Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Oktober 2022 groet en koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre Almal.  Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!

Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai  voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..smiley

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/10/2022 - 09:02

................hoekom so stil, waar is al die kampeer-stories ?  Hoekom sien ons nie die kamp-opset van die ouens wat met vakansie is nie ?  Almal kan tog nie seinprobleme hê soos Willem nie.

As dit so aangaan gaan hierdie forum van ons kort voor lank doodloop.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 09:16

Môre vriende

Met betrekking tot Hennie se opmerking " voorbereid". Ek dink ook dat ek voorbereid is, maar is ons werklik??? Myne lê in boonste paneelkissie van Grompie, dit is NIE in my hand nie. Verlede week oppad Pilansberg toe, stop mens maar by al die stoppe, al die hobbels, en die "verkopers" dwarrel om jou voertuig , en heel naief dink ons, ons is veilig.  Dit was totaal anders laasjaar in Vryburg, want ons was gewaarsku, en ek het die rampokker sien aankom. Toe was ek reg vir hom. 

ChrisB: Jy moet maar die bestuurwerk vir Ralie oorgee, en jy ry " shot gun". Tog, daai onverhoedse aanval, klip van brug af, kan mens nie antisipeer of voorkom nie.

Dit is bloot 'n gerusstelling indien mens genoodsaak is om langs pad te stop om 'n wiel om te ruil. As dit ooit met my moet gebeur in die donker, ry ek 'n band en velling stukkend om weg te kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 09:21

Môre Len

jis maar jy kan raas!!!! Ek het mos my deel gedoen. Nou as jy nog stories wil hê, haak jou wa en gaan Onrus toe. Vat die pad en gaan kuier vir Herman, vandaar sommer see toe, en voor die skole sluit, is jy terug by die huis.

Julle ouens daar onder het die lekkerste koelste weer, net reg vir kampering, en julle doen dit nie.  

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/10/2022 - 09:34

Met betrekking tot Hennie se opmerking " voorbereid". Ek dink ook dat ek voorbereid is, maar is ons werklik??? 

Ek stem, maar myne word in die deur se "houer" saamgery. 

Julle ouens daar onder het die lekkerste koelste weer, net reg vir kampering, en julle doen dit nie.  

Ons trek swaar hier met die hitte op die oomblik. Ons ry ook donderdag oggend weer met kamp wegbreek na Konka toe, en die weervoorspelling lyk na bloedige hitte. Sal maar in die koeltes wegkruip. Het juis gistermiddag vir Doreen gesê dat ons die groot waaier moet saamvat. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/10/2022 - 09:46

Weereens toeris doodgeskiet op die Numbi -Witrivier pad.

Hoe gaan ons in in hierdie pragtige land sulke minagting van  'n lewe stop?

Niks geneem nie maar 'n lewe is verloor.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 04/10/2022 - 10:22

Die storie trek al klaar deur Duitsland, my familie daai kant reken daar is geen manier dat hulle weer die kant toe kom nie....dieselfde van goeie vriende in die VK gehoor. Wanneer gaan die siele wat ons land (probeer) regeer besef dat persepsie ALLES is in die toerisme bedryf. Gaan seker weer tot 'n stortvloed van kansellasies lei...en dan toi-toi ons weer want daar is nie werk nie...eish

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 04/10/2022 - 10:49

Len, ek is in die war. Ek dog ons voer ru-olie in, wat dan plaaslik geraffineer word tot diesel as byproduk, met eindproduk petrol. 

Die open gas turbine sentrales by Atlantis en Mosselbaai brand diesel om krag op te wek. Die een by Atlantis gebruik meer in 24 uur as wat die raffinadery (spelling?) buite Kaapstad in dieselfde tyd kan maak, en hulle voorsien aan ander kliente as Eskom ook. Dis hoekom diesel op groot skaal ingevoer word en hoekom Eskom reeds vroeg in die boekjaar deur hulle begroting gebrand het (letterlik en figuurlik).
 

Wanneer so baie steenkoolopwekkingseenhede en die helfte van Koeberg buite werking is moet hulle opwekking aanvul deur duur diesel te brand en turbines te laat loop by damme soos Steenbras en Sterkfontein. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 12:05

Middag Hennie

Lyk na 'n lekker plek om besig te bly. Tans, bly onder die bed op 'n klam sementvloer, ek sal nie nou na 6hoo buite wil wees nie. 

Ek kan nie agterkom of mens daar kan kampeer nie.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/10/2022 - 12:39

Wessel, ons het nou al baie daar gaan kamp. Die netheid van die plek en dan die feit dat elke staanplek sy eie ablusie het, maak dit vir my vrou aanvaarbaar.

Ongelukkig het hulle nog nie die fotos op van hulle "boskamp" staanplekke. Dit is 100% op gras en elke staanplek ook eie ablusie. Dit lyk GLADNIE soos die plaveisel staanplekke.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/10/2022 - 07:49

Môre Len

Is julle al aan die pak en klaarmaak vir 'n woonwa-uitstappie binnekort.

Ons ander wag vir 'n lekker lywige kampeerverslag daar van kant af.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/10/2022 - 07:27

Cele se dit gaan sleg innie Beeld koerand maar wat maak hy om dit te verbeter mokkel slaan sy hande innie lug op en se n ou wat sigarete skelm verkoop is aangekeer wtv

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/10/2022 - 10:59

Ek het vanoggend 'n item, wat baie mense seker onnodig ag, vir die karavaan gekoop - naamlik 'n elektroniese kombuisskaaltjie. Spar het tans 'n paar sogenaamde Masterchef toebehore op "special" - o.a. kombuisskale.

Ek, wat lief is vir my Skotse drankie, gebruik my elektroniese skaaltjie in ons kombuis om my dop af te meet. Dit is gewoonlik 'n item wat ingepak word, want as ons langerig staan op een plek, bak Ralie soms beskuit of ander lekker goed. Dan kom die skaaltjie handig te pas. Maar ek meet meer doppe af as wat sy bestanddele afweeg. Nou't die karavaan sy eie skaal.

Vanmiddag vat ek weer die "dreaded" N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad lughawe wanneer ek my seun-hulle gaan afhaal na hulle Terracebaai hengelekskursie. Hulle kom blykbaar met 'n vol kwota galjoen terug.

Hulle was gister gelukkig om, op pad terug na Swakopmund, op twee woestynleeus en 'n bruin hiëna af te kom by Torrabaai. Ek heg foto's aan wat hy gister gestuur het.

Leeus

Leeus

Leeus

Leeus

Ek gaan al hoéveel jaar Henties toe en wens elke keer om 'n bruin hiëna te sien. Ek het al die vars spore op die sand gesien en een wat doodgery was langs die soutpad. Maar in lewende lywe? Nog nooit.

Ek moet sê dat ek nie graag verras wil word deur 'n leeu terwyl ek hengel nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/10/2022 - 11:50

Middag Chris b

...van die Skotse medisyne, ek dog mens meet dit af, so met die aantal vingers.

Ek sal natuurlik eenkeer dit afweeg en 'n permanente ,merk aan die glas maak. laugh  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/10/2022 - 12:51

... ek drink so 'n tussenin dop - nie 'n enkel (25 ml) of 'n dubbel (50 ml) nie, maar 40 ml met 150 ml water. En my ou skaaltjie dui die twee hoeveelhede (whisky en water) presies af. So na my smaak. Die connoisseurs sal my snaaks aankyk met sóveel water by die whisky, maar dit is hoe ek dit laaik.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/10/2022 - 17:56

............ek drink nog nie whisky nie (miskien eendag as ek ook groot is) maar ek moet sê, ek het nog nooit gehoor 'n ou meet sy dop met 'n skaal af nie !  Chris, hierdie gebruik strook met jou presiese, afgemete spoed waarmee jy in die Wildtuin ry !

Aan die ander kant, my annerhelfte meet nog haar kombuis-bestanddele af met 'n ponde skaal en dan doen sy die omrekening na metries toe.  Dalk moet ek ook Spar toe gaan en haar met 'n nuwe skaal verras !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 08/10/2022 - 18:36

Naand Chris, baie mooi fotos, dankie vir die deel met onsyes

Ek het self my eerste bruin hiëna by Malonyeni besien, iewers in 2019, baie interesante dier.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus