6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -39 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -48 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 10:30

Ek wil bitter graag van Letaba na Tsendze sleep, middel Mei. Die manne het dus 2 maande om klaar op te vul, en vas te stamp. Dit hoef nie geteer en gevee te wees nie.

Hulle kan sommer daai baie olifante inspan om die vastrap werk te doen. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 16:36

Dankie Geert, daai foto gee baie vertroue en hoop. My lus vir Kruger sleep omtrent op die grond.

Ek begin daaraan dink om my modus operandi te verander, en sommer paar keer per jaar te gaan, ipv. 1 lang besoek per jaar.  

Ek gaan seker maar deur my nek betaal vir diesel Meimaand, maar hopenlik is die rede vir 'n goeie saak. 

Worcester

Wildehont

Fri, 06/03/2026 - 16:41

Ek gaan seker maar deur my nek betaal vir diesel Meimaand

Dink net wat dit my gaan kos as ons wel gaan in Junie/Julie.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/03/2026 - 08:12

Sekerlik vir my die beste wildtuin nuus. 

My vriend sleep komende Vrydag vir week na Maroela toe. Blykbaar reën dit in Timbavati se opvangarea en dit vloei steeds sterk by Maroela.

Hy gaan via Dullstroom, Lydenburg na Orpen hek sleep. ek sal laat weet wat sy padindrukke was.  

Pretoria

Geert

Tue, 10/03/2026 - 18:23

Timbavati se opvangarea en dit vloei steeds sterk by Maroela.

Die laagwater brug buite Skukuza oppad Tshokwane toe het laasweek Dinsdag weer oorgeloop vir n rukkie. Afgelope Saterdag weer gard gereen by Skukuza en noord...blykbaar 70mm in n uur. Gelukkig darem net van kort diur, so nie skade nie

Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/03/2026 - 17:48

....se fotos maak my sommer sterk honger. Dit lyk of dit redelik stil daar was.

Pragtige fotos, veral die ene van die luiperd!!!

Ag nee man, moes jy nou daai naby skoot van olifant hier plaas. Ek gaan net gou stortlaughdevil

Worcester

Wildehont

Wed, 11/03/2026 - 20:12

Ek is bly die groot water het nie die diere weggespoel nie. Die Suide is darem maar puik vir wild kyk (solank dit buite seisoen is). 

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/03/2026 - 20:12

Dankie Geert.  Al is ons wegbreek nog in die verre verskiet en dink ek min daaraan, raak ek elke keer opgewonde wanneer ek jou foto's sien. MĂŽre oor vier weke klok ons ook by die wildtuin in. Gaan nie probeer om met jou foto's te kompeteer nielaugh

Vir Wessel: moenie nagmerries oor die olifant hĂȘ nie - hy lyk vir my  b a i e  oud en al oor sy kwaaigeitlaugh

Pretoria

Geert

Wed, 11/03/2026 - 21:34

Vanaf Sanparks se blad 

Ref: 9/2/2 – 26 - KNP
Wednesday, 11 March 2026,    

Bridge 1 of / 1,

MEDIA RELEASE

For immediate release

UPDATE ON THE RE-OPENING OF LETABA HIGH WATER BRIDGE

The re-opening of Letaba High-Level Bridge in the north of Kruger National Park (H1-6) tar road has been rescheduled to 18 March 2026, which is a few days later than the initially anticipated date of 13 March 2026. This change in dates has largely been necessitated by rainfall over the past week that resulted in the technical team losing approximately three days of production.

The bridge was extremely damaged during the devastating floods of January 2026, requiring extensive repairs. 

Measures have been put in place to accelerate the remaining work required to re-open the bridge.

For previous media statements please go to www.sanparks.org

                                                                                                                        

Ends

South African National Parks (SANParks).

JP Louw: SANParks Head of Communications and Spokesperson.

Media enquiries: 

Reynold “Rey” Thakhuli: General Manager: Communications, Kruger National Park. Tel: 013 735 4363, Cell: 073 373 4999 or Email: rey.thakhuli@sanparks.org

Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/03/2026 - 06:29

....dankie vir inligting. 

Die olifante moet ophou fotografiese modelle speel, en hulle pote roer om die opvullings te gaan vastrap.!!!laugh

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/03/2026 - 19:36

My vriend is gister na Maroela kamp. Hy het oor Dullstroom, Lydenburg deur my tonnel gesleep.

Hy het lieflike staanplek reg voor teen die draad gekry. Die Timbavati vloei nog sterk.

Hy het baie swaar gesleep, volgens hom is die pad vanaf Dullstroom net uiters vrot. Vol slaggate, en nog boonop gereĂ«n ook. 

Pretoria

Geert

Sat, 14/03/2026 - 20:14

Ek pas maar my planne aan om by Malelane in te ry al is daar nou baie padwerke op Schoemanskloof en kloof tussen Nelspruit en Malelane. Onluste ook gereeld op nuus by ander hekke se paaie 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus