Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -8 hours ago
30% November 2026 Geert -15 hours ago
see water November 2026 Geert -15 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Ligsinnigheid

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek wil graag vra dat hierdie gedurige spottery en grappies teen my dadelik gestaak word.

Nee magtag man die lewe is n ernstige saak, dit is nie iets om or te lag en spot nie!

Ek het vir Petra vertel wat julle doen, en sy se ek mag nie meer met julle speel nie. Ek se vir haar hoe lelik julle is se toe ek het mos ook n binneste! Sal sy toe vra "Rerig, ek het dit nooit geweet nie?"

Ek wil jule ouens ook net ernstig waarsku oor oom Spekkies, ek kry al vir jare berading oor daai oge van hom, kry snags nagmerries dan sien ek net uitpeul oge!

Ek wil net vir almal dan nou amptelik in kennis stel dat as dinge nie nou gaan verander nie, dan bly dit maar die selfde.

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 07/07/2017 - 19:22

Ai, tog, oom Arie, lyk my jy kla ook aanmekaar oor alles!!!!!
Lyk my die lewe is maar baie ongemaklik daar in R Baai!!!!

Tyd dat jy terugtrek Transvaal toe!!!!

Gooi 'n lekker dop, ook een vir antie Petra, en CHILLLLLLLLLLL!

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 07/07/2017 - 19:53

Ag ou Arie, my hart bloei vir jou.  Ons sal regtig probeer om ernstiger te wees, vir jou onthalwe.  Maar jy moet darem nie so van ons skinder by Petra nie, ons wil jou  nie verloor as 'n maatjie nie.   Jy moet bietjie dink voor jy net dinge doen en sê wat groot veranderinge kan teweegbring.   Ek wil jou 'n geheim vertel, dalk voel jy dan bietjie beter.  Spekkies se hart is groter as sy oë.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 07/07/2017 - 20:39

Nee gaan ek nagmerries hou de vet kan daai man se hart groter as sy oge wees, hy sal n dokter moet gaan sien aunt Freda, geez

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 09/07/2017 - 19:23

Arie, nee jong, mens wip nie jou gat-dagtes so vinnig nie, lag en ons lag saam, huil en jy huil alleen.?

Die lewe is 'n lied,die natuur voorsien die musiek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 10/07/2017 - 07:38

Johann, groot wedergebore geeste wat baie slim is het my geleer dat die lewe ernstig is, en mens moet nooit lag nie!

Ek het gister in die Kerk ook heeltyd met n ernstige gesig gesit, na die diens kom vra die Pastoor my of daar dood is naby aan my? Hy reken ek het hom amper van sy preek afgesit, elke keersas hy opkyk sien hy my dikbek, en hy is gewoond om in my laggende gesig vas te kyk.

Ek verduidelik toe aan hom dat blykbaar as mens wedergebore is, is die lewe n pynen jy kan nie meer spot nie?

Hy reken dit is nonsens, ek kan maar weer lag en spot, ek is baie bly want my gesig spiere het erg seer geraak om so ernstig re lyk.

Dus, julle mag my maar weer spot oor my stekelrige baardelikheid, en ook oor my verlendheidelikheid, en sommer oor net wat julle wil.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 10/07/2017 - 07:48

Oom Ogies, nou hoekom dink jy gaan sien ek haar?

Sy het twee groot blou oge wat sy met n "push up bra" opdruk tot net so onder haar skouers.

Moet darem ook erken ek sien baie selde n lelike vrou, ek het gelukig n moewiese verbeelding.

As ek n gerimpelde ouer dame sien, sien ek inmy geestes oog hoe sy so dertig of meer jaar terug gelyk het, sefde met n oorgewig dame.

Snaaks dit werk nie met mans nie, hulle is maar almal vrek lelik vir my.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus