Ek weet dat hier op die forum is al baie geween oor kampbure wat hulle nie goed gedra nie, maar aan die ander kant is gesprekke oor lekker kampbure maar skaars. Die onderwerp het waarskynlik baie te make wat jou keuse is, met ander woorde waar kamp jy graag. Ek kan nou nie eintlik sê dat ons vir onsself neergelegde reëls het oor waar en hoe ons kamp nie, maar as ek nou terug dink en deur my fotos blaai, kom ek agter dat ons twee geen vaste reëls het as dit kom by kampplekke nie - ons vat dit soos dit kom.
Oor die algemeen hou ons van wildtuin kampering, see-kampering en dan sommer 'n verskeidenheid ander vorme soos byvoorbeeld KKNK in Oudtshoorn, Leentjiesklip aan die Weskus, Montagu en 'n hele spulletjie ander.
By Hartenbos is dit gewoonlik bedrywig en vind kampering nabymekaar plaas, maar vir ons pla dit nie - die vakansiegees (binne of buite seisoen) is nogal aansteeklik. Die vriendelikheid van mede-kampeerders is ook 'n aangename ervaring. Byvoorbeeld hier kamp ons in Februarie by Hartenbos saam met 'n klompie vriendelike ouballies en geniet 'n straatbraai.

En hier kamp ons in Satara, eenkant en afgesonder van ander mense.

En hier kamp ons saam met hegte vriende oor 'n langnaweek by Montagu - drie Bushlapas en ons Exclusive :-

En net om die storie af te rond, hier kamp ons in Punda Maria saam met ons getroue en gereelde Wildtuin-kampvriende (ook met 'n Bushlapa !) :-
Wat sê jy van kampbure of kampvriende ?
Die geluidjies van klein…
Die geluidjies van klein kinderstjies wat lag en speel is beter as harde musiek!
Kamp
Ek is weer die ou wat oor sal stap my self bekend sal stel en gesels kamp is mos lekke as almal saam kuier , braai en lewe geniet kinders wat speel soos Anton se pla my nie dan die ou jy groet maar sy tong ingesluk groet weer die tong bly binne sulke ouens vermy ek dan ek wil my mos self geniet dronkgatte iriteer die witwaks uit my uit hy is slimmer en sterker op die ou einde vriedelikheid kos niks Lank lewe kamp
Introvert of ekstrovert
Middag vriende
Ek vermoed die antwoord op Len se vraag is opgesluit in die titel. Soos onse neef Herman opgesom het na die Herfsblare saamtrek, " nie almal is kudde diere nie".
Ek is dalk ietwat van 'n ekstrovert, en sal maklik 'n geselsie aanknoop. 'n Introvert kan weer maklik opgesom word as 'n stugge persoon, of dan kil. Dit is bloot hulle manier om afstand te hou, en nie omdat hulle neersien op ander nie.
Ek het 'n hekel daarin as mense jou wil intrek[betrek] by hulle bedrywighede. Ons het jare na dieselfde oord gegaan naby Gonubie. Die kampeerders lief en gaaf, kamp toe al omtrent vir 25jaar saam, en het familie geword. Vir 'n groentjie/buitestaander was die saam eet met Kersfees, saam visbraai, saam uiteet aanvanklik vreemd.
Mettertyd het ons geleer dat mens ook NEE kan sê, wat ook soms verkeerd vertolk was.
Ek het ook gou "uit" gevoel by woonwaklubs. Ek wil nie teen my sin by allerhande kinderagtige tydverdrywe betrek word nie. As jy dan weier, is jy die "odd one".
Ek is nie so bevoorreg soos Len wat goeie kampeervriende het nie, maar dit sou ek geniet het. Mense moet mekaar baie goed ken om vir lang periodes vreedsaam te verkeer, sonder om vriendskappe te versuur.
Soos Chris B so graag sê-- elke ou soen sy vrou soos hy wil.
Introvert of ekstrovert
Ons besigheid werk so : My beterhelfte is die ekstovert en hou van mense, vriende om haar. Ek is nou meer die introvert soort, maar "go with the flow" van my vrou. Wat ons saamkamp-vriende betref, is daar nie-neergelegde gebruike wat toegepas word, byvoorbeeld, ons reis vanaf Kaapstad op ons eie tot in Pretoria waar ons by ander familie en ou vriende kuier. Daarna kom ons bymekaar in die Wildtuin en dan begin die saamkamp eers. Met ons wildritte behou ons afstand, elkeen ry met hul eie voertuig en soms nie eers in dieselfde rigting nie. Met die terugrit Kaapstad toe, doen elkeen ook sy eie ding, meestal verskillende roetes en oorslaap-plekke.
Wat see-vakansies betref, doen ons meestal ons eie ding - nog net twee of driekeer saam met familie gekamp.
Ons kamp vriende was maar…
Ons kamp vriende was maar altyd ons kinders en kleinkinders. Ons het baie vriende wat saam met ons sport beoefen maar nie huisvriende nie. Pla my gladnie en is gelukkig op ons eie.
Ken nie eers die mense in die kerk nie en groet maar net. Onlangs het die kerk 'n kampgroep gestig en ons het besluit ons gaan dit probeer net om die mense te leer ken. Eerste kamp was baie lekker en is daar gekuier en elke een het gedoen wat hy wil en net in die aande saam gebraai. Volgende kamp is 16-18 September by Dolphin in Ballito en ons is daar.
Was ook maar altyd skikkerig vir saamkamp en dat jy basies geforseer word om goed saam te doen.
Elmarie sê ek hou van gesêls maar sal nie na iemand anders stap nie. So in die verbygaan is die lekker om geselsie aan te knoop en groet ook graag.
Anders is ek maar baie virsigtig om nie mede kampeerders te irriteer nie en hou ons kampplek netjies.
Hou net nie van bure wat op my wil kamp nie.
Kampbure ...
Soos Johann gesê het, het ek ook nie 'n probleem waar ek kamp nie. Ek het vir Surette gesê toe ons die Regal in 2000 gekoop het, ons moet probeer om elke keer by 'n ander oord te kamp en as ons 80% van die kampe om ons by was kamp ons weer by waar ons al was gaan kamp.
Maar moet sê met ons jaarlikse lang kampe was dit gewoonlik Hartenbos in Februarie toe kom Eiland.
Wat die bure betref was ons nog meer as 90% tevrede gewees, maar ja jy kry soms daai ou naby jou wat nie lekker saam kamp nie.
Met die ou WegSleep forum waar ek van die begin ook aangesluit het, het ek al die Gauteng saam kampe gereël en ek dink ek het net een gemis in Gariep toe my dogter getrou het. Ek was selfs met die eerste Kaapse saamtrek by Ou Skip (moerse draai gery, was oppad Hartenbos toe) ook daar gewees.
Ek het toe ook CP.com begin om kampe tereël.
Met al die kampe was daar geen verpligte doen en late nie maar het altyd gevra as jy wil kom ons braai Saterdag saam en dan het ons gewoonlik 'n groep foto geneem. Verder het almal maar tussen mekaar gekuier en ander se gesigte by forum naam gesit.
Met Kampforum is dit ook so, elkeen doen wat hy wil maar probeer om die Saterdag saam te braai en 'n groep foto te neem.
Dit is so met my WilSur saam kampe ook.
Ek kamp omdat ek dit geniet en dan is dit maklik om saam ander te kamp/kuier wat die selfde gevoel het. As jy ander nie irreteer nie behoort hulle jou ook nie te irreteer nie, maar ja daar is soms 'n 💩 in die drink water.
Ons enigste toer met die karavaan was Februarie 2001 van Pta. via Port Nolloth, Kaap toe en terug met 1 tot 2 nagte oorstaan. Dit was ook my laaste karavaan toer want ek hou meer van kamp as die ront ryery, behalwe as ek ver kamp dan slaap ek maklik oor sonder om kamp op te slaan. Hoe langer ek kan staan hoe beter.
Ek het Surette se suster en broer hulle aan kamp voorgestel, altwee het lank met tente gekamp maar nou het hulle ook karavane en ons kamp gereeld saam, selfs lang Desember vakansies.
Geniet jou kamp voluit. 🏕🍺🔥🍺🥩
Ons geniet die kinners al is…
Ons geniet die kinners al is hulle op swart skopfietsies....
`n Slegte dag terwyl jy kamp is nog steeds beter as `n goeie dag op kantoor.
Ek het geen probleem om n mede kamper te help as hy hulp nodig het nie en sal self `n geselsie aanknoop want dit is deel van kamp om ander mense te leer ken.
Ek is ongelukkig nie `n tropdier nie. Ek haat dit om aangesê te word wanneer ek wat moet doen. Tema partytjies is vir my iets uit die bose en nog erger is wanneer dinge in groepsverband gedoen moet word en daar vir my besluit word wat ons gaan braai.
Ons kamp meestal alleen en ek verkies dit so. Een keer per jaar moet ek ingee as die skoonfamilie almal saamkamp vir skoonpa se verjaarsdag dan byt ek op my tanne en doen dit ter wille van hom. Hy word hierdie jaar 85 en ek kan sien hoe hy nou vinnig agteruitgaan.
Alleen of saam met vriende
Hoe meer siele, hoe meer vreugde. Maar dit hang af waar mens kampeer. In ‘n oord by die see is dit lekker as daar ‘n gesellige atmosfeer is, die kinders baljaar en fietsry en almal lekker kuier. Wanneer ek in ‘n wildreservaat is verkies ek dit om na die natuur te luister. Dan wil ek nie na ander mense se gekuier luister nie. Selfs by die see kies ek oorde soos Dwarswegstrand, Jongensfontein en Yzerfontein waar die see genoeg raas dat ek nie my bure te goed kan hoor nie.
Ons kampeer wel taamlik gereeld saam met vriende. Hier is drie gesinne in Worcester waarmee ons bevriend is, met kinders van ons s’n se portuur en wat ook hou van kampeer. Hulle het onderskeidelik ‘n Penta, Fleetline en Tourer SW. Lg kan wel grondpad ry, maar word met ‘n VW Kombi gesleep en hulle is meer see mense as bos mense. Ons goeie vriende met die Penta gaan saam Kgalagadi toe April, maar leen vriende van hulle se Conqueror vir daardie toer.
Dis nou goeie vriende
Middag Chris S
...wat hulle boswa leen. Ek hoop die 2 vriende het vir daardie periode woonwaens geruil, sodat die ander ou met die Penta kan gaan kampeer.
.





Wat my betref gee ek glad…
Wat my betref gee ek glad nie om waar ek kamp nie, solank die ablusies skoon is, is ek gelukkig.
As dit kom by kamp bure, gee ek ook nie om nie, geraas van dronkies irriteer my egter verskriklik, maar kinders se lag en speel is wonderlik om te hoor. Dit is ook natuurlik baie lekker om darem jou bure te ontmoed, sonder om mekaar se deurdrimpels deur te trap.
Ek het die gewoonte om baie deur die kamp terein te stap en groet almal, al is dit net 'n middag, of more, of naand.
Waar iemand besig is met braai sal ek baie keer se, ek hou van my vleis so of so / of roep asb as die kos gereed is....
Ons en my een niggie kamp baie saam, en geniet dit om so ons liefde vir mekaar, en gemeenskaplike liefde vir kampering saam te wees.
My een swaer is ook baie lief vir kamp en ons gaan ook baie saam met hulle.