Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse kobras Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -8 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 14:53

Middag vriende

Ons kom nou net van die Zuid Afrikaanse Hospitaal af, my beterhelfte moes die hart elektrisien gaan sien het. 

Die goeie nuus is, hy wil haar  [nooit] weer sien nie. Alles is EKG-disselboom. 

Ek moet nou testament laat verander---iets te doene met die langslewende hou Grompie.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/04/2023 - 15:54

... om sulke nuus te ontvang Wessel. Ons skink 'n rooietjie op Marie vanaand.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 11/04/2023 - 16:00

Dis goeie nuus Wessel. 🙏🏻

Die goeie nuus is, hy wil haar  [nooit] weer sien nie.

Na my "bypass" in Jullie 2011 na die 6 maande onder soek het my Dr.IPL Dannheimer dit ook vir my gesê, maar ?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 16:34

Middag vriend

Daar is 'n verskil in prosedures, jy het 'n omleiding gekry. Marie het el elektriese ingryping gekry. 

Die spesialis praat van homself as 'n hart-elektrisien, en sy kollegas as die hart- plumbers wat omleidings doen.

Sterkte vir die volgende paar dae, ons glo dit sal goed afloop.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 17:47

Jammer om dit te hoor. Gaan hulle weer probeer?

Ek kan 'n uitstekende velspesialis aanbeveel, sou jy belangstel. Hy het my voet gered na die tentpen ongeluk. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 11/04/2023 - 18:00

Baie sterkte Nico 🙏🏻

hart- plumbers

Wessel, dis hoekom el laas gesê het hulle gaan die aar oop-boor. 😉

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 13/04/2023 - 15:42

Dr. Vorster die kardioloog is tevrede met hulle werk gister en sê ek is gesort vir lank.

Nou begin met die spoel vir môre.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 16:54

Middag vriend

Dis goeie nuus van hartmanne af. Hopenlik is alles môre ook sommer net goeie nuus. Ons glo so

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 14/04/2023 - 20:49

Dit was 'n laaang dag gewees want die Dr. het my tyd geskuif na 13h30.  Seker 'n uur later in, lekker geslaap en het niks gevoel oorgehou van die prosedures nie.  Hy het iets gesien waar die dunderm in die dikderm ingaan en my gestuur vir 'n CT scan, daai 2L jodium water wat ruik soos ligerish (daai swart goed, spelling 🤷🏼‍♂️) is hond sleg, moes dit in 2 ure uit drink.  Toe spuit hulle jodium in die are vir die scan (ek het gelê en bewe van die koue) dit was so 19h00.  Sien hom Woensdag oggend om te hoor wat sien hy op die scan en die uitslag van die biopsie van wat hy binne geneem het.

Dat was nie 'n lekker week nie, gaan nou rustig raak, gelukkig het hulle die kabel teen die paal vervang. 👏🏻👍🏻🤞🏻

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/04/2023 - 21:00

Willem. welcome to the club!! van hero na zero in n oogwink. Ek bedoel nou die Jodium en pype in exhaust en  CT scans. Snaaks ek het so lekker warm gevoel in die ghoens gekry as hulle die spul inspuit, nie koud nie. Ek glo jou biopsie sal skoon wees, en drink maar ietsie vir die senuwees intussen. Ek gaan n lekker branna skink op jou gesondheid.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 15/04/2023 - 10:03

Snaaks ek het so lekker warm gevoel in die ghoens gekry as hulle die spul inspuit, nie koud nie.

Ek het dit ook beleef toe hulle dit in die aar spuit, maar die water was koud.

Ek gaan n lekker branna skink op jou gesondheid.

Gee kans ek volg jou binnekort. 😉🥃

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/04/2023 - 17:35

................ek is bly die ondersoeke is verby en hou vir jou duimvas vir Woensdag. My laaste tumor wat twee jaar gelede verwyder is, was op die presiese plek soos wat jy beskryf waar jou chirurg iets gesien het, waar die dunderm in die dikderm koppel.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/04/2023 - 13:56

Ok, was by die Dr. en hy het terugvoering gegee.  Ek gaan Surette se skrywe somer hier plaas. 

Surette Brits: Hulle gaan die omkringde gedeelte uitsny en dan die derm weer connect. So dis net 'n deel van die 6m derm wat uitgesny en weer connect word.
Daar is nie kanker of Crohns disease nie, maar hy gaan toetse laat doen wanneer die stuk uitgesny is.
As hulle met die Da Vinci robot dit gaan doen is dit die 25st Mei, as dit net laporaskopies gedoen word gaan dit die 23st Mei gebeur.
Of by Pretoria Oos of Unitas. Hang af wat Discovery gaan goedkeur.

.

.

Die swart kol is die vernouing waar die dun derm in die dik derm in gaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus