6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -8 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Vakansiebeplanning 2026/27

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Wie het almal iets op beplanning vir die res van dié jaar en/of volgende jaar?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/08/2026 - 12:31

Chris, kyk ook na Almega, dit is beslis teerpad soheentoe, vanaf N1 tussen Pretoria en Warmbad.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 12:34

... ás ek Ruah Park toe gaan, sal ek beslis via Pretoria (voorheen Zambezi rylaan) ry.

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 13:20

Dis op dieselfde afrit vanaf Moloto pad as Bass Lake....maar draai heel in die begin van grondpad regs

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 13:23

Almega is baie netjies....ruim staanplekke met pragtigste privaat ablusies. Groot G het dink ek al aandele daarlaugh...hy sal al jou vrae oor hierdie plek kan beantwoord

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 13:24

Ons was 'n paar jaar gelede by Almega - dit sou vir 3 aande gewees het, maar omdat ons "vasgereën" het in Karoo Nas Park en 'n ekstra nag moes oorbly (nie dat ek omgegee het nie) moes ek die verblyf by Almega verkort na 2 aande. Dit is beslis 'n puik oord.

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 13:31

Afsaal in Dinokeng ook baie mooi en puik versorg. Hulle is binne die Big5 reservaat en jul gaan dan conservation fees betaal. Hulle is baie naby gerieflik vanaf N1

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 14/08/2026 - 14:12

Geert - het Suzuki Safari op Facebook gesien en hulle gekontak. Kan nie die program hier gelaai kry nie maar sal vir jou stuur. info@africanex.co.za.

Chris - het na vele oorwegings en bietjie gedruk vir tyd en reuse afslag die 3 deur gekoop. Die verskil tussen die 3 en 5 deur automaties is so groot dat dit nie die geld vir 300mm langer voertuig werd is nie. As ons gaan toer sal die agterste sitplekke in elk geval of platgeslaan of uitgehaal word.

Jimny 1
Jimny

Jimny1

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 14:41

Ek het gou op hulle webblad gaan loer en ook na "ratings" op CPC. Volgens web lyk dit baie bakgat. En alhoewel daar nog net 2 "ratings" op CPC gedoen is, klink dit na 'n wonderlike plek.

Nou gooi julle darem die ouman se kop darem heeltemal deurmekaar. Gelukkig is daar nog baie tyd om te besluit. Eerste prioriteit is om eers my 3 maande staanplek by Eiland Spa te finaliseer.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 14:43

... ek hou van jou Jimny se kleur. Ek dink dit is 'n baie praktiese kleur. Ek wens julle vele lekker Suzuki-toere toe.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/08/2026 - 14:47

...nou het jy 'n ongemaklike voorbeeld gestel. !!! Jy koop nuwe voertuig vir toekomstige vakansieplanne. Ek is mos 'n outjie wat maklik swig onder groepsdruk en voorbeelde van ervare manne. 

Nou wonder ek, wat moet ek koop wat my Kavango sorgeloos oor/deur Baviaanskloof kan sleep??? Ek weet wat sal werk, MAAR my fondsebestuurder is hardkoppig. Beterhelfte wil dan ook nog skuins foeter.

Goedkoopste opsie vir my is 'n 2.4 Hilux 4x4sad

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 16:39

Dis nou n pragtige kleur Jimny. Baie geluk Jan....hoop julle toer lekker met hom. Dankie vir die info oor Jimny toere. Julle kry darem vreeslike groot afslag as Jimny eienaars. ....dink daai toere gaan groot pret wees. Weet jy hoeveel Jimnys hulle op n toer neem?

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 14/08/2026 - 17:40

Wens vir julle vele veilige myle en lekker kampe met die nuwe speelding. Nou sien ons uit na baie vertellinge oor iets heel anders. 'n Jimny en 'n tent en "you're good to go"! Geniet solank die vooruitsig.

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 14/08/2026 - 18:40

Dankie almal vir die goeie wense.

Die toer program vir 2027 is beskikbaar en twee toere alreeds vol. Vir enige ander toer moet daar R2000 bespreking betaal word en dan die res 60 dae voor vetrek.

Dit is nie rowwe 4x4 toere nie en kan met standard Jimny met laetrek gedoen word. Alles word voorsien jy moet dit net geniet.

Sien op die 2026 toere dat daar gewoonlik 5-6 Jimny's is so dit is nie veel mense nie. Dit gaan aanpas en uitdagings verg maar dit is geleenthede wat ons nie alleen sou aanpak nie. Veral met ondersteuning van Suzuki. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/08/2026 - 19:48

Julle moet daai buksie geniet.

Dit is darem bederf toere. Jy hoef nie 'n vinger te verroer nie, die tent en beddens wag by aankoms. Dan nog 2 etes ingesluit. 

Alle reelings word vir 'n mens gedoen, haal baie rompslomp van jou af. Ek sal dit geniet, met my ongeduld by grensposte, is dit 'n bargain!!!

Haal die agterste sitplekke uit, laat bedraad die buksie om 60l National Luna daar te maakstaan. Ek bedoel, die lemonade moet mos darem koud bly. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 14/08/2026 - 20:05

As ek nou vir jou n idee kan gee Jan. En daarvoor is dit nie nodig om met n groep te gaan nie. Richtersveld.

Jy ry Weskus langs tot bo by Alexanderbaai. Of hier deur die NoordKaap by Lekkersing tot by die Park. Jy bly in vaste akkomodasie al die pad. Dit is somtyds primitief maar werk. Soos die hutte by GoeGap in Springbok. Vir binne die Park, koepeltent, kombuis boks, dun matrassies, slaapsakke en die yskassie vir koue goedjies. By Tatasberg kan julle in n houthuisie bly. 

Van daar met die pont oor in Namibië , regtig baie lekker " farm stays"  met of tente of hutte of lodges vir bederf.  Hou aan totdat julle opeindig by Epuoa valle. En terloops n draai deur Etosha maak. Maak dit so 3 maande toer. Of langer as julle tyd het, daar is bitter baie om te sien.

Jitte, nou voel ek skoon jaloers.

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 20:32

....of miskien Die Hel.....dis naby aan jou vir toetslopie.  Weet nie of die pad al oop is na vorige reens nie

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 14/08/2026 - 20:40

Dit is' n baie goeie plan en het voorheen gedeeltes van jou roete gedoen.  Ons Namibië kinders begin alreeds mor dat hulle saam  wil gaan. 

Jou roete plan sal dan mooi werk vir ons. 

Geert - baie van die passe hier is nog toe of net gedeeltelik oop. Wil dit doen omdat dit naby ons is. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/08/2026 - 07:52

Julle kan die Jimny deur sy passies sit hier by ons Jan. Die Swartbergpas is oop, en ek glo die pad Gamkaskloof toe ook. Anders is die inwoners nou al biltong. Daar is historiese huisie verblyf.

Daarna Prins Albert toe en kom terug oor die sewe weeks poort. Maar ek nie seker of dit oop is nie. Net voor jy die Seweweeks poort vat, draai n pad af na Bosluiskloof. Dit is n in en uit roete. Daar is blyplek in ou huisies van waterwese. 

Na dit by Calitzdorp, is daar paar opsies soos  Herbertsdale. 

Jy moet natuurlik as julle verby kom, kom inloer.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/08/2026 - 09:03

Julle twee 4x4 manne moet bietjie 'n padkaart nadertrek.

As Jan nou tydelik laughHel toe gaan, dan PrinsAlbert toe, moet hy via N1 gaan draai om by Seweweekspoort uit te kom. Dan is daar ook naby Vleiland 'n plek genaamd "Ons Karooplaas" om moontlik te oornag. Kyk net op internet of hulle net kampeer opsies het of nie.

Volgens my kaart sal mens van Ladismith af oor Vanwyksdorp, cloetespas na Herbersdale moet ry. Dan mis mens Calitzdorp.

Maak nie saak nie, daar is 'n menigte opsies om daai Buksie/DinkyToy 4x4 te gaan geniet. Daar is nog 'n aanbevole opsie---reël met Chris B vir sandduin rylesse, hy het dit bemeestersmileywink  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus