Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -1 hour ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -2 hours ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago

Strydoms na Pilansberg Julie 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ons het besluit om eerder na Pilansberg te gaan, as Kruger toe. Bloot omdat dit slegs 100km van ons paleisie is. Ons is daar bespreek van 25 tot 31 Julie, in Manyane. Hopenlik is die gedrang van die skoolvakansie dan verby.

Die idee is dan om in Augustus na Marakele by Thabazimbi, ook te gaan vir 'n week. As Manyane kampterrein/ablusie egter in goeie werkende toestand is, kan die Marakele idee verruil word vir nog 'n Manyane besoek. Daar is net meer paaie [4x2] en wild in Pilansberg, as in Marakele.   

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 27/07/2026 - 09:25

... dit wat jy hierbo vertel (tariewe om die wildtuin te besoek, die semi-permanente inwoners se gedrag en die toestand van die paaie) sterk my nog meer in my aversie in Pilanesberg. Ek weet dit is lekker naby aan jou, maar ... Dit klink nog te meer nie na my tipe bestemming nie. Nietemin - geniet die wegbreek.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/07/2026 - 14:19

Vanoggend 'n lang [tyd] rit gedoen. Sjoe, die wild is skaars, en die paaie grof klipperig. Nog die die wegkruip buffels gekry nie, maar wel die troppie Springbokke. Ongelukkig vêrkyker afstand. Die natuurskoon bly maar mooi

dam

Op 'n laagwaterbruggie tref ons 'n gelukkie, twee likkewane.

lik 1

lik2

 

Dan natuurlik word kamera se papperye pap op die kritiese oomblik. Sit die luiperd en poseer reg langs die pad. Gryp kamera, kry 1 foto geneem, en ta stap verbete.Nou word leesbrille gesoek om batterye te ruil, en so loop die ou maar uit die pad uit.

lui

Nie een dink daaraan om met foon af te neem nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/07/2026 - 19:48

Ons het so altyd ons namiddag kort rit gaan ry, wat toe tydgewys lank word. Selde wat mens klein seekoeitjie op land sien

seekoei

 

 

Die geluk was aan ons kant vandag. Ons het lanklaas in enige wildtuin 2 keer luiperds op een dag gekry. By die ene 'n halfuur gesit en kyk hoe hy bekruip en "leopard crawl".

Hierdie ene was op die Tshepe pad, tussen Kwamaritan en Mankwe dam. Vanoggens se ene was tussen Mankwe dam en die dam wes van Mankwe.

lp

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/07/2026 - 20:44

Aaaag moeder! Die klein seekoeitjie is sowaar nog piepklein, duidelik baie vaak en niks geïnteresseerd in die harde grasse nie. Julle was gelukkig om dit so te sien.

Verder ook geen diere-droogte nie. Dankie vir foto's en vertellings. Kuier lekker verder.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/07/2026 - 14:11

Nog 'n lekker dag in die park. Die weer is heerlik, sonnig maar nie warm nie. Vroegoggeng[ 06h00] koud. 

Amper 'n dierelose rit gehad. As mens hier nie met elke rit 6 renosters sien nie, moet jy 'n bril kry. So het ons ongeveer 8 vretende leeus gekry. Die mannetjies was al knuppeldik, en het bene na bo in koelte gerus. Kon darem 'n foto of 2 van wyfis kry. diekleintjies het agter die ribbekas van prooi weggekruip.

bok

leeu

le2

Ons sukkel nog om sandvlooie te sienlaughdevil

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 28/07/2026 - 16:56

Wat se bokkies is die Wessel. Kan nie die grootte lekker skat nie. Dalk die bokkie wat ek ook nog nie raak gesien het nie. Oribi. Of Oorbiejie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/07/2026 - 18:36

Dankie Wessel ...jammer dat hul nie meer 50% afslag gee vir inwonde gaste nie. Gelukkig het jy jou ID by jou, andersins sou dit jou amper R1750 per dag kos teen foreigner tarief

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/07/2026 - 19:44

Herman, ek het geen idee wat se soort hulle is nie. Ek sal moet gaan oplees. 

Marie dink dis steenbokkies, ek dink aan Soenie,  Die goedjies is veel kleiner in hoogte as klipspringers. Ene was gister amper luiperd kos .

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/07/2026 - 20:39

Ek het ook aanvanklik gedink dis Steenbokkies, maar soos Chris noem, ken ek ook nie drie bymekaar nie. In elk geval Wessel, baie dankie dat jy jou laphoedjie ingespan het om die luiperd te verjaaglaugh laughMens moet mos maar kant kies. Môre is die luiperd op sy eie weer 'n pragtige dier.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/07/2026 - 07:10

Geert, soos genoem, Manyane kampterrein is leeg. Ons is tans 3 woonwaens. Ek weet nie hoeveel chalets beset is nie.

Die verkeer in die wldtuin is ook minder. Opvallend is die minder toeriste trokkies. Ek vermoed die tariewe speel 'n rol. Sondag het ons seker 5 diplomatieke voertuie gekry, duidelik buitelanders, dalk verbonde aan ambasades.

Ons het Saterdag ingekom, en toe was hier 5 meer waens in die woonwapark. Agt waens oor 'n naweek is leeg. 

As mens nie wildtuin as attraksie reken nie, bied Manyane mos nie veel ander vermaak nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/07/2026 - 12:50

...vergelyk goed met Steenbokkie fotos op internet. Die Oribi het meer wit by boude en sy stertjie is pikswart.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 29/07/2026 - 18:30

Hallo almal.

Dit kan nie Rassie se bokkies wees....

Dankie Wessel.  Gaan die ark een keer probeer.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/07/2026 - 19:51

Vandag was ook 'n lekker dag, tot die paaie raak al hoe lekkerder, ou Grompie stap rustig deur alles, nog nie eers ewenaar gesluit nie.

tot Cheetah gekry, weliswaar vêr, maar binne zoom bereik. fotos kon beter gewees het, was teen die son.

ch1

ch2

Klomp langnekke se tak vergadering onderbreek

kami

Weer van daai besonderse bokkies gekry. spesiaal vir Herman en kie die stert kant afgeneem. Geen prominente  swart stertjie te siene nie, dus "your honour" 'n steenbokkie moet dit wees, en nie 'n Oribi nie.

bok 

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 29/07/2026 - 21:35

Wessel....is 2de ablusie die laaste sirkel? 

As jy praat van so min kampeerders wonder ek hoe hulle dit finansieel maak....krag, water, salarisse, onderhoud. 

Het jy darem n moeilike staanplek gekies dat jy jou movers moes gebruik om jouself in te wurg?laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/07/2026 - 07:01

...ek sal bevestig by watter ablusie ons staan, ek dink dis B. Dit is die 2de laaste ene soos mens inbeweeg. Die laaste sirkel se ablusie is reg agter die afgebrande restourant. Die klein swembadjie en speelplek is naby dit.

By elke ablusie is halwe werk. Byvoorbeeld by B is hulle besig om opwasplek [skottelgoed en klere] se pype te vervang. Dit lyk of hulle stukstuk werk, of dat geld klaar is.

Ek het ewe windgat neus 1ste ingetrek, om wa se rugkant Noord-Wes te plaas. Ek kan mos nou wa met movers omdraai. Dit lyk egter of ek sommer kan hak, uitry deur gemeenskaplike strook om ablusie, en dan deur 'n ander staanplek pad toe.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/07/2026 - 08:26

Geert, die ene wat in heel laaste ry is, dit is agter die restourant, is C.

Ons staan nou by B.

Daar is ook 'n klein ablusie, soos kamp inry, vir die tentstaanplekke, nommer D.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus