Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -15 minutes ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -4 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Wessel November 2026 Geert -5 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -5 hours ago

Oktober 2022 groet en koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre Almal.  Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!

Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai  voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..smiley

Brackenfell

HennieBo

Fri, 28/10/2022 - 05:45

Goeie môre.

Die wind het verskriklik laasnag hier by ons gewaai. Saam met dit ook heerlike reën. Ek het nou 22mm uit die meter gegooi.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/10/2022 - 05:58

Môre almal

Vroegoggend ook lekker reen gehad, deur die vêrkyker lyk dit na 22mm.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 28/10/2022 - 08:00

Nie heeltemal so einfach nie Johann! Al wat tans gebeur het is dat die sentrale regering SANRAL se skuld oorneem teen 70% en dat die Gauteng regering die ander 30% oorneem. Soos met alle finansiële sake kom daar 'n klomp fynskrif by, in die geval dat Gauteng self moet uitsorteer hoe hulle die geld gaan kry om daai 30% te betaal, hetsy dit een of ander vorm van tolgeld, addisionele belasting, dalk selfs 'n brandstofheffing, wie weet? Dink 'n klomp instansies het dalk te vinnig op die wa gespring en begin skreeu "the king is dead", en die res gemis wat iets gaan soos "long live the king"! Ek het destyds toe my etol rekening deur die dak begin klim het die eenmalige 60% afslag aanbod deur SANRAL aanvaar en my uitstaande rekening vereffen. My werklike gebruik van die etol paaie het in tussentyd gedaal na minder as R100 per maand. Rede hoekom ek maar eerder betaal is dat indien ek vir uitstaande skuld gedagvaar sou word my professionele registrasie daarmee heen sal wees maw ek mag nie meer as PrIng praktiseer nie...nie die risiko werd nie. Die etol "tag" is ook handig as ons byvoorbeeld afry KZN toe, ek laai alle tolgelde vooraf en skiet dan deur die "tags only" laan by die tolhekke, gewoonlik geen gewag in toue nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/10/2022 - 08:35

Môre Grootwind, Johann en ander 

Hierdie aankondiging gaan ons almal byt, veral belastingpligtiges.

Die regering is nie vader Kersfees nie, en daai skuldlas wat oorgeneem word, gaan verhaal word. Nou gaan dit verhaal word op 'n manier waar almal gaan bydra, selfs die ouens wat nie eers "skuld" het aan die gemors nie.

Grootwind: Ek is verbaas om te lees dat jy wat met 'n Ranger, en 'n Fleetlie gehaak, deur tolhekke "kan skiet". Dit is mos 'n term wat sinoniem met spoed is, of mis ek iets?laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/10/2022 - 11:45

Grootwind, ek is eintlik maar net jaloers op jou trokkie.

Ek kom agter dat Grompie se enjin uitset eintlik gemeet moet word met 'n geraasvlakmeter, in decibels.!!!Dit styg vinniger as die kilo watt kurwe.laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 28/10/2022 - 14:16

Jorg jy is heeltemal reg.

Ek sal ook maar betaal tot dit ophou verhaal, en buitendien, die voordeel vir ons wie nie die gantries gereeld gebruik nie, is dit werklik lekker om die tol hekke so rustig deur 'te skiet" soos jy sê.

My doel was meer om gesêlskap uitbte lokwink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 29/10/2022 - 06:05

Môre mense.  Dit het lanklaas so hard gereën hier by ons soos gisteraand.  Ek wonder hoe lyk die Hennopsrivier vanoggend?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 06:26

Môre Anton

Stuur sommer gou jou hommeltuig, en gaan loer.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 06:30

Môre Chris B

Jammer om van jou gewysigde planne te lees. Ek hoop nie dis daai 2 geveerdes wat jou planne so verkeerdom foeter nie.

Gaan jy al die pad deur Klein Karoo en dan af na Dibiki? Of gaan jy van Barrydale met die Tradouwspas na die N2, en dan Dibiki toe. 

Enige planne vir terug huistoe, of is dit reguit huistoe? 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 29/10/2022 - 06:59

My hommel styg nie eers op hier waar ek woon nie want dit word beperk deur die veiligheids sagteware omdat ek direk inlyn is met die lugmag se aanloopbaan...frown

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 29/10/2022 - 07:55

Goeie môre vriende, geniet hierdie volgende, volgens YR, baie reen wat oor die volle week verwag word.

Anton, is daar nog iets aan die gang by die lughawe?

Wessel jy kry ook mos gou warm, glo jy geniet ook die koeler weer.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 29/10/2022 - 10:52

Weer 'n lekker 11mm 🌧️ nou uit gegooi 👏🏻👍🏻🙏🏻

Gisteraand het die erg gelyk aan die Weste kant, maar het nie so gereën soos wat dit gelyk het nie, maar steeds dankbaar.

Johann, ja volgende week lyk soos baie reën.

Geniet jou Saterdag.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 29/10/2022 - 11:04

Goeie môre julle, geniet julle al die verskillende koffie, filter koffie, polisie koffie, renoster koffie en sommer die ys koffie ook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus