Dink ek nou terug aan montagu se woonwapark. Hulle het 'n fantastiese stelsel daar toegepas;
1] kragverbruik meters
2] kragpunt uniek gesluit
Die doel is om die kampeerder wat buitensporig elektrisiteit gebruik te laat betaal. Jy word 'n sekere aantal eenhede/dag toegelaat, as deel van jou kampfooi.
Die toesluit van jou staanplek se kragpunt is net die oplossing vir Kruger se kragpunt probleem. Elke staanplek se kragpunt is met unieke slot gesluit. As jy aankom en inboek, kry jy daai sleutel vir slegs jou enkele staanplek.
Niemand kan dan intrek, sonder amptelike inboek, en net krag tap nie. As daar twee woonwaens op 'n staanplek staan, dan moet hulle die enkele punt deel.
Dit kan egter slegs werk as alle staanplekke genommer is, en jy 'n spesifieke nommer bespreek, of dan toegeken word.
Wat dink julle, kan dit werk???
Kruger park infra struktuur
Ek stem saam Chris S, maar dit kan gedoen word.
Almal behoort verheug te wees as daar orde kom met duidelike afgemerkte staanplekke, met gemerkte kragpunte.
Dit gaan in die begin vreemd wees om 'n spesifieke staanplek, vanaf 'n netjiese oordkaart te bespreek. Dit gaan net die 1ste keer gebeur dat mens 'n slegte plek [toegeken] gaan kry. Daarna gaan jy mos weet watter is lekker plekke. Dit gaan wees soos in Tsendze, waar elkeen maar sy eie voorkeur staanplek het.
Dit sal gaaf wees, maar…
As mens kyk hoe chaoties dit tans is wanneer besprekings oopmaak vir Julie skoolvakansies weet ek nie of die Krugerwildtuin se logisitieke opgewasse is vir so stelsel nie. Selfs Tsendze met minder as 40 staanplekke verloop nie seepglad nie.
Sou hemels wees in KNP
So iets sou baie welkom wees....nie net in Kruger nie, maar oral. Ongelukkig sal so iets nie prakties haalbaar wees in KNP nie, daai personeel sal NOOIT so n stelsel kan bestuur nie.
Daar is heelwat selfsugtiges wat aircons 24/7 laat hardloop. Daai knaap met wie ons vroeer vanjaar vasgesit het in Satara oor hy 3x kragpunte gebruik vir 1x staanplek het soggens voor 7am kamp verlaat rn net voor 6 terug gekom, dan kuier hy tot 11pm buite....intussen loop daai aircon heeltyd....twyfel of hy dit sal doen as hy fisies sy eie krag moes betaal
Reels en regulasies
Hoe meer reels en regulasies daar is hoe meer moet dit gepolisieer word en dit skep ongemaklikheid en oneenigheid.
Daar is al menigde keere in Tsedzeleka bolle gerol oor staanplek nommers.
Wees bedagsaam en respekteer jou medigde kampers en die kamp bestuur....dan sal dit goed verloop. Moet ook nie die swakheede in n' stelsel soek en dit dan probeer uit buit nie. Soos die bespreeking stelsel in KNP. Vra altyd vir jouself....As almal doen wat ek nou will doen.....sal dit gahous wees? As die antwoord "ja" is moet dit nie doen nie. "Do unto others as you wish to have done to yourself"
Hallejua
Ek sal dit ondersteun wat Wessel se. Bv op SATARA moes on op 1 staanplek 2 karavan huisves, want die menere het krag kabels wat skrik vir niks. Ek het die kabels gesien en gevolg en fotos geneem. 3 kabels na 1 karavaan.
As ek daai ou ontmoet sal ek.... al is ek nie te groot...
Ek neem elke woord in ...
... wat Paul hierbo sê, maar dit sal darem baie probleme uitskakel as dieselfde in Krugerwildtuinkampe kan gedoen word soos in meeste ander Nasionale Parke se kampeerterreine (en ander oorde) - waar staanplekke ordentlik afgemerk is en kragpunte duidelik gemerk is.
Etiket
In wildtuin kampeer volgens my baie wat nie etiket het nie. Plek soos Satara se staanplekke is afgemerk....maar gebeur daagliks dat ander hulself inwurm op jou staanplek. Dis hoekom ons nie meer daar teen heining staan nie....al paar keer gebeur dat ons uit veld kom, dan iemand weer bo op jou staan op jou staanplek. Ek sien daar is selfs YouTube videos wat mense plaas en sulke mense "name en shame ". Hulle kragpunte is volgens my goed versprei....1x per staanplek, maar dan kry jy daai egoiste wat nie kampeer etiket het nie wat 3 punte gebruik vir 1x staanplek en sy kampeer bure sonder krag los. En as jy vra vir krag is hul nog ongeskik ook.





Dit benodig beter infrastruktuur
Nie net sal staanplekke duideliker afgemerk en genommer moet word nie, maar elkeen sal ‘n eie kragpunt moet kry. As ek bv aan Shingwedzi dink, staan mens soms baie ver van die naaste kragpunt af. Daar is ook geen aanduiding watter staanplekke ‘n spesifieke kragpunt veronderstel is om te bedien nie.
Verder is die staanplekke se grense net met twee of drie wit stene in ‘n T-formasie in die grond gemerk op elke hoek. Mense steur hulle nie werklik daaraan nie, en waar daar bome is, is hulle lief om hul sleep voertuig onder ‘n boom te parkeer (nie noodwendig binne hul eie staanplek se grense nie).
Mens kort ‘n Nazi bestuurder om sulke reëls af te dwing.