Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -10 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -10 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -10 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -11 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -11 hours ago

Jurgens Palma Water sisteem

Pretoria
Submitted by BernieRau on
Forums

Het enige iemand probleme ondervind met hul water sisteem op die Jurgens Palma?  Ons het nou al verskeie instansies ingeneem vir herstel werk en nog steeds sukkel ons na ons op aanbeveling 'n sterker pomp geinstalleer het.  Elke keer as ons kamp sukkel ons met water wat 'n stink as die pomp oopgemaak word en nou nadat die sisteem honderd gewerk het gedurende Desember sukkel ons al weer met 'n sisteem wat glad nie aanskakel en water wat nie deurgepomp word nie.  Doen ons iets verkeerd?  Enige raad sal waardeer word

Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/05/2026 - 13:53

Ek het lank gelede 'n 2002 Palma gehad. Die het nog die kan in die neuskas gehad, met so 'n klein blou dompelpompie. Ek gaan dus sommer net hardop dink, want dalk verskil jou Palma van die ou stelsel.

1] Stink water: Spoel die water-tenk of kan met Milton uit. Ek het altyd die 2 koue pype leeggeblaas na 'n kamp. Ek moes op 'n stadium my pype vervang, die goed het sulke skilfers gemaak. Dis ook goeie idee om voor 'n kamp die Milton-water deur al die pype te pomp, om van ou stagnante stinkende water ontslae te raak.

2] skakel die pompie wel aan, of is die fout op die skakelaars by krane?? Die pompie kan natuurlik vas gekalk wees, as dit nie "droog" geberg is nie. Tik liggies en kyk of dit begin pomp. Jy kan pompie doop in 'n ligte asyn/water mengsel, dalk vreet die effe suur, die aangepakte kalk los.

As die pompie wel hoorbaar werk [pomp], sonder dat water uitkom, moet jy kyk vir  'n "air lock". Met 'n dompelpomp behoort daar nie so iets in die ondergedompelde pomp te wees nie.

 

0
Pretoria

Geert

Tue, 19/05/2026 - 14:49

Toe ek  Splash gehad het, het water lank in pype gestaan. Toe ons kraan oopdraai het water so slymerig uitgekom. Mag miskien wees dat joune al verstop het? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus