Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Satara se cam... Kruger 2026 Rona du Plessis -7 minutes ago
Mooier foto Kruger 2026 Geert -13 minutes ago
Wessel, Kruger 2026 Rona du Plessis -14 minutes ago
Satara webcam Kruger 2026 Geert -20 minutes ago
Padlangs en ander nuwe lede Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Pannetjie braai Kuier maaltyd Geert -1 hour ago

Strydoms na Pilansberg Julie 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ons het besluit om eerder na Pilansberg te gaan, as Kruger toe. Bloot omdat dit slegs 100km van ons paleisie is. Ons is daar bespreek van 25 tot 31 Julie, in Manyane. Hopenlik is die gedrang van die skoolvakansie dan verby.

Die idee is dan om in Augustus na Marakele by Thabazimbi, ook te gaan vir 'n week. As Manyane kampterrein/ablusie egter in goeie werkende toestand is, kan die Marakele idee verruil word vir nog 'n Manyane besoek. Daar is net meer paaie [4x2] en wild in Pilansberg, as in Marakele.   

Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/07/2026 - 17:23

...het aangebreek. Alles afgebreek, en Grompie styf geprop. Môre oggend net laaste goedjies wegpak, slaap-neus toemaak en dak laat sak. Kyk daar lê darem 'n lang sleep voor, huistoe. Hele 100km om te ry.laughlaugh

Voormiddag se wildrit het net die gewone opgelewer, renosters net waar jy kyk. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 30/07/2026 - 19:21

Ek dink julle het die wegbreek baie geniet, en dat dit nie 'n dagreis ver is vanaf julle huis nie maak dit baie gerieflik. Dankie vir die foto's en vertellings uit 'n ander park.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/07/2026 - 14:02

Terug by die huis na 'n lekker 6 dae wegbreek. Die omliggende dorpe se naglewe-lawaai het ons net Saterdagaand gepla, deur die week is hulle stil.

Bietjie nuttelose inligting;

Diesel totaal----R1780

Kamp fooi ------R1782

Park fooi--------R2016

Totaal-----------R 5578

Mens moet maar die duur parkfooi verdiskonteer teen die besparing op diesel na Kruger en terug.

Dit is maar net nie Kruger nie, maar 'n bekostigbare plaasvervanger as jy wil diere sien. Ons gaan binnekort weer Marakele besoek, waarna ons sal besluit of die gratis [wildekaart] parkfooi die skaal na Marakele sal tip, in plaas van Pilansberg.    

0
Pretoria

Geert

Thu, 03/09/2026 - 18:03

Dit kan baie help omdat dit groot uitgawe is van n Pilanesberg wegbreek. Aan die ander kant...weet nie wie maak gebruik van dit nie....miskien raak dit oorbevolk en onplesierig 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/09/2026 - 19:48

....sal maak dat ek dit beslis sal ontwyk. Dit gaan 'n vertrappig wees, en dis nog oor 'n langnaweek ook.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus