Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Eerste Kamp by Hartenbos - deur NellKirsten

Submitted by Admin on
Forums

Goeie dag almal. Ek is nuut op die kamp 'scene'. Ek en my gesin gaan einde April vir so 4 nagte hartenbos toe. Ons 1e gesins kamp. Ook ons 1e keer op Hartenbos.
Kan julle my dalk n paar tips gee oor wat ek nie moet vergeet nie, en wat ek maar by die huis kan los. Ek het nou n tent of 2 aangeskaf, die beddegoed is in orde, die kombuisgoed is amper reg. Ek verstaan mens moet jou eie braaier saamvat? 

Ek lees graag na julle aanbevelings. lekker aand.

VOORTREKKER: Welkom by Kampforum.co.za

Ek hoop jy gaan lekker saam gesels en dat jy sommer baie hier gaan leer.

Ek sien uit om jou terugkom stories te hoor en fotos te sien na julle eerste kamp!

Ek glo hier gaan gou n paar manne inval en jou verder help.

Vertel bietjie meer van julle? Hoe groot is jou gesin?

LEN LOADER: Hallo en baie welkom Nell !

As pakplek 'n probleem is om jou braaier saam te bring kan jy een huur teen R20 per dag.  Kry sommer die verskaffer se naam en kontaknommer by Ontvangs.

Geniet Hartenbos  -  did 'n bakgat oord !

Hoe gaan jy jou kos koud hou?

FREDA:  Baie welkom op die forum, Nell.  Moenie te veel stres oor wat jy moet saamvat nie.  Mens kan sonder baie dinge klaarkom, as jy moet.   En daar is genoeg winkels om iets te gaan koop, as dit nodig is.  Dit is belangrik dat jul gerieflik en warm slaap  en kan kos maak.  Soos Voortrekker ook noem, jy moet iets hê om kos koud te hou.  Onthou dat vleis wat vakuum verpak is, bewaar langer.  Jy het 'n tafel of twee nodig, 'n stoel vir elkeen.   Maak soveel as moontlik kos op die kole, en maak gebruik van tinfoelie daarvoor.  Neem 'n gasstofie, 'n potjie, 'n ketel en 'n pan of plaat waarop jy jou spek en eiers kan gaarmaak.   Te veel pakkerasie veroorsaak meer werk en soms chaos, "keep it simple".  Die tye toe ons met ons tent gaan kamp het, het ons gebruik gemaak van trommels.  Een vir elke persoon vir klere, ens.  Een vir kombuisgoed en eetgerei, een vir skoonmaakmiddels en toiletware, een vir handdoeke en vadoeke.  Jy kan nog een of twee byvoeg na gelang van behoeftes.   Alles bly in die trommels en lê nie die hele wêreld vol nie.

Geniet jul eerste kamp en mag dit net die begin wees van baie wat gaan volg.

VOORTREKKER: Dankie Freda.

'n Klein besem en skoppie om jou tent skoon te maak!

NELLKIRSTEN: shoe dankie vir al die. sien vreeslik uit. ons staan op nommer 124... enige idee van koelte, nie koelte etc?

VOORTREKKER:

shoe dankie vir al die. sien vreeslik uit. ons staan op nommer 124... enige idee van koelte, nie koelte etc?

Weet jy wat, een van my beste kamp beleggings nog was my konsertina Gazebo.  Ek moet byse, ek het die "deluxe" model, hy is baie stewiger en oor die algemeen sterker en sal sterk wind baie goed weerstaan.  Hy kos ook 2 - 3 maal meer  as die standaard modelle.  Die kleintjies wat jy optel vir so R1000 is "OK"  maar kan maklik vernietig word deur sterk winde.

Enigste moontlike uitdaging met die "deluxe" is hy dat fisies baie groter opgevou is en neem redelik baie spasie op, maar as jy 'n waentjie of groot bak het is dit ok.   Dit maak vir 'n heerlike koelte en beskutte plekkie waaronder jy jou tafel en stoeltjies kan sit en ook vir beskerming teen reen.

Dit is ook iets wat altyd handig is en nie net vir kamp nie.

Ek gebruik myne meeste van die tyd, al is daar koelte bome beskikbaar of nie.

NELLKIRSTEN: my volgende projekkie sal n drawer system vir die fortuner wees om dinge net meer prakties en makliker te maak as ons weggaan... maar dis nog ver in die pyplyn.

VOORTREKKER: Sleep jy 'n waentjie of pak jy alles in die fortuner?

NELLKIRSTEN:

Nee ek gaan n klein Ventertjie sleep. 

Voortrekker het geskryf:

Sleep jy 'n waentjie of pak jy alles in die fortuner?

 WILSUR:

nellkirsten het geskryf:

shoe dankie vir al die. sien vreeslik uit. ons staan op nommer 124... enige idee van koelte, nie koelte etc?

Welkom 

Ek sien jy sê 124, is dit in die "E" of "F" blok ?
Op die "E" blok is dit bo en jy het 'n mooi uitsig, koelte is ek nie seker van nie, maar op daai twee plekke is daar so paar koelte bome volgens Google Earth.

ANDRIES PRETORIUS:  Ek het gedurende Februarie en Maart op E-116 gestaan. Pragtige uitsig, maar maak seker dat jy behoorlike stormbande of stormnet opslaan. Ons het hierdie jaar redelike ernstige wind by Hartenbos gehad.

NELLKIRSTEN:

Ons is by E124. Baie dankie vir die informasie.

WilSur het geskryf:

nellkirsten het geskryf:

shoe dankie vir al die. sien vreeslik uit. ons staan op nommer 124... enige idee van koelte, nie koelte etc?

Welkom 

Ek sien jy sê 124, is dit in die "E" of "F" blok ?
Op die "E" blok is dit bo en jy het 'n mooi uitsig, koelte is ek nie seker van nie, maar op daai twee plekke is daar so paar koelte bome volgens Google Earth.

 NELLKIRSTEN:

Hello Voortrekker -

Op die stadium moet ek nog n plan maak met die kos koudhou situasie. die 12V yskassie sal nog eendag kom smile
Dalk droe ys!...

Voortrekker het geskryf:

Welkom by Kampforum.co.za

Ek hoop jy gaan lekker saam gesels en dat jy sommer baie hier gaan leer.

Ek sien uit om jou terugkom stories te hoor en fotos te sien na julle eerste kamp!

Ek glo hier gaan gou n paar manne inval en jou verder help.

Vertel bietjie meer van julle? Hoe groot is jou gesin?

Hoe gaan jy jou kos koud hou?

 SEGEKOOK:

nellkirsten het geskryf:

Hello Voortrekker -

Op die stadium moet ek nog n plan maak met die kos koudhou situasie. die 12V yskassie sal nog eendag kom smile
Dalk droe ys!...

As ons met die tent gaan kamp vir n paar dae gebruik ek sommer my kantoor se klein yskas ( BAR FRIDGE) wat op 220v werk.  pas lekker agter in die bakkie en is nie swaar nie.  Het n ou "3 way" yskas ook vir die kere wat ons gaan kamp waar daar nie krag is nie.

FREDA: Nell, ek wil jou sê wat ons gedoen het as ons by Baviaanskloof gaan kamp het vir 'n naweek.  Ons het nie 'n yskas gehad nie.  Ons het 'n baie groot koelboks gehad.  Al ons vleis laat vakuumverpak en vooraf gevries.  Ons het plastiekbakke vol water in die vrieskas vooraf gevries dan die groot ysblokke saam met die gevriesde vleis in die koelboks gepak.  Ons botter en melk het ook ingegaan.  Ons vleis het later ontdooi binne die vakuum maar geen bloederigheid loop uit nie.  Dit bly ook yskoud en het nooit afgegaan nie.  Blikkies bier en koeldrank ook so koud gehou.  Dit het gewerk vir ons.

NELLKIRSTEN:

dis n plan. ek het 1. sal loer of ek n plekkie kan maak.

segekok het geskryf:

nellkirsten het geskryf:

Hello Voortrekker -

Op die stadium moet ek nog n plan maak met die kos koudhou situasie. die 12V yskassie sal nog eendag kom smile
Dalk droe ys!...

As ons met die tent gaan kamp vir n paar dae gebruik ek sommer my kantoor se klein yskas ( BAR FRIDGE) wat op 220v werk.  pas lekker agter in die bakkie en is nie swaar nie.  Het n ou "3 way" yskas ook vir die kere wat ons gaan kamp waar daar nie krag is nie.

 NELLKIRSTEN:

Freda ek gaan dit virseker probeer
Baie dankie vir die goeie tip!

Freda het geskryf:

Nell, ek wil jou sê wat ons gedoen het as ons by Baviaanskloof gaan kamp het vir 'n naweek.  Ons het nie 'n yskas gehad nie.  Ons het 'n baie groot koelboks gehad.  Al ons vleis laat vakuumverpak en vooraf gevries.  Ons het plastiekbakke vol water in die vrieskas vooraf gevries dan die groot ysblokke saam met die gevriesde vleis in die koelboks gepak.  Ons botter en melk het ook ingegaan.  Ons vleis het later ontdooi binne die vakuum maar geen bloederigheid loop uit nie.  Dit bly ook yskoud en het nooit afgegaan nie.  Blikkies bier en koeldrank ook so koud gehou.  Dit het gewerk vir ons.

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus