Hier is nogals heelwat uieenlopende opinies oor ons ou landjie, mense sien en ervaar dinge almal verskilend en niemand van ons kan met totale sekerheid se wie is reg of wie is verkeerd nie.
Ek het nou al baie gewonder;
Sou 1994 se stemming nooit plaasgevind het en die RSA het maar voortgegaan onder die ou bedeling of "Regime" soos baie mense dit noem, hoe sou ons land nou daar uitgesien het?
Sou ons nou in 'n paradys sonder enige probleme met sakke vol geld geleef het?
Sou ons in totale anargie verval het?
Sou ons in 'n absolute bankrot land voortgeploeter het?
Dit is natuurlik onmoontlik om werklik te bepaal hoe dit sou gewees het, anders sou ons twee paralelle lande moes gehad het, maar dit sal tog interesant wees om ander se opinies te lees?
My opinie is...............
My opinie is dat indien daar nie die verandering in 1994 plaasgevind het nie, sou daar 'n burgeroorlog uitgebreek het en Suid-Afrika sou vandag in 'n ellendige situasie gewees het.
VW het hierbo my gevoel netjies uiteengesit met die enigste verskil dat ek deel is van die ouer garde
Werk
As jy nog deel is van die werkende klas en moet veg om n lewe te maak, sal jy verstaan, dat dit nie sonskyn en rose is nie.
Ons werk nog teen dieselfde tarief as 5 jaar terug. My werkers het n 5% salaris verhoging gekry. Hulle eerste verhoging in 5 jaar. Wys jou net hoe lojaal hulle is.
Gemiddelde ure wat almal werk per maand is 230 ure.
Middel man wat tender kry sit R 52 mil in sy sak vir niks doen nie, hy het reg gestem.
Ons het nie sulke ure gewerk in die ou dae nie. Nou werk ons soos honde om te leef
Sou ook lekker gewees het om op pensioen geld te kon lewe, wat gekom het van die ou dae se lekker.
So wat jy se is dat daar nog…
So wat jy se is dat daar nog baie werk en geleendhede is vir die wat wil?
Geluk met daai lekker kontrak, ekweet jy was so ruk terug nog baie bekomerd oor kontrakte.
Ja ek wens ook baie dat ek nog deel van die werkersklas was, as ek sien hoe goed leef my kinders, koop net nuwe karre, rits rond in die buite land, goed wat ek nooit so vrylik kon doen nie.
Gaan ry gereeld off road trails, hule geniet hul lewe voluit, maar ja werk ook maar lang ure, soos hulle se niks kom verniet nie.
Moet ook se hul werk almal vir hulself, so ek is nie seker van die salaris trekkers nie, maar as ek kyk na die voertuie wat my seun se personeel ry betaal hy hulle nie te sleg nie.
Ons ouer garde moet maar deurkom op die pensioen wat ons in maer jare kon bymekaar maak, moet ook erken my pensioenfonds het baie goed gegroei na 1994.
Een ding weet ek verseker,…
Een ding weet ek verseker, omdat meeste van die kontrakte wat ek inbring internasionaal is, dinge het die laaste 15 jaar oral baie verander wat werk aanbetref. Vandag is dit 10 x moeiliker om dieselfde tipe jobs te teken as wat dit 10 jaar terug was. SA of buiteland.
Ek het wel nou n lekker een wat ek hoop om in te bring uit Madagaskar uit, maar gaan seker nog so 1-2 jaar vat voor ek verseker weet - nog baie werk en toetse wat gedoen moet word.
Oom Voorie, ja dit raak al…
Oom Voorie, ja dit raak al hoe moeiliker om kontrakte deur te kry, die kompetiesie raak ook by die dag strawer!
Die dat ek so bly is vir Oom Harry wat die lekker kontrak deur gekry het, hy kan nou lekker skep, alhoewel dit beteken dat hulle vir 'n ruk lank vrek hard moet werk!
Ek vertrou dat jou kontrak ook sal afkom, klink na baie maande [jare?] se werk voor jy sal weet of jy suksesvol is of nie?
My seun en skoonseun is altwee meganiese ingeneurs, maar spesialiseer in twee heel verskilende rigtings, skoonseun nogals gelukig in die opsig dat hulle 'n produk vervaardig wat die mediese praktyd daagliks nodig het. Hulle maak al daai penne, en skroewe vir ouens wat baie slegte been breuke opgedoen het, so hy is nie afhanklik van kontrakte nie, werk is vollop.
My seun is in lugversorging, die groot sentrale lugversorgers in groot sentrums en kantoor blokke. Hy kla altyd dat hy heelwat geld en tryd moet spandeer om te tender en as hy nie die werk kry nie was al daai koste en tyd daarmee heen.
Maar elke keer as sy kontrakte begin min word en hy begin bekomer dat hy personeel sal moet afle, kry hy weer 'n klompie groot kontrakte in.
Maar ja soos Harry noem, as die werk inkom moet mens maar noodwendig baie lang ure werk om dit binne die gegewe tyd klaar te kry, veral as daar boete klousules is dit kan al jou profyt opeet?
Dit wil lyk of in sekere beroepe te min profesionele mense is vir die hoeveelheid werk? Ek kry nog gereeld navraag van Banke en ander instansies wat vra dat ek vir hulle iets doen, daar is so te kort aan mense dat ek nie eers hoef te tender nie, solank my prys darem nou net nie heeltemaal belaglik is nie.
Ek is deesdae te lui om te sukkel met sulke werk en stuur dit maar aan na my oud kollegas, Hulle reken hulle kan ook nie help want het reeds te veel werk?
En so bly die wiel draai en leef ons nog steeds almal lekker luuks en goed, soos VW hierbo noem as jy rondkyk sien die mense leef darem nog heel goed.
Al voordeel van die nuwe…
Al voordeel van die nuwe Suid Afrika is dat jy nou kondome verniet kry, maar moet betaal vir jou Checkers sak!
Die waarheid is, die nuwe SA is net goed vir die eerste klas burgers en nie die derde klas burgers nie.
Almal van ons wat ons kruisies getrek het in 1994 sal met sy gewete moet saamleef oor wat van sy kinders en kleinkinders en hulle kleinkinders gaan word.
As jy kon aftree met n lekker vet pensioen omdat jy gebaat het uit die ou bedeling is dit goed vir jou, ons nuwe generasie moet regtig ons sokkies en moue optrek, somtyds seil soos n slang soos wat Fiela altyd se om te kom waar jy wil wees
Snaaks dat n idioom vir verraaier ook die volgende is "Adder in eie boesem", mense van jou gene en bloed en taal wat jou afstammelinge verkoop vir n vet tjek.
Dit is so dat die ekonomie…
Dit is so dat die ekonomie na 94 redelik gegroei het en veral toe Thabo Mbeki die president was van die land. Die rede daarvoor was makilik hy was `n ekonoom met die toepaslike kwalifikasies. Ons almal weet hoe dit sederdien gaan As jy `n graad 8 druipeling het wat die leisels moet vat en moet staatmaak op ander wat daarop uit is om net na hulle eie belang om te sien.
Wat die pensioen betref is dit maar `n treurige storie as ek kyk wat met my fonds aangaam. Weereens na 94 tot en met 2012 het dit gegroei dat dit bars dubbel syfers en die laaste tyd sien ek al meer maande `n negatiewe syfer.
My probleem is dat al maak ek voorsiening gaan ek net meer en meer belasting betaal aangesien daar nou amptelik meer mense is wat toelae van die staat ontvan die hoeveelheid wat werk en belasting betaal verbygesteek het en daar is planne om die toelae nog verder uit te brei..
Oom vleisballetjies - ja die…
Oom vleisballetjies - ja die "vet" pensioen tjek is maar baie relatief.
Ja daar is ouens wat goed geskep het laat 93 en vroeg 94, MAAR dir was meestal mense wat vir die staat of semi- staat gewerk het.
Hulle het moerse "Golden Handshakes" gekry of dan pakette om dan sommer weer die volgende dag in sy selfde kantoor te gaan sit het as konsultant teen dubbel sy vorige salaris, en dit alles met ons arme drommels se belasting?
Ja daai manne sit nou lekker agteroor en het geen finansieele bekommernisse nie. Van daai pakkette het tot R2mil beloop [wat seker goed vergelyk met vandag se moewiese pakette as 'n ou droog gemaak het?] en dan het hulle sy pensioen vol op betaal assof hy/sy tot 65 gewerk het. En ja ek gun daai ouens dit, net jammer hulle het my swaar betaalde belasting daarvoor gebruik.
Ons ouens in die privaat sektor moes maar spook om ietsie vir ons ou dag bymekaar te maak, soos slowstrike noem, as jy op jou werk ase ou pensioentjie wil staatmaak gaan jy maar hondekos moet eet.
Ek kon eers na 94 begin om werklik geld bymekaar te maak. Van die ouer garde hier sal onthou dat voor 94 het ons mos 2 Rde gehad, Die gewone plaaslike R wat sterk teenoor die dollar gestaan het maar wat jy net plaaslik kon gebruik. Dan het ons die finansieele R gehad wat jy moes gebruik om buitelands mee handel te dryf, hy was minder werd as wat ons R nou is!
As jy van jou geldjies in die buiteland wou bele moes jy finansieele Rde koop wat dan niks werd was nie. Dan het die regering jou nog geblok om jou geld buite te b ele, omrede SA op die rand van bankrotskap was. Plaaslike bellegings en pensioen fondse het uiters swak presteer as gevolg van die land se ellendige finasieele toestand!
Persoonlik is ek nog vas oortuig dat die destydse regering maar dit oop gemaak omrede ons net nie finansieel meer kon bestaan nie, ons MOES eenvoudig buitelandse geld en hulp kry [net soos die destydse Rhodesia - was ook heeltemaal bankrot] om te kon voortbestaan.
Na 1994 kon ek en baie ander hul bellegings buiteland toe skuif waar ons baie goeie 'returns" kon kry, en ja selfs hier het die markte geblom, ons het goed geld gemaak!
Ja die huidige bestuur van ons land is absoluut pateties, dit is eintlik 'n moerse grap! Bellegings beteken min of niks nie, ons moet maar weer in die buiteland bele, en self ook op waag kapitaal kan mens as jy versigtig is darem ook nog iets maak.
Min van ons kan terug sit en op 'n karige pensioen tjekkie staatmaak.
Terloops in die vorige bedeling het ek moes opspaar om my diensplig te doen, staatsamptenare het vol pay by die staat gekry en nog hul army pay, ek het net my armsalige diensplig pay gekry, kon op geen manier my verband betaal en vir my vrou en kind kos koop met daai paar rand nie! Ek en Petra moes heeljaar spaar sodat ek my diensplig kon gaan doen.
Ek het tot 1980 op konstruksie gewerk, almal se pensioen is by 'n semi- staats instelling bele, die "building Industrial counsil" toe ek by die bank begin gaan ek toe om my jare se pensioen by hulle te kry, hulle om by die bank se pensioen skema te bele, hulle wou net die gedeelte wat ek self inbetaal het betaal, behalwe as ek dit los tot ek pensioen ouderdom bereik.
In 1993 kontak ek hulle weer pm my pemsioen te kry, net om te hoor hulle is toegemaak die ouens wat nog bygedra het se pensioen is oorgedra na 'n ander skema, tot vandag kan niemand vir my se waar my pensioen is nie - dalk gehelp om van die staatsamptenare se pakkette te betaal?
Wat ek wel weet is dat ons nooit so goed kon leef soos wat my kinders en hul vriende nou leef nie. Ek sien ook die duur luukse karavane en motors waarmee die jong mense kom kamp, so ek neem aan dit gaan goed met die mense?
Maar ja om op te som, daai "vet" pensioen tjekkie is maar net omdat ons vir ons self gesorg het, behalwe as jy 'n blanke staatsamptenaar voor 1994 was.
Arie, die jongmense met…
Arie, die jongmense met hulle smart karre en karavane was ons generasie wat geswot het en intrepeneurs geword het en proffesionele beroepe kon beoefen.
Wat se ons generasie (dis nou die smaartes) vir ons kinders as hulle 95 gemiddeld het in matriek en nie toegelaat word on vir n aktuaris te leer nie agv sy/haar velkleur.
Maar, overgesetsynde al die gesprekke het die land radikaal verander en sal dit nooit weer dieselfde wees nie, daarvoor sal korrupsie, misdaad, staatstoelae, onvermoe, armoede, werkloosheid ens sorg.
Ek kan nie sien dat daar n opwaartse neiging gaan wees nie want elke person wat afgele word gaan steel om sy familie te voed, dis nou maar so en as jy gevang word kry jy darem afleiding soos KFC en geselinge.
Frik, ek wil darem net noem…
Frik, ek wil darem net noem dat ek en baie van my generasie ook geswot het en profesionele beroepe gevolg het, maar die pay was maar nog steeds skraps.
Maar ek stem 100% saam op die oomblik lyk die toekoms maar donker vir die wat nou nog op skool is, daar sal baie vinnig 'n omswaai in die ekonomie moet kom sodat daar hope werk geskep kan word om almal te akomodeer
GELUKKIG TE LAAT VIR…
GELUKKIG TE LAAT VIR SOUSTREIN:
Het jy die regte beroep gekies? Dit is 'n vraag wat elke werkende mens hom/haar al afgevra het. Blou Maandae hoef nie te bestaan as jy gelukkig is met jou werk nie.
Vir die meeste van ons is dit te laat om ons beroep te heroorweeg. Buitendien, ons geslag het gaan doen wat Pa besluit het, of waarvoor ons universiteitsbeurse gekry het. In my geval het Pa reg besluit.
Dit was egter nie waaroor ek kleintyd gedroom het nie. My eerste ideal was om 'n spietkop te word. Ek sou op my motorfiets in blink stewels en sonbril stadig tussen die verkeer poef-poef en motoriste sou vir my uitswaai. Die oomblik wat ek my wit handskoen in die lug opsteek, sou hulle benoud stilhou en bewerig wag terwyl ek naderstap. Benewens die feit dat Pa gesê het "oor sy dooie liggaam", het 'n val van my eerste fiets die droom beëindig. Hoe sou ek ooit 'n motorfiets kon bestuur?
In standard vier het ek en my broer besluit ons gaan private speurders word. Skelms een ná die ander vastrek met ons spaai-vernuf. Laatnag wanneer almal slaap, sou my skoene klik-klak deur die donker strate op pad om getuienis te versamel. Ons het solank begin spaar vir vingerafdruk-poeier en verkykers.
Hierop het Pa nie eens kommentaar gelewer nie. Nadat Mark Condor die soveelste keer deur boewe toegetakel is, het ons egter besluit privaatspeurdery is darem te bloederig.
Ons eie kafee was volgende. Rakke en rakke vol sjokolade, Singleton-snuif, boeliebief, koerante, brode en so-aan. As proeflopie het ons met ons sakgeld 'n paar pakkies Mint Imperials, Oros, 'n pakkie sigarette en 'n rol polonie gekoop - en ons ware op die sypaadjie uitgestal. Nadat die laaste polonie-skyfie verkoop was, het ons 'n verlies van 40c getoon! Einde van die kafee. (Ons het mekaar beskuldig dat ons die Mint Imperials skelm geëet het.)
On hoërskool het die skryf-gogga gebyt. Ek sou 'n tydlose meesterstuk soos Anne of Green Gables skryf. Aangedryf deur onderwysers se komplimente oor 'n paar opstelle.
My eerste boek het tot bladsy vier gevorder, toe word die pen neergelê. Waar het LM Montgomery die geduld vandaan gekry?
Uiteindelik het ons Pa gehoorsaam en gaan studeer. Ons uitgeleef in ons beroepe.
Op sy sterfbed het Pa gesê: "Ek is trots op julle." Ek wonder egter as ons hierdie keuses moes uitoefen ná 1994, of ons dit dalk sou oorweeg het om politiek toe te gaan. ANC toe.
Blitsvinnig in die parlement, spoggerige ampswonings met vier bediendes, 'n chauffeur en lyfwagte. Gratis die wêreld vol vlieg, teen vreesaanjaende spoed blou-lig na vergaderings begelei word. En hiervoor sou ons nie jare op universiteit moes leer, of ons doodwerk nie. En ons sou kon aftree met reuse-pakkette.
Vir ons geslag het die soustrein dekades te laat verbygesnel. Ook maar goed. Pa het darem nooit nodig gehad om hom vir ons te skaam nie.
(Met erkenning aan Madré van Tonder)





Oom Arie…
Oom Arie
Ek het in ou SA groot geword, meen was kind en het maar nie van beter geweet hoekom die dinge was soos dit was nie. Ek was 94 hoerskool toe, my Laerskool jare was dus ou SA en Hoerskool nuwe SA.
Baie het verander, baie dinge het slegter geraak, spesifiek tot staats instansies, diens lewering ens.
Wat ek wel weet, en of self ervaar en rondom my sien is dat ek vandag baie beter leef as wat ons daai jare geleef het. As jong blanke man vir my oudedom leef ek en my gesin n baie beter lewe finansieel as die lewe waarin ek groot geword het.
Meeste van my vriende ook, doen heelgoed vir ons self, ons ry netjiese, (nou nie almal splinter nuwes nie) voertuie, het redelike nuwe karavaan, besit netjiese groot huis (ok nog nie heeltemal nie, nog eintlik die bank sn
), eet gereeld uit, braai omtrent 2-3 keer n week, gaan kamp 1 keer n maand ens ens.
As ek so om my kyk, sien ek ook baie van my mede blankes wat heel gemaklik leef.
Ek ken ook baie vriende wat ons mooi land verlaat het, juis oor die nuwe SA, daar is mos nie n toekoms hier nie se hulle, ek verskil, ek en my gesin bly.
Ek se altyd, elke huis het sy kruis, orals in die wereld is daar probleme, sommige net meer as ander.
Ek is hier om te bly, die lewe is n lied en ek kan regtig nie eintlik kla nie, in onse nuwe SA, ten spyte van die k@k (korrupsie, swak dienslewering, BBBEE , misdaad ens ) wat hier aangaan mbt en onder vaandel van regering van die dag.