Dis 'n deel wat ook my aandag trek. Ongelukkig val 'n groot deel in die voorheen genaamde tuislande. Dit laat nog altyd gevaarligte vir my flikker.
Ek sal nog die dele;
1]tussen PE en Port Alfred
2] Hamburg tot Keimond
oorweeg en as veilig beskou.
Van Keimond tot by Port Edward sal ek totaal vermy. Dalk as ek in 'n groep toer, maar alleen nie sommer nie.
Dit is jammer dat die mooiste dele van die land, in haglike omstandighede verval het. Soos iemand onlangs teenoor my genoem het, selfs om/in Oos London is daar weinig woonwaparke oor waar mens met veiligheid en netheid kan kampeer.
Geen verdere insette hier asb
Kom ons gaan voort op die ander gesprek---Wildekus asb
Ou man se gat.....
....ek kan nie so rondspring tussen al die lekker gesprekke nie![]()
Kry nie kans vir wasgoed, skottelgoed en nog ou Grompie se skoonmaak so saam met kampforum nie.![]()





Nie meer so seker nie
Alhoewel ek bitter graag nog die Wildekus wil besoek klink dit nie na iets wat mens met net een voertuig en sonder onlangse roete inligting moet aanpak nie. Dit klink of mense wat weet waarheen om te gaan en hoe om daar uit te kom heerlik daar toer, maar ook asof jy minder aangename ervarings kan opdoen uit onkunde. Hier is ‘n onlangse gesprekslyn op 4x4community ter inligting.