Forums
Wie het al by die Punt gekampeer.? Ek het al vergeet van die plek, totdat Geert dit genoem het.
Volgens webblad aanbieding lyk dit na 'n netjiese oord. Volgens die dame is die oord omhein met sekuriteit.
Prys per aand vir Augustus en September is R260 en R280/nag respektiewelik. Aansiemlik goedkoper as Dibiki en DWS teen ongeveer R350/nag vie 2026..





Die Punt
Alhoewel ek nog nooit by Die Punt gekamp het nie, het ek al baie daar verby gery. My liewe vroutjie kan mos nie in die Mosselbaai/Hartenbos-omgewing kuier sonder om 'n draai by Mosselbaai se Punt te maak nie. Soms net vir 'n roomys, soms vir 'n Spur-burger of om sommer net vir die see te staar. Maar nog nooit was ek ge-tickle om daar te gaan kamp nie.
Ek het kennisse wat gereeld daar gaan kamp en liries raak oor dié plek. Terugvoering wat ek gelees het sê dat die ablusies oud, maar netjies is. Vir my lyk die omgewing, bedoelende die voertuie en besighede rondom die park net té bedrywig.