Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Wessel
Ek dink nie die wildtuin sal enigsins "feature" vir die Bouchers gedurende 2026 nie. Dit is glad nie op volgende jaar se radar nie - die winterprogram lyk bietjie vol wat beplanning aanbetref. Nog 'n maand by DWS gedurende Jan/Feb en 'n kort bootreis (RSG Oppiwater Kunstefees) gedurende Apr, sowel as 'n beplande besoek by ons ver kinders gedurende Jun/Jul/Aug, laat my nie met tyd (en veral fondse) vir langpad wildtuin toe nie.
Gelukkig het ek darem die voorreg gehad om vanjaar 30 aande in die wildtuin te kon wees.
Dumela Wilderness kamp
Ek kyk mos taamlik gereeld reis video’s op YouTube. Gisteraand kyk ek een van twee pare met Prado 150’s en ‘n Invader en UEV onderskeidelik wat Gonarezhou toe is. Hulle wys onder andere hoe hulle by Dumela Wilderness camp net anderkant Pafuri grenspos in Mosambiek oorstaan. Dit lyk nou na ‘n opsie om die drie aande wat ek nog kort 4-7 Julie volgende jaar in te vul. Ons is bespreek by Shingwedzi van 1-4 en Punda Maria van 7-12 Julie. Ek wag om te hoor of hulle vir ons plek het, maar dis seker al vol bespreek. Hou duim vas.
Dumela kamp
Dit lyk nou wraggies aantreklik. Net die plek vir ouens met boswaens en tente!!!
Ek wonder net;
1] moet mens 'n Prado hê
, of 'n 4x4
2] nog nie op google gekyk nie, maar ry mens deur die Limpopo of Luvubu riviere
3] ek kon nie op hulle blad agterkom hoe die ablusies lyk en behels nie. Dit lees asof hulle donkie warmstelsel het.
Dumela se ligging
Dis net afstroom van Crooks corner af, op die Limpopo se Suidelike oewer. Ek is nie seker of mens 4x4 benodig om daar te kom nie. Ek glo nie daar is krag en sulke luukshede nie. Lyk ook of daar nie baie son op die grond uitkom nie. As ek plek kry sal ek dalk maar ‘n LifePo4 battery moet aanskaf.

Wilderness Safaris ??
Kan die kamp behoort aan Wilderniss Safaris? Ek ken hulle as ń groep wat vir die US dollars cator. Kunene riviermond, invlieg tipe Kampe wat vrek ekskusief is. Het vir hulle gebou in die Seychelle aan ń oord wat die wêreld se top bestemming was. Die Pitts, Clooneys en Royals het daar uitgehang. Nag duur gewees.
Hulle het vir Von ingevlieg, en ons twee het vir Å„ week in een van die Villas gebly net voor dit oopgemaak het.
Wilderness Safaris
Herman, ek het gou op google gaan loer. Hulle spreek verskeie lande aan, maar niks oor Mosambiek nie.
Ek betwyfel dus of daai maatskappy enige belang by die genoemde plek het. Laasgenoemde behoort aan 'n familie besigheid, volgens Dumela se webblad.
Nie Wilderness Safaris nie
Dumela is nie deel van Wilderness Safaris nie. As hulle was sou ek dit nie kon bekostig om daar te bly nie. Wilderness Safaris bied in elk geval nie kampering nie. Ek was vir ‘n onderhoud by hulle toe ek werk gesoek het in Botswana. Die onderhoudvoerder vra toe wat sal ek sê as hy sê ek het die werk maar ek moet my hare (wat toe nog lank was) sny? Ek sê toe dis ‘n vreemde vraag, want my meisie wat saam met my vir die onderhoud was het dan ook lang hare en hoef dit nie te sny nie. Ek het nie die werk gekry nie.
Dumela het vir my ‘n kwotasie gestuur. Dis nie veel duurder as kampering in die Krugerwildtuin nie. Die drie aande sal vir ons vier R1950 kos. Ons sal egter paspoorte moet kry @ R600 pp. Ek het nog nie vir mamma oortuig nie, maar ek sal vanaand verder probeer.
Terloops, het Oom Neef nie dalk in Seychelle saam met Sakkie Hoon gewerk aan die bou van die luukse lodge nie?
Pasgebore is te oud
Is jou kinders al te oud om op die ouers se paspoort geregistreer te word?
Sakkie Hoon ?? Lui nie ń…
Sakkie Hoon ?? Lui nie Å„ klokkie nie. Wat was sy veld?
Ons het op ń privaat eiland gebou so 40km Noord van Mahé. North Island. Gaan Google die naam. Wilderness was een van die groep van 4 wat ontwikkel het. Hulle sou, of het dit bestuur.
Hy was ‘n bouer
Sakkie was ‘n bouer. Nie seker presies wat hy daar gedoen het nie maar dit klink na dieselfde projek. Dit was 2001/2 rond.
Bespreking by Dumela Wilderness Safaris is bevestig
Lourens vat so twee dae om e-pos en WhatsApp te beantwoord, maar hy het vanoggend bevestig dat daar genoeg sonlig by ons staanplek is van 09:00 tot 15:30 om batterye te laai. Ek het die deposito betaal en ons bespreking is bevestig. As ons volgende jaar kan gaan, sal ons net drie aande by Shingwedzi wees, maar sal daarna drie aande by Dumela wees voor ons vyf aande Punda Maria toe gaan en dan afsluit met vier aande by Tsendze.
Dumela staanplekke ens
Wessel, staanplek 2 by Pel’s kamp is aan ons toegeken. Ek glo as mens weet watter staanplek jy verkies jy dit sal kan versoek. As alles ten goede meewerk en ons daarheen gaan volgende jaar sal ek ‘n ordentlike resensie doen.
Daar is blykbaar roetes wat mens mag ry met jou eie voertuig, maar 4x4 word aanbeveel. Mens kan saam met ‘n gids gaan stap en bootritte onderneem. Die kostes is nie buitensporig nie. Ek glo, soos met die verre Noorde van die Krugerwildtuin, die fokus is meer op voëls as soogdiere. Ek is maar net lus vir ‘n avontuur. Weens my risiko vir retinale loslating wil ek nie te ver in die boendoes ingaan nie, en die is darem nog digby SA.
Ek hoop die beplande toer realiseer. Dis moeilik om te dink dat ons net drie aande by Shingwedzi sal hê, maar hopelik vergoed die ervaring by Dumela daarvoor.
Benoude oomblik
Vanoggend voor werk wou ek iets kyk op my Sanparke profiel, toe is ons bespreking vir volgende jaar in die Krugerwildtuin nie onder bestaande besprekings nie. Ek stuur toe ‘n e-pos met die deposito versoek brief van hulle af wat aandui dat ek die balans van minder as R600 eers in April hoef te betaal, en vra dat hulle die fout regstel. Intussen het hulle darem laat weet dat my bespreking geldig is, en dat dit net ‘n fout op hulle stelsel is dat dit nie vertoon op my aanlyn profiel nie.
Paniekaanval
Chris, jy is gelukkig dat jy dit as benoud beskou. Ek sal summier Å„ paniekaanval beleef. Net soos waneer ons ry en ek begin rondvoel vir die selfoon en wallet. ![]()
Skriftelike bevestiging het gehelp
Ek wou paniekerig raak, maar die brief wat ek van hulle ontvang het ter bevestiging het dit net-net voorkom. Ek het al gesien hoe moet ek baklei met hulle om dit weer bevestig te kry omdat hulle die bevestiging nie eerbiedig nie.
Ek wonder of dit is omdat ek deur Ezibookings aanpassings gemaak het aan die bespreking nadat ek by Dumela Wilderness kamp bespreek het van 4-7 Julie. Dalk is hulle stelsels nie perfek geïntegreer met mekaar nie. My verligting was egter groot toe ek ure later ‘n e-pos ontvang wat sê my bespreking staan.
Ekstra aand
Ek kort nog die aand van 1 Augustus, maar kan eers 2 September bespreek vir Augustus. Ons het sover Malelane bo Berg en Dal gekies....die klein kampie het ons laasjaar geniet. Enigste nadeel is die dorp en "lawaai " anderkant die Krokodil rivier, maar was darem nie te erg. Ek verkies egter die staanplekke wat noord kyk
Môre moet ek bel vir daai 1x aand wat ek vir Augustus kort. Noudie dag was al die aande van daai naweek bespreek gewees....gaan blykbaar oor n wedren wat daai naweek by Skukuza gehardloop gaan word, maar mense bespreek Pretoriuskop, Lower Sabie en Malelane lyk my ook vir verblyf.
Ek het sal egter daai naweek weg bly van Skukuza area....nie voorstaander om atlete te besigtig as ek daar vir wildtuin ervaring is nie





Chris B
Jy bedoel seker "nog nie bespreek nie"