Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Sterkte Oom Neef
Ek het nog net chemoterapie uitwendig dmv salf gehad op my gesig vir velkanker, en dit was glad nie aangenaam nie. Sedertdien is dit egter baie minder gereeld vir my nodig om solar keratose te laat vries want dit kom baie minder gereeld uit.
Met inwendige kanker glo ek die behandeling kan heeltemal ontslae raak van die kanker? Ek hoop saam dat dit in Oom Neef se geval ‘n sukses gaan wees, en dat die lyding onder die newe-effekte nie lank sal duur nie.
Wessel, bake stekte vir…
Wessel, bake stekte vir julle albei, veral vir Marie. Ons mask dit 'n gebed saak.
Herman, ook vir jou en Vonnie, jy bly in ons gedagtes
neef Herman ...
Baie sterkte vir jou, hoop jy voel spoedig beter. 🤞
Wessel, sterkte ook vir Marie. 🙏
More kampmaters. Ja, die…
More kampmaters. Ja, die eertse van 8 chemo sessies was die ergste ervaring ooit. Was ek al ooit so siek van enigiets anders in my lewe, NOOIT. Malaria of bosluiskoors is nie naby die nagevolge wat 6 uur lank se binneaarse chemo aan my lyf gedoen het nie. Wat dit seker in my kop vererger is die feit dat ek GEEN ongemak of enigsins pyn het agv die kanker in die blaas nie, so dit voel werklik soos n verregaande situasie, die chemoterapiebehandeling.
Het met die Onkoloog bespreek, en ek het my bietjie vir die man vereg toe hy hy eenvoudig se dat ek nie by Kersfees sal uitkom as ek dit nou staak nie, dat daar geen alternatief is nie. Wat hy wel genoem het, is dat die intensiteit van die dosis, stelselmatig afgeneem word, en die volgende behandeling na 80% gaan wees. Dinsdag se sessie is egter gekanseleer omrede die witbloed telling te laag is, net sowat 25% van wat as normaal beskou word.
Wildehont, Chemo maak nie gesond nie!!!! Dit word elke keer herhaal, dit strem net die groei van die selle. Die operasie wat volg, om al die aktiewe dele te verwyder is die enigeste uitweg. Of dit is wat in my geval moet gebeur. Kanker is jou eie selle, en word nie deur jou immuniteit gesien nie.
Op die oomblik het ek nou n twee weke breek voordat die volgende rondte begin, en kon darem gisteraand n vleisie braaien n bietjie drink, verlede week het dit eenvoudig walglik geproe. Om dit te hoor van n man wat damme se bier in sy lewe gedrink het....
Nou ja, op die stadium gaan die spul aanhou tot begin November, dan n 6 weke aansterk peiode waarna die sjirurgie oorweeg sal word.
Groete, en sterkte aan almal. En geniet die lewe voluit, die "Grim Reaper" wag daar erens in die donker.
Groetnis.
Hart prosedure
Môre vriende
Die mediese wetenskap verstom my. Met Marie se prosedure het die arts vanaf die lieste sy instrumente opgestoot tot in die hart.
In haar geval het die natuurlike elektriese pulse, wat hartklop stimuleer, 'n ekstra stroombaan in boonste kamer gemaak. Daar het dus 'n warrelstroom ontstaan wat haar polsslag totaal opgefoeter het. Ten einde die ritme te herstel, word die warrelstroom bloot, in leke taal, gaan brand die baan af.
Volgens Marie is die gevoeligste, die plekkies waar hulle die are binne gedring het. Ek wonder nou skielik, as ek met 'n multimeter wil meet, op watter punte druk ek met die multimeter![]()
Jy moet jou multimeter op…
Jy moet jou multimeter op die 2 battery pole druk.
Artse se uitsprake!!!!
Môre Herman
Weet jy, dis goed om van jou te lees hierso.
Ek kan my so vererg vir artse se onnadenkende uitlatings. soms wonder ek of hulle medies gesproke korrek is, of hulle skokterapie gebruik, of bloot net wil geld maak.
Neef, in boere afrikaans, te moer met die "Grim Reaper" wat wag. Die dood wag sekerlik vir almal, myne kan netnou wees as ek slaghuis toe gaan. Hou jy net moed, druk deur my maat, moenie tou opgooi nie. Ek weet van gevalle waar die behandeling suksesvol was.
NS: Herman, ek weet ook dis maklik vir 'n buitestander om bostaande te sê, want ek het geen idee waardeer jy gaan nie.
Neef .....
.... ek en Ralie dink aan jou in hierdie k@kkerige tyd wat jy tans deurgaan.
Dit verskil natuurlik van persoon tot persoon - en ek is 'n totale leek. Ek dink ek het dit reeds genoem, maar 'n goeie ou vriend van my is ook 'n tyd gelede met blaaskanker gediagnoseer. In sy geval is daar besluit om te opereer en sy blaas en prostaat is verwyder. M.a.w. hy dra nou 'n sakkie. Sy chemo-sessies het daarna eers begin, maar was van sodanige aard dat hy nie in die minste sleg gevoel het nie.
Mag jy hierdie ding oorwin ou maat. Sterkte vir jou!!
GM
Goeie môre Herman en al die ander saam-geselsers !
As ek so luister na Herman se verduideliking hierbo, dan is ek éérs dankbaar vir die dokters wat na my kanker en dermkanaal-stories omsien - absolute empatie, geduld en verdraagsaamheid met die pasiënt en sy naasbestaandes. My chirurg glo dat as kanker chirurgies verwyder kan word, moet dit eerder gedoen word as chemo-terapie. Oor 'n periode van 10 jaar het hy al 8 kanker-tumors uit my liggaam verwyder sonder dat ek chemo-terapie nodig gehad het. Slegs indien chirurgie nie moontlik is nie, is chemo natuurlik noodsaaklik soos in Herman se geval.
Herman, sterk staan, jy sal hierdeur kom !
Velkanker
Wildehont, Chemo maak nie gesond nie!!!! Dit word elke keer herhaal, dit strem net die groei van die selle.
Oom Neef, ek het tot dusver nog net velkanker. Dis nie iets waarvan mens ooit heeltemal ontslae kan raak nie, en aangesien die vel die grootste orgaan is is daar baie plekke waar dit uitdop. In my geval oorwegend op die gesig, ore, kopvel en arms vanwee sonskade toe ek jonk was. Omdat dit op die vel uitkom kan dit gelukkig vroeg gediagnoseer en behandel word.
Die behandeling wat ek daarvoor met ‘n salf gedoen het, word as topical chemoterapie geag. Dis nie binneaars nie, en het gelukkig nie dieselfde newe effekte nie. Dit vernietig wel die kankerselle, ook die wat nog nie op die oppervlak uitgekom het nie. Dit affekteer nie gewone selle nie.
Hier onder is foto’s van my gesig tydens en na die behandeling. Dit was seer, maar die ergste was die herstel toe dit vreeslik gejeuk het maar mens kan dit nie krap nie. Gelukkig het ek dit tydens Covid inperking gedoen toe ek nie die huis verlaat het nie. Sterkte met Oom Neef se behandeling, dit klink darem asof die elke keer minder goor gaan raak. Ons hoop so!


Hello Chris. n Paar van my…
Hello Chris. n Paar van my maters sukkel ook met velkanker, en moet ook gereels dit brand soos ek aflei jy doen. Of dit nou met gas of salf gedoen word lyk hulle maar soos gekookte kreef vir n ruk. Jy moet dit maar goed oppas, netnou migreer een van daai selle na n ander plek soos niere, en dan is dit waar velkanker jou uitsit.
Vries vs salf vir velkanker
Ek laat vries elke nou en dan ‘n paar vrot kolle (soos my pa, wat dit ook gehad het dit genoem het). Dit doen die GP sommer met ‘n watte wat in vloeibare stikstof gedoop is. Dis nie so seer nie. Dis eintlik precancerous plekkies. As mens dit nie behandel nie, kan dit melanoom raak of na binne groei en as dit in jou limfatiese stelsel kom versprei.
Aanvanklik kan mens dit skaars sien, dis net growwe plekkies. Die voordeel van die behandeling met die salf, is dat dit selle wat nog nie op jou vel uitgedop het nie ook dood. Na die behandeling het ek minder growwe plekkies wat uitkom en hoef ek baie minder gereeld te laat vries. Ek sal seker maar weer deur die salf behandeling moet gaan as dit weer meer gereeld manifesteer.
Weereens sterkte met die behandeling. Ek glo Oom Neef sal die kanker oorwin en aangaan met ‘n vol lewe.
Ek gaan self maar 1 keer 'n…
Ek gaan self maar 1 keer 'n jaar na 'n plaaslike Dermatoloog vir bogenoemde soos deur Chris genoem. So 4 jaar terug moes ek wel 'n Spesialis gaan sien het wat 'n prosedure gedoen het met die uitsny van 'n "knop" net onder my oog. Gelukkig kon hulle alles uitsny op daai stadium.
Baie sterkte Herman en ons vertrou dat jy goed sal herstel.
Aanhaling
Ons almal gaan een of ander tyd deur 'n tydperk in ons lewens wanneer dit minder goed of swaar gaan, hetsy op finansiële-, gesondheids- of welke gebied ookal. Die volgende is dalk een van daardie makliker gesê as gedoen goed. Ek lees graag die daaglikse aanhalings in Die Burger. Vanoggend s'n is een deur Henry Ford: "Wanneer dit swaar gaan, onthou dat 'n vliegtuig styg op teen die wind, nie saam met die wind nie."
Hello maters. Moet met julle…
Hello maters. Moet met julle deel. Slowstrike, of Danie, het vir my die geurigste koffiebone gestuur wat sy kinders maak. Dit is vreeslik treffend verpak, en kan n Gucci label enige dag kry.
Dankie Danie, dit word baie waardeer, en die whiskey geur maak dit spesiaal. Dink aan jou met elke koppie.
geurigste koffiebone gestuur…
geurigste koffiebone gestuur wat sy kinders maak
Dit is lekker om van te lees! ![]()





Nuus
Wessel, baie bly vir julle onthalwe dat Marie se probleem so vinnig opgelos is.
Herman : Ek het Maandag met Herman gesels - hy het 'n 6-uur chemo sessie gehad en was drie dae later baie siek. Dit gaan nie goed met hom nie en hy wil 'n alternatiewe prosedure met sy onkoloog bespreek.
Herman, moed hou ou maat, jy en Von bly in ons gedagtes en ek is steeds vol vertoue daar sal genesing vir jou kom.