Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -8 seconds ago
Frankryk Springbok rugby Geert -12 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -20 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -20 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -21 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -22 hours ago

Vrae oor die wildtuin

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ek weet nie of daar reeds so n draad is nie, maar ek het klompie vrae oor wildtuin wat ek oor volgende klompie dae sal vra...almal welkom om ook hul vrae te vra

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 20/06/2025 - 05:02

Ons volgende kamp is Lower Sabie. Van daar af gaan ons Berg en Dal toe. Ons het in verlede altyd deur die wildtuin via Skukuza gery, maar oorweeg dit om moontlik via Krokodilbrug buite om en weer in by Malelane hek. Moet mens weer in die ry staan om in te boek by Malelane....of ry mens net in met huidige papier werk? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/06/2025 - 10:18

... jy ry weer by jou volgende hek (bv Malelane) in met jou bestaande dokumentasie wat jy ontvang het toe jy die eerste keer ingegaan het. Hulle sal by Krokodilbrug vir jou 'n "re-entry" stempel op jou permit plaas as jy verduidelik dat jy weer by Malelane ingaan. By Malelane aangekom, ry jy reguit na die hek toe en wys net jou permit-dokument.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/06/2025 - 10:20

Geert, ek het dit nog nie self gedoen nie. Blykbaar kry mens 'n spesiale uitgaan permit, wat jy net toon by hek, om weer in te kom.

Dis seker maar dieselfde as om uit te gaan vir winkels, en weer in te kom.

Chris B sal dalk beter weet.

Ek het ook Skukuza om gery, en dit as wildrit beskou.. Beter as die trokke tussen Komatiepoort en Marloth.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 26/06/2025 - 18:16

Hoekom sal n luiperd n bok doodmaak, in n boom sit en dan verkas vir die res van die dag? Nog niks ge-eet van die bok nie. Sou dink hy is honger as hy jag en direk eet na vangs? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 26/06/2025 - 18:35

Wildehont sal seker mooi kan vertel. Wat ek wel kan deel is dat predatore opportunisties is. Maw as hy geleentheid het om te vang, doen hulle dit. Soos bv ń kat in ń duiwehok of ń hond in ń hoenderhok, selfs leeus in ń beeskraal is voorbeelde. 

So jou luiperd het bes moontlik ñ Rooibok gekry wat slaap, en dit was maklik om te vang.  Daai ou storie van hoeveel energie hy gaan gebruik vir die resultaat. Min genoeg vir die poging om suksesvol te wees en daar hang sy beloning in die boom vir later.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 27/06/2025 - 07:30

Dis seker maar dieselfde as om uit te gaan vir winkels, en weer in te kom.

Ons het toe uitgegaan by Krokodilbrug en weer in by Malelane. Is soos Wessel sê...gebruik dieselfde dokumentasie as winkel toe gaan.

Ek dink nie ons sal dit weer doen nie....daai ruk op N4 breek baie van jou rustige tyd binne KNP. Sal maar volgende keer weer via Skukuza gaan

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 27/06/2025 - 08:30

Hoekom sal n luiperd n bok doodmaak, in n boom sit en dan verkas vir die res van die dag?

Luiperds is territorial. Mannetjies beset en merk ‘n gebied af. Dit oorvleuel met wyfies se gebied/e maar nie met ander mannetjies nie. Die mannetjies is natuurlik groter en sterker as die wyfies en meer geneig om vangste in bome op te trek, meestal om te voorkom dat hiënas dit afneem. As dit eers in ‘n boom is, is dit redelik veilig vir ‘n mannetjie om dit daar te los om later te vreet. Kon julle sien dat daar definitief glad nie aan die karkas gevreet is nie? Luiperds vreet gewoonlik vier dae lank aan so ‘n grootte prooi en rus tussendeur of klim af om water te gaan drink. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/06/2025 - 08:06

Wie het al in Augustus in wildtuin kampeer? Hoe is weer dan? Baie winderig? ....of is Junie/Julie beter?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/06/2025 - 08:16

Augustus kan naar wees as mens die winde tref (eintlik hulle vir jou). Ons het dit al een aand in Shingwedzi en een aand in Tsendze gekry - beide in Julie. Groot gemors gewees.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/06/2025 - 08:48

...ons was al in Julie, net na skoolvakansie in Kruger. Geen winde ervaar nie, maar redelik warm gevind.

Ons het natuurlik ook geen reen gehad nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/06/2025 - 10:23

....besigtiging.??? As 'n ou Kruger besoeker is ek nou sommer lekker bemoeraklaughlaugh

Ek spandeer 21 dae gedurende Meimaand in Kruger, omtrent 5 voldae in B&D, en het relatief min gesien. Veral die tyd by B&D. Nou wonder ek;

1] trek die wild vir die wintermaande na die suide, met die katte agterna?? Ons het eers van Satara af, en op na Tsendze begin wild en katte kry.

2] julle ouens [Geert, Boucher jnr]  wat so gelukkig is met katte en wildehonde om B&D, watter tyd van die dag was dit?? 

3] Wat is die bygeloofwinklaugh, ry julle vroeg-vroeg uit, ry julle tot voor hek toemaak tyd in die veld, of is/was julle net gelukkig??  

My buurman is oortuig dat as die wind waai, en\of dit reenerig is, kan mens maar vergeet om wild te kry. Hy glo hulle skuil in laagtes en lopies teen die onweer. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 30/06/2025 - 11:49

julle ouens [Geert, Boucher jnr]  wat so gelukkig is met katte en wildehonde om B&D, watter tyd van die dag was dit?? 

... waar my seun gister die leeus en vandag die wildehonde gesien het, was vroegoggend - pas na hek-oopmaaktyd. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/06/2025 - 13:28

Vroeg oggend is seker die beste tyd, maar ons kry hullle basies enige tyd van die dag. Ons is nie baie suksesvol laat middag nie. Ons het hierdie trip elke keer tussen 7am en 7h30 in veld gegaan. Byvoorbeeld die luiperd wat op die S110 geloop het was omtrent 2-uur die middag gewees. Ons ry baie....so 150 tot 200 km n dag

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 30/06/2025 - 14:16

... hoekom ons so min sien - ons gaan ry te laat en te min. Selde dat ons meer as 100 km op 'n dag ry. Maar ek moet darem dadelik bysê - ons hele doelwit vanjaar was om vir 'n maandlank net te gaan uitspan en ontspan. Dit was heerlik om sommer net in die kamp "rond te hang" en laat te slaap, of minstens net laat te lê, want die voertuie wat al 'n halfuur voor hek-oopmaaktyd "op-start" laat jou nie juis toe om laat te slaap nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/06/2025 - 15:26

...is vir ons ook te vroeg. Daarmee het ek vrede gemaak, ons ry uit sodra ons reg is, geen "moet" om teen vasgestelde tyd by hek uit te gaan nie. Meestal is dit net so kort voor 08h00. 

Ons sal selde tot toemaaktyd in die veld wees, slegs as iets besonders ons aandag verg. Ons verkies om eerder toustaan vir storte vry te spring, en dan rustig vuur/kos te maak.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus