Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -8 hours ago
30% November 2026 Geert -15 hours ago
see water November 2026 Geert -15 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Amper amper

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Amper is ek my bakkie kwyt. Ek was woensdag by Menlyn Mall om gou twee gloeilampe om te ruil Dit het my seker 10 min gevat van ek weg is van die bakkie todat ek terug was.

Oppad uit kom ek agter die toeter werk nie wat snaaks was aangesien ek hom gebruik het om `n lapswaaier se aandag te trek om hom `n geldjie te gee by die vorige winkel waar ek gestop het. Hoe gaan `n toeter foutief in `n kwessie van `n halfuur.

Los die bakkie by die werktuigkundige vrydag middag en maak hom attend op die toeter. Kry later die middag `n oproep en die mater vertel my daar is niks fout met die toeter nie hulle wou my bakkie steel. Die BT50 se alarmstelsel en toeters sit in die linker voor "wheelarch" Hulle sny die plasiek skerm wat die modder en moet uithou oop en het dan toegang tot die alarm stelsel en toeters. Die drade word afgeruk en dan word die deur oopgemaak sonder dat daar `n alarm is wat skree. Die ECU module sit onder die passasier sitplek en kan binne sekondes geruil word met `n ander een wat gebruik word om die voertuig dan mee aan te skakel.

Die deurslot is verwoes maar gelukkig moes iemand hulle gesteur het aangesien die aansitter se slot nog nie mee gepeuter was nie.

Uitende is die slotte en sleutels moet vervang word aangesien die deur en aansitter slotte nie apart gekoop kan word nie.

Diens van die bakkie R2900-00

Vervanging van die slotte en sleutels en herprogrameering van ECU R17000-00

Dus as jy `n Mazda 3.2 BT50 ry en jou toeter hou op werk kyk maar by die linker voorwiel en as daar skade is is dit heel moontlik jou probleem ook.

 

Toeter

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 05/06/2017 - 10:38

Die feit dat alarms nie eers meer vir hulle 'n uitdaging is nie, is erg.  Met ander woorde, as jy winkels toe gaan, weet jy nooit of jou voertuig nog daar gaan wees as jy terugkom nie.

Gelukkig is joune nie gesteel nie, Slowstrike, maar kyk net al die kostes daaraan verbonde.  Jy verloor al die pad.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 05/06/2017 - 11:18

Danie, ek het soortgelyke geval gehad.

Het by 'n vriend gaan kuier en toe ek uitkom was die deur oop en die aansitter skakelaar oon halpad los. Gelukkig het ek my eie persoonlike imobilseerder gemaak en gepas.

Dit is nou in my Datsun bakkie wat hierdie jaar 46 jaar oud is.

0
Pretoria

leeu

Mon, 05/06/2017 - 12:08

Blerrie gemors....of is ek nou lelik met die arme goed, hulle soek mos eintlik net geld vir kos?

Dis ook hoekom ek nou my eie "vehicle tracking device" aangekoop en ingesit/gepas het. Die probleem egter met dit is, hoe kry ek iemand om my te help om my bakkie te gaan haal in Soweto?

0

Dit was n close shave, as dit n Hilux was, was jy definitief jou bakkie kwyt!

Die goed word gesteel soos niks.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 05/06/2017 - 14:05

Dink dit het baie te doen met wie ons vertrou om die gadgets in te sit.  Hulle leer mos maar so by mekaar hoe die goed werk en waar dit ingesit word.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 06/06/2017 - 08:27

Slowstrike jammer om die te sien gelukkig bakkie nie weg en julle veilig

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus