Ek weet nie of daar reeds so n draad is nie, maar ek het klompie vrae oor wildtuin wat ek oor volgende klompie dae sal vra...almal welkom om ook hul vrae te vra
Geert ...
... jy ry weer by jou volgende hek (bv Malelane) in met jou bestaande dokumentasie wat jy ontvang het toe jy die eerste keer ingegaan het. Hulle sal by Krokodilbrug vir jou 'n "re-entry" stempel op jou permit plaas as jy verduidelik dat jy weer by Malelane ingaan. By Malelane aangekom, ry jy reguit na die hek toe en wys net jou permit-dokument.
spesiale uitklaar permit
Geert, ek het dit nog nie self gedoen nie. Blykbaar kry mens 'n spesiale uitgaan permit, wat jy net toon by hek, om weer in te kom.
Dis seker maar dieselfde as om uit te gaan vir winkels, en weer in te kom.
Chris B sal dalk beter weet.
Ek het ook Skukuza om gery, en dit as wildrit beskou.. Beter as die trokke tussen Komatiepoort en Marloth.
Min energie.
Wildehont sal seker mooi kan vertel. Wat ek wel kan deel is dat predatore opportunisties is. Maw as hy geleentheid het om te vang, doen hulle dit. Soos bv ń kat in ń duiwehok of ń hond in ń hoenderhok, selfs leeus in ń beeskraal is voorbeelde.
So jou luiperd het bes moontlik ñ Rooibok gekry wat slaap, en dit was maklik om te vang. Daai ou storie van hoeveel energie hy gaan gebruik vir die resultaat. Min genoeg vir die poging om suksesvol te wees en daar hang sy beloning in die boom vir later.
Uit / in
Dis seker maar dieselfde as om uit te gaan vir winkels, en weer in te kom.
Ons het toe uitgegaan by Krokodilbrug en weer in by Malelane. Is soos Wessel sê...gebruik dieselfde dokumentasie as winkel toe gaan.
Ek dink nie ons sal dit weer doen nie....daai ruk op N4 breek baie van jou rustige tyd binne KNP. Sal maar volgende keer weer via Skukuza gaan
Waarskynlik ‘n mannetjie
Hoekom sal n luiperd n bok doodmaak, in n boom sit en dan verkas vir die res van die dag?
Luiperds is territorial. Mannetjies beset en merk ‘n gebied af. Dit oorvleuel met wyfies se gebied/e maar nie met ander mannetjies nie. Die mannetjies is natuurlik groter en sterker as die wyfies en meer geneig om vangste in bome op te trek, meestal om te voorkom dat hiënas dit afneem. As dit eers in ‘n boom is, is dit redelik veilig vir ‘n mannetjie om dit daar te los om later te vreet. Kon julle sien dat daar definitief glad nie aan die karkas gevreet is nie? Luiperds vreet gewoonlik vier dae lank aan so ‘n grootte prooi en rus tussendeur of klim af om water te gaan drink.
Chris Wildehont
Bee, daar was niks aan ge-eet nie. Was nounet weer daar....alles weg
Wind en stof
Augustus kan naar wees as mens die winde tref (eintlik hulle vir jou). Ons het dit al een aand in Shingwedzi en een aand in Tsendze gekry - beide in Julie. Groot gemors gewees.
Beste tyd vir wild....
....besigtiging.??? As 'n ou Kruger besoeker is ek nou sommer lekker bemoerak![]()
![]()
Ek spandeer 21 dae gedurende Meimaand in Kruger, omtrent 5 voldae in B&D, en het relatief min gesien. Veral die tyd by B&D. Nou wonder ek;
1] trek die wild vir die wintermaande na die suide, met die katte agterna?? Ons het eers van Satara af, en op na Tsendze begin wild en katte kry.
2] julle ouens [Geert, Boucher jnr] wat so gelukkig is met katte en wildehonde om B&D, watter tyd van die dag was dit??
3] Wat is die bygeloof![]()
, ry julle vroeg-vroeg uit, ry julle tot voor hek toemaak tyd in die veld, of is/was julle net gelukkig??
My buurman is oortuig dat as die wind waai, en\of dit reenerig is, kan mens maar vergeet om wild te kry. Hy glo hulle skuil in laagtes en lopies teen die onweer.
In beide gevalle ...
julle ouens [Geert, Boucher jnr] wat so gelukkig is met katte en wildehonde om B&D, watter tyd van die dag was dit??
... waar my seun gister die leeus en vandag die wildehonde gesien het, was vroegoggend - pas na hek-oopmaaktyd.
Vroeg
Vroeg oggend is seker die beste tyd, maar ons kry hullle basies enige tyd van die dag. Ons is nie baie suksesvol laat middag nie. Ons het hierdie trip elke keer tussen 7am en 7h30 in veld gegaan. Byvoorbeeld die luiperd wat op die S110 geloop het was omtrent 2-uur die middag gewees. Ons ry baie....so 150 tot 200 km n dag
Dit is dan seker ...
... hoekom ons so min sien - ons gaan ry te laat en te min. Selde dat ons meer as 100 km op 'n dag ry. Maar ek moet darem dadelik bysê - ons hele doelwit vanjaar was om vir 'n maandlank net te gaan uitspan en ontspan. Dit was heerlik om sommer net in die kamp "rond te hang" en laat te slaap, of minstens net laat te lê, want die voertuie wat al 'n halfuur voor hek-oopmaaktyd "op-start" laat jou nie juis toe om laat te slaap nie.
Hek oopmaak tyd....
...is vir ons ook te vroeg. Daarmee het ek vrede gemaak, ons ry uit sodra ons reg is, geen "moet" om teen vasgestelde tyd by hek uit te gaan nie. Meestal is dit net so kort voor 08h00.
Ons sal selde tot toemaaktyd in die veld wees, slegs as iets besonders ons aandag verg. Ons verkies om eerder toustaan vir storte vry te spring, en dan rustig vuur/kos te maak.





Weer in ry staan?
Ons volgende kamp is Lower Sabie. Van daar af gaan ons Berg en Dal toe. Ons het in verlede altyd deur die wildtuin via Skukuza gery, maar oorweeg dit om moontlik via Krokodilbrug buite om en weer in by Malelane hek. Moet mens weer in die ry staan om in te boek by Malelane....of ry mens net in met huidige papier werk?