6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -8 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Vakansiebeplanning 2026/27

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Wie het almal iets op beplanning vir die res van dié jaar en/of volgende jaar?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/08/2026 - 08:04

...ek dog jy het sommer die Fronx ingeruil op die Jimny.

Ek sal dink met langafstande en kano's ingedagte, dat die 1ste bykomstighede 'n dakrak en tenminste 2x20l jerrykanne sal wees. 

Het julle ook enetjie gekoop met die swartdak opsie?? Gister gaan kyk na my vriend se nuwe 4 of 5 deur in rooi, met die swart dak.   

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 10/08/2026 - 08:20

Ons het die Fronx op 'n veiling verkoop. Dit was die hoogste prys wat ons kon kry.

Het amper baie geld verloor maar sal op' n ander draad daarvan vertêl want dit is 'n lang storie. 

Pretoria

Geert

Mon, 10/08/2026 - 09:30

Ons het vir my seun paar jaar terug die Etios Sport gekoop met swart dak. Spyt daaroor gewees. As hy skoon is lyk dit mooi, maar was fustrasie om te was...was vandag, môre wys daai swart dak weer vuil. Dan n groot nadeel was....daai kar word vrek warm binne, veral somer. Gelukkig intussen ingeruil op n wit kar....met n wit dak

Ook het ek n swart Ford Territory gehad...dieselfde fustrasies. Ook nou wit kar met wit dak

pretoria

pieterc

Mon, 10/08/2026 - 13:31

Ek het nou baie lekker gelees aan Geert en Chris se vakansie vertellings - baie dankie.

En dan wag die Strydoms se Pilansberg wegbreek ook nog op my.

Ek sal maar hier kommentaar lewer op beide se vertellings al is dit mosterd na die maal - dalk is iemand verveeld op die vakansiedag en op soek na iets om te lees.

Ek wens ook ons kan so minimalisties kamp soos Geert al doen ons dit maar min. Die spyskaart is vroulief se afdeling - want sy geniet dit - met 'n "het jy die of daai onthou" van my kant af. Dan is daar gewoonlik ook ietsie ekstra vir "ingeval". Ek weet nie "ingeval" wat nie, maar daar moet ietsie ekstra wees. Seker "ingeval" ek of sy nie lus is vir wat op die spyskaart is nie?

Dan is dit die skottelgoed wasrak, opvoubare wasgoedlyn, kruidenierstafel en wat nog als.....

Geert was voorwaar bevoorreg met al die "sightings" veral die kameelperd - hartseer maar besonders. Duidelik dat jy uitkry wat jy insit, maar vroulief sal nooit so baie ry dult nie.

In teenstelling met Geert gaan die Bouchers GROOT (behalwe wanner hulle net oorslaap op pad na die bestemming of terug huistoe) - nie net met kamp opslaan nie, maar ook met vuurmaak. Dit lyk uiters gesellig en teen daai pryse vir hout is dit n winskoop.

Behalwe as kinders saam met my ouers het ons nog nooit verder as Skukuza oornag nie en het ek dus met n wildtuin kaart gesit om te volg waar Geert en Chris oral gery en gekuier het. Na aanleiding van Neef se "wenslysie" kan ek darem sê dat ons in 2025 n ietermago naby Berg-en-Dal gesien het en my vrou kon selfs n baie kort videogreep met die selfoon neem soos wat hy / sy in die bosse verdwyn het.

Genoeg vir nou - ek deel later ons rampspoedige Januarie 2026 Wildtuin "vakansie" en planne vir later 2026 of dalk vroeg 2027.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/08/2026 - 14:18

kan ek darem sê dat ons in 2025 n ietermago naby Berg-en-Dal gesien het 

Ek wonder watter klein persentasie wildtuingangers is gelukkig om 'n ietermagog te sien. Wel - ek tel nie onder daardie klein persentasie nie.

Ek dink wel ek is deel van 'n klein groepie mense wat al die volgende in die Krugerwildtuin gesien het:

Rooikat (x2); Tierboskat (x2); Swartrenoster (x2)

Ek het al kolhase (Berg-&-Dal), siwet (Berg-&-Dal en Skukuza) en vaalboskatte (Satara) in genoemde kampe gesien, maar 'n kolhaas en vaalboskat slegs by twee geleenthede terwyl ons op 'n wildsrit is.

Ek het ook al bosvarke en 'n erdvark in ander privaat wildtuine (aangrensend aan die Krugerwildtuin) gesien.

Ek dink Geert se ystervark "sighting" was werklik 'n iets besonders. Ek's sommer jaloers.

Nou soek ek nog my bruin hiëna eerskomende Oktober in Kgalagadi.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/08/2026 - 15:35

...want daar is nog te veel diere wat ek nie gesien het nie. Dis maar net gebaseer op Chris b se inset hierbo.

Gelukkig as die asem bly sit, is ons volgende jaar Mei weer daar.

pretoria

pieterc

Tue, 11/08/2026 - 18:24

Ons probeer om elke jaar of 2 my ma wat in Desember 86 jaar oud geword het vir n paar dae wiltuin toe te vat. Sy en my pa het in hulle jonger jare die land en buurlande vol gereis met wonderlike stories van vaar op die Okavango met hout mokoros, kamele ry in Namibia (toe nog Suidwes Afrika) ens.

Dit was verlede jaar dan ook vir haar n eerste keer om n ietermagog te sien, dus was ons baie gelukkig en bevoorreg om een op ons "jong" ouderdom te kon sien.

Net na die vloede en met min paaie oop om te ry besluit ons tog om Januarie 2026 te gaan kyk hoe loop die water en ouma moet saam - wanner gaan ons weer so n kans  kry? Hou in gedagte dat ons in September 2025 by Berg-en-Dal was waar ons dan die ietermagog gesien het.

Ons het Saterdag middag 24 Januarie by Skukuza ingeboek en gou n draai gery, maar die meeste wat ons van die rivier kon sien was vanuit die kamp gewees.

Sondag oggend weer n draai gery en darem 6 leeus naby Kruger hek gekry maar omdat daar min paaie oop was om te ry kan julle net die verkeersknoop voorstel en ons is terug kamp toe vir ontbyt.

Net na ontbyt begin die drama.... my ma en Oom Len sukkel albei met maag en derm probleme dus weet ek sommer hier is GROOT moeilikheid toe sy sê "My maag begin, ek moet by n dokter kom" - nie alle drs weet wat om te doen nie.

Skukuza se Dr het gedoen wat sy kon en toe self vir n helikopter na Nelspruit Mediclinic gereel en ons is padlangs hospitaal toe nadat sy in haar Uber is.

Al wat ek kan sê is PUIK diens van almal betrokke wat volgens my ook die rede is dat sy vandag lewe.......

DUS:-

Ek skuld my vrou n vakansie vir die een wat sy toe nie gehad het nie. Ons het maar vir 2 dae in Nelspruit oorgebly voordat ons terug is Skukuza toe om te pak en terug Pretoria toe. Gelukkig het my dogter  vroeer in Nelspruit gewerk en kon haar oud kollegas en vriendinne my ma elke dag besjoek en ons op hoogte van haar toestand hou.

En ek skuld haar nog n vakansie vir al haar geduld met my totdat ek uiteindelik my ma weer na 3 weke kon gaan haal.

Eerste vakansie sal hopelik in Oktober kan wees. Vaste akkomodasie aangesien ek beslis nie teen Oktober reg sal wees vir sleep en karavaan opslaan na my skouer operasie nie.

Gedagte is 1ste aand by Krokodilbrug. Dan 3 aande  by Mopanie wat n eerste vir ons sal wees en dan laaste aand by Berg-en-Dal voordat ons terugkeer Pretoria toe. Tans is daar plek soos genoem, maar ek het nog niks bespreek nie.

Volgende vakansie sal iewers in 2027 wees -  dalk Kaap toe, maar sal nog sien wat die gesondheid en fondse toelaat.

Enige kommentaar of voorstelle vir Oktober opsie sal waardeer word.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/08/2026 - 19:22

....ek dink jou spronge is te groot. selfs net met voertuig, sonder woonwa, is dit wyd van K.brug na Mopanie, en dan weer af na B&Dal.

Ek sal jou aanraai om dalk Letaba of Satara as oorslaapplek tussen in te kry. Afstande van 280 en 250km is seker doenbaar, maar gaan dit ontspannend wees. 

pretoria

pieterc

Tue, 11/08/2026 - 20:57

Iewers het ek die pad(kaart) byster geraak. Ter verdediging het ek darem vroeër gesê ek ken glad nie die gebied Noord van Skukuza nie en volgens my is Mopanie naby Olifantskamp... surprise

Dit is Chris wat my met sy Shingwedzi wegbreek aan Mopanie laat dink het. Dit sal my leer om eerder die kaart as my (vrot) geheue te gebruik as ek vakansie beplan. 

Dink net hoe interessant n Kaap vakansie kan wees as ek dit beplan... via Durban

Gelukkig het ek niks bespreek nie!

Dankie vir die uitwys. 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/08/2026 - 07:01

Ek het ook by myself gedink dat Pieter vat groot happe met die afstande tussen sy beplande kampe, maar het niks gesê nie. Ek het gedink hy volg Len na met sý sprong tussen Berg-&-Dal en Mopani.

Met my onlangse besoek aan Shingwedzi het my kampbuurman vandaar Pretoriuskop toe geskuif - absolute malligheid. By 'n vorige geleentheid sou my buurman in Punda Maria na Berg-&-Dal moes ry. Ek het hom oortuig om iewers 'n nag of twee in te werk. Hy kon toe gelukkig plek kry by Letaba en Satara.

Vir my 'n absolute maksimum van 150 km met verwisseling van kampe.

Pretoria

Geert

Wed, 12/08/2026 - 07:50

Ek sou voorstel om daai 3 aande van Mopani te veruil vir Satara....dit sou maar my persoonlike keuse gewees het

pretoria

pieterc

Thu, 13/08/2026 - 12:34

" Ek het gedink hy volg Len na met sý sprong tussen Berg-&-Dal en Mopani." 

As Oom Len kan dan kan ek seker ook? angel

 

"Ek sou voorstel om daai 3 aande van Mopani te veruil vir Satara....dit sou maar my persoonlike keuse gewees het"

Beslis n beter opsie vir ons. Satara was my Pa se gunsteling kamp en dit lyk of daar genoeg paaie is om te ry. En dan kan ons sommer ook die mees Suidelike Kremetartboom in die wildtuin sien.

Ek sal maar daagliks kyk vir beskikbaarheid van akkomodasie maar kan eers bespreek as ek weet ons kan gaan. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 10:43

Het enigeen op hierdie forum dalk in onlangse tye by Ruah Park, noordoos van Pretoria op die grens van Dinokeng, gekamp?

As ek lees op CPC-forum en kyk na hulle webblad lyk en klink dit na 'n baie netjiese plek,

Ter wille van verandering oorweeg ek dit om volgende jaar, met die terugkeer vanaf Eiland Spa, dalk 'n paar aande daar oor te staan.

Ek hoor graag.

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 14/08/2026 - 11:04

Het vanoggend die 2027 toerprogram gekry. Nogal interesante plekke wat besoek word en ons sal moet huiswerk doen. Daar is verskeie toere reg deur die jaar. 

Wil een vir Botswana of Namibië kies wat kan aansluit om vir ons Namibië kinders op die plaas te gaan kuier. 

Blomme toer lyk ook aanloklik.

Die lekkerte is dat alles gereël word en jy net jou voertuig en  brandstof gebruik asook persoonlike limonade saam neem.  Akomodasie wissel van tente wat vir jou reg is as jy by kamp arriveer tot kamers by sekere  oornag pekke. Twee etes per dag is ingesluit. So jy kan lig reis met net yskas in die voertuig. 

Toere word ondersteun deur Suzuki SA. 

 

Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 11:27

ChrisB. Vriende van ons was daar gedurende Mei. Hulle het dit baie geniet. Hulle sê die enigste negatiewe ding was dat die privaat ablusies 2-2 aanmekaar gebou is en daar net 1x geyser is wat dan beide badkamers voer. Dit het gekom dat hul soms koue water gehad het soggens as bure voor hulle in die stort was. Dis nogals ver uit van jou roete, maar jy het mos al by Bass Lake gestaan wat ewe ver is....so jy weet. Dis natuurlik heelwat rustiger en minder om te doen as mens dit as alternatief van Klein Kariba gebruik. Sondela teen die hoofweg naby Warmbad is ook n oulike plek

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 12:18

Ek dink aan moontlik 3 aande by Ruah Park. As dit realiseer sal dit waarskynlik gedurende mid-week is wanneer daar na verwagting minder mense sal wees.

Gepraat van Bass Lake Lodge. Dit was (is) 'n pragtige oord. Ek het destyds gesê dat die fasiliteite (staanplekke en ablusiegeriewe) van 6-ster gehalte is. Net jammer van die gruispad na die oord wat my nie aangestaan het nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 12:19

... mooi man! Gebruik daardie Jimny. Sommer nuuskierig - het jy die 2- of 4-deur gekoop?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/08/2026 - 12:24

Chris, doen net jou huiswerk deeglik. Dit lyk of daar wel 'n teerpad vanaf Pretoria soheentoe is. Daar is ook ander paaie van N1 af, maar dit is etlike kilometers grondpad.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus