More en dankie vir ‘n lekker lees webblad. Ek soek bietjie terugvoering oor die Adventure Xtreme Deluxe boswa. Daar is redelik min ‘reviews’. Is daar van ons lesers is wat ene het, sal ek bietjie terugvoering waardeur. Ek kyk na die 2 slaper met die bed binne in die wa. Hoe sleep hy? Het jy hom al op rowwe terrein gehad? Is jy tevrede? Enige inligting sal help.
Adventure reeks
nee, dis net omdat dit die enigste epos adres was wat beskikbaar was. Dankie. Ja, dis redelik nuut v my ook. Ek verneem hulle maak en verkoop 25 waens per maand. Hoe waar dit is, weet ekke nie. Inligting is min en die waens is net in die noorde. Die prys is baie goed en dit is wat my aantrek. Lekker dag.
Die waens lyk netjies. Ek…
Die waens lyk netjies. Ek is seker hulle sal meer inligting aanstuur as 'n mens hulle kontak?
Daar is net nie fotos of…
Daar is net nie fotos of beskrywing van die binneruim nie. Ek sou verwag dat hulle minstens n skematiese vloeruitleg wys. Is dit bv moontlik om te kan slaap , was en aanterk sonder om als op te slaan. Soos vir n toer waar slegs een aand oorgebly word.
Ek het vir hulle gou 'n…
Ek het vir hulle gou 'n boodskap op FB gestuur met 'n skakel na hierdie onderwerp. Ek het gesê ons soek meer inligting.
Fotos-
Môre neef Herman
Stem ek mos 'n slag 100% saam met jou. Daai fotos van veral binne ruim, vloeruitleg, en modelle. ![]()
Nee manne, fotos van die verskillende modelle, watter het badkamers, toilette, en dubbelbed.
Onthou wat ek nou die dag genoem het. Mens kan kyk en kyk op webblad, maar as jy nie kan gaan fisies kyk, aanpas, jou lyf op die bed drapeer nie, het jy nog nie die ware indruk nie. Ek het nou al 2 stelle afgetrap.
Ek sal moeilik 'n produk koop, wat geen diensagente naby my het nie. Seker maar omdat ek onhandig met gereedskap is.
Soektog na wa
Wessel, ek stem....'n ou moet mos darem jou le plek uittoets en vir mamma tevrede hou. 'n Vriend van my het van die Kaap af gery na elke boswa bouer in SA. Het hom twee weke geneem, maar hy was by almal wat op sy lysie was. Daar was ook boswaens wat nie die lys gehaal het nie. Toe kry hy 'n wa in Gauteng, maar moes toe nog Durban toe. En dis presies wat hy gedoen het. Durban toe, nie van die wa gehou nie, terug Gauteng toe en bestel vir hom sy nuwe wa (TuffCat). Hy het intussen nog 2 vir sy seuns gekoop. So dis 'n bewys van....maak seker voor jy koop.
Ek het 2 versoeke gestuur. …
Ek het 2 versoeke gestuur. 1 na hulle webwerf en die ander een op hulle FB blad. Ek het nog nie antwoord gekry op die webwerf navraag nie maar iemand het my wel gevra vir my tel nr op hulle FB blad en gesê hulle sal my skakel. Ek het nog nie die oproep ontvang nie.
PS. Ek ondervind deesdae dat webwerf navrae nie altyd geantwoord word nie, maar FB kry beter reaksie. Maar dit is seker vir 'n ander gesprek.





Adventure reeks
Môre vriend
Staan die maj vir majoor?
Dis nou die eerste keer wat ek van die reeks waens verneem. Dit lyk heel goed op hulle webblad, maar daar ontbreek kritiese inligting, soos afmetings, lisensiegewig, bruto gewig.
Dit kan 'n bepalende faktor wees, ten opsigte van die sleepvoertuig wat jy oorweeg. Sterkte met jou soeke na 'n boswa wat in julle behoeftes pas.