Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -5 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -8 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 hours ago

Is daar fout met die forum?

Submitted by Frikadel on
Forums

Ek is baie bang as Moody's ons in die hande kry, hulle sal die forum downgrade...

Is ek sommer net simpel, maar dit voel vir my of die forum nie op dreef wil kom nie, en die selfde lede (seker 10 of so) hou die forum aan die gang.

Is dit oordat dit winter is of kamp die mesne nie meer nie?

Of is die mense net nie meer lus vir forums nie?

Port Elizabeth

VW

Wed, 14/06/2017 - 08:48

Se jy Frik, ek voel ook soos jy!

Ek praat self maar min, maar daar is bitter min reaksie op meeste van die drade, ek meen die Knysna brande is n moerse storie in ons land, dit was die hoogtepunt op alle soosiale media, dis sad, ek het n draad oor dit oopgemaak en ek dink daar was omtrent nie eers 10 reaksies daarop nie hier nie!

Self jou wie kamp waar die lang naweek het bitter min reaksies gekry.

Nee jong, ek hoop dit draai gou, winter is hier ja, maar is dit dan nie nou juis dan waneer die mens hom meer voor n rekenaar bevind nie??!!

 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Wed, 14/06/2017 - 09:51

Ek dink ons het maar so biki oer instink in ons bloed. Winter maak dat jy eerder jou hande in jou sakke steek as om die geselsmasjien op te start.

In die weermag tyd het die instrukteurs ve jou geskree.... Haai troep, haal jou hande uit jou sakke, netnou ontplof jou "koëls"   dan is jou hande vol modder.

Heel beste is..... Gaan kamp. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/06/2017 - 10:03

Ek sal ook graag wil sien dat daar meer deelname op die forum is.  Ek dink nie die winter is 'n verskoning nie, dit is dan juis die tyd wat mens meer binne bly en sulke dinge kan doen.   Soms voel dit of daar niks is waarop jy kan antwoord nie, maar sê tog maar iets asseblief, dit sal die forum aan die gang hou.   Nog iets wat sal help, moenie net reageer op die "Mees onlangse insette" nie.  Gaan na "Alle onderwerpe" en maak die drade oop.  Dan ontdek jy soms goeters waarop jy wel kan antwoord.  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 14/06/2017 - 10:23

Soms verander omstandighede soos in my geval.  Toe ek gewerk het was ek heeldag voor die rekenaar maar nou by die huis moet ek my werk buite los om binne op die rekenaar te kom gesels.

Die ander forum is ook maar stil as ek reg is.

0

Môre Oom JEEP,

Ander van daai Korporaals se sêgoed was

"hou jy jou handbriek vas"   of

"speel jy broeksaktennis"

Aaklige goed daai Koppiraals. Kry nou nog rillings as ek so 2 streep Psigopaat met 'n fluitjie hoor.

0

Troep sit op die trappie in die Sondag middag sonnetjie en bak - Skielik kom n Generaal in sy uniform oor die gras gestap "hey" skree die troep vir die Generaal "kom onmiddelik van die gras af" "weet jy met wie jy praat troep?!!!" skree die Generaal terug. "Nee" skree die troep, "maar as die Korporaal jou sien gaan jy k@k"

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/06/2017 - 15:11

Colin en Benkie het gaan modderprawns koop en netnou afgesit rivier toe met hul visstokke.  Ek bly by die huis, ek gaan kos kook.  Hoender met groente en rys.  Benkie sal saam eet maar nie Oom Jeep nie.  Oom Jeep eet nie hoender, vis of vark nie, net rooivleis!

Nou is ek lekker aan die kook hier, braai die hoender en uie lekker bruin met knoffel en die geure trek seker deur die kamp en toe ek weer sien het ek drie apies hier by die tent en die een kom sommer in.   Ek weet nie wie het die grootste geskrik nie, ek, toe ek hom sien of hy, toe hy my sien.  Ons het albei so vir 'n sekond of twee verstar, toe blaas hy gelukkig die aftog en gee pad.   Gelukkig is die ape hier by Forever Plett nog bang vir vrouens, nie soos by Willows waar hulle blykbaar dink 'n vrou is maar net nog 'n aap!

0
Centurion

Dusty

Wed, 14/06/2017 - 15:25

Hier in Warmbad is ape en bobbejane. Die bobbejane kom teen skemer en probeer al die asblikke oopmaak maar kry net die voorpote/hande in en skeur dan die sakke

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/06/2017 - 16:48

My probleem is ook, ek is meestal bedags buite besig met takies om die huis in natuurlik die diens van die karavaan. Doen alles so teen 'n pensionaris tyd. More is nog 'n dag?

Ander probleem is die drade wat "wegraak" ek en die moderne tegnologie is nie vreeslike groot vriende nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/06/2017 - 16:58

Johann, soos ek vroeër genoem het, ek dink die meeste mense kyk net na die lys onder "Onlangse Insette" en reageer net daarop.   Gaan in op "Alle onderwerpe".  Dan sien jy al die drade en jy kan sien wanneer daar laas 'n inset op die draad was.   Die lys word gerangskik volgens hoe lank terug die laaste inset op die draad was.   Maak jou drade daar oop, dan sal jy sien die drade "raak nie weg nie".

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/06/2017 - 18:27

Dankie Freda, het dit nou gekry.  Wat sal ons sonner jou doen, wens ek was so slim soos party mense oppie forum, sou byvoorgeeld ook graag vir jou ook 'n bossie blomme wou stuur. 

Maar, hier is ene vir jou.

Owl orchid
Dit is die "Uil orgidieë" en is regtig so.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 14/06/2017 - 19:04

Freda, ag, ek hoop Benkie en Colin VANG tog maar 'n ou vissie op SES!!!!, maar, asseblief, plaas tog fotos!!!!, ek wil ook darem sien hoe lyk 'n ou vissie!!!

.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/06/2017 - 20:39

Ek het so klomp fotos van rare orgidieë, wat op 'n google web blad vir hierdie blomme is,  dit is darem wraggies 'n besonderse blom.

Hier is nog 'n foto van orgidieë.

Praying Orchid
Besonders - en gepaste naam.
Besonderse blom - en gepaste naam. 

 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 15/06/2017 - 07:36

Jammer.   Ek is die laaste tyd baie besig en kry nie regtig tyd om hier te kan gesels nie, nie dat iemand my nou eintlik sal mis nie.

Is besig met die roete beplanning van ons verlos oor n maand en dit vat nogal baie van my tyd.

Het n manier gekry op audio files op my GPS te laai wat dan begin terugspeel as ek op n sekere plek kom, Bv.  Die geskiedenis van "HEILBRON" so 5 km voor Heilbron begin die GPS die hele storie oor Heilbron vertel. So maak ek ook vir al die ander interessante plekke en besienswaardighede.  Noem dit sommer my eie GPS toergids

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 15/06/2017 - 07:40

Dankie, Johann, vir my mooi orgidee en Frans vir die mooi gesiggie.   Julle laat my dag sommer lekker begin.smiley  Orgideë is besonderse blomme, as jy mooi kyk is daar omtrent 'n gesiggie in elkeen van hulle.

Frikadel, dit is ek wat jou draad begin kaap het, jammer man.  Maar ek dog toe dit is sommer 'n goeie plek om te begin gesels.  

Frans, die manne sê die klein vissies vreet hul aas af.  Colin het drie kleintjies gevang wat hy teruggegooi het.

Mmmm, Voortrekker, ek het ook begin dink jy ignoreer ons 'n bietjie.   Ek sal maar my draad vir Arie weer boontoe bring, hopelik sien hy dit raak as hy dalk ingaan op die forum.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus