2025 - 12:03

Dit lyk na ‘n lekker bederf. Ek sou wat wou gee om net in die bosveld te wees, en dan sit jy nog met so ‘n bord voor jou!

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/05/2025 - 12:56

...met so 'n ontbyt van formaat, kan mens hou tot aandete. 

Julle moet Kokoriba geniet, res van naweek is sonder reën, volgens YR.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus