Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Gepraat van vis
My seun en 'n maat van hom was verlede week saam met hulle wederhelftes in Terracebaai. Die galjoene het hulle goed gedra en hulle kon met 'n vol kwota (10 per persoon = 40 in totaal) terugkom. Hy't my gisteraand meegedeel dat sy maat 10 van sy visse aan my skenk, want hulle is nie sulke groot viseters nie. Met my liefde vir vis (veral galjoen) kyk ek nie 'n gegewe perd in die bek nie. Ek't hoeka 'n stukkie kabeljou op die spyskaart vir môre-aand se klein-Saterdagbraai.
Ek sal sorg dat daar genoeg is Lapskag. Jy en Nellie moet net opdaag.
Geniet julle dag. ChrisB…
Geniet julle dag.
ChrisB maak my ook nou lus vir so vissie op die kole. Deel bietjie die resep?
Hoe het galjoen by huis gekom???
Môre Chris B
ek wil heeltyd vra, as jou seun en vriende gevlieg het, hoe het die vis tuis gekom, ook gevlieg??
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖
Sit nou by die bloed trek ouens, Surette reken Wijan het melaria 🤷♂️ ek glo nie so nie.
Julle moet julle dag geniet.
Gesels later.
Willem sterkte daar met…
Willem sterkte daar met Wijan, ons hoop dit is liewer gewone griep🙏
Wessel, nee maggies man, voëls vlieg, visse swem, hoe verstaan jy dan nou so agterste voor?![]()
het die vis tuis gekom, ook gevlieg??
Hennie ...
... ek het geen spesiale resep vir visbraai nie. Ek wil vis proe - nie ander smaakmiddels nie. Ek gooi my vis (galjoen, kabeljou, snoek, harders ens) toe onder growwe sout. Laat dit vir 'n uur so lê en spoel sout dan deeglik af.
Ek braai graag galjoen, kabeljou en snoek met die velkant op foelie (wat met Spray & Cook) gespuit word. Smeer die vleiskant met 'n bietjie gesmelte margarien waarby suurlemoensap en 'n bietjie appelkooskonfyt gevoeg word. Laasgenoemde twee komplimenteer vis, maar dit kan uitgelaat word. Die margarien is maar net om te verhoed dat die vis se vleis aan die rooster vasklou.
Ek het in die verlede, voor ek foelie aan die velkant gebruik het, op stadige kole gebraai. Deesdae braai ek op hittige kole met die foeliekant eerste. Nou kan jy die vis maar vir 'n tydjie los, want die vel sal nie brand nie. Die vis kan amper gaar gebraai word op die foeliekant en dan later net 'n "tan" gegee word op die vleiskant. Vinnige braai op die foeliekant laat jou vis sappiger bly, maar gaar. Mense is té bang vis is nog rou en braai dit dan oorgaar.
Op hierdie metode (met foelie) eet jy die vis met vel en al. Ek krap galjoen sodat jy die lekkerste deel (die vel met sy lekker vetlaag tussen die vel en vleis) ook kan eet.
Die enigste geheim (nie 'n geheim nie) - moenie jou vis droog braai nie.
More forum
More almal sterkte daar Willem daai manier van vis gaarmaak Chris het my oorlede pa gedoen ek by hom so geleer
Ek is nie so lief vir vis nie
Maar ek eet gereeld groente. Hoenderborsies is my gunsteling groentesoort.
Baie dankie Chris. Ons sal…
Baie dankie Chris. Ons sal ook die vis op foelie sit en so braai. Die growwe sout is iets nuuts wat ek ook sal probeer.
Ek moet wel byvoeg dat ek ook lanklaas 'n vissie gebraai het.
Visvreter
Ek het grootgeword in 'n hengelfamilie (rots- en strandhengel) en uiteraard met vis gereeld op die spyskaart. Ralie, wat op 'n Karooplaas grootgeword het, het maar noodwendig by my geleer dat vis 'n lekkerny is. Ons eet gemiddeld elke 4de dag vis (dus sowat 2 keer per week), al is dit net 'n tuna-pastagereg. By my ouerhuis was ons bykans nooit sonder bokkems nie. Op 'n stadium was fyngemaakte bokkemvleis op 'n broodjie, dik gesmeer met botter, my en my pa se daaglikse ontbyt.
Tydens ons afgelope 6 weke in Roemenië was dit een groot gemis - naamlik vis. Ek het maar by geleentheid myself bederf met sardiens op roosterbrood. Vars vis is 'n "no-no" daar en hulle bevrore vis proe nie soos vis nie.
Johann....
...as Chris sy dop elektronies afweeg, kan sy visse dalk vlieg ook.![]()
Chris S....
....ek wou nou iets skryf, toe val dit my by, ons lesergarde se intree ouderdom het aansienlik verlaag![]()
Ek neem vir eers tydelike…
Ek neem vir eers tydelike afskeid van julle klomp twakpraters. Hier by ons is dit 'n pragtige dag en ek gaan nou lekker rolbal speel. Ons bane kyk uit op Kleinmond se hoofstrand en is altyd net 'n plesier om op te speel op sulke mooi dae. Ek is buitendien vandag en môre op kroegdiens by die klub en ek moet nog gou my skaaltjie gaan inpak sodat ek die dop reg kan afweeg.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖
Wijan se bloerd toets vir Malaria is negatief, Dr. sê daar is 'n Rota virus in Pta. baie het dit. Ons moet hom net monitor, hy lyk beter vanoggend.
Nog besig met foto's aflaai en verklein.
Geniet julle dag.
Malaria toets???
Middag Willem
Dalk was julle te gou met toets, nadat julle uit willetuin gekom het.
Hou hom maar dop, en dalk as weer bloedtoets, toets sommer vit Bilharsia ook.
Die bogger maak mens heerlik vaak en slaperig en sonder enige energie.
Malaria toets ...
Wessel, ek het vir Surette gesê dis te vroeg. Maar die Dr. reken dit is eerder die Rota virus maar as hy koors kry sal ons weer bloed toetse doen.
Willem...........
.............het julle voor die besoek Malaria-pille gedrink ?
Malaria inkubasie tydperk
Dis tussen 7 en 30 dae. Gewoonlik nader aan die korter grens (tussen 9 en 14 dae) met ons soort malaria (plasmodium falciparum). Dus moet mens jouself dophou vir lyfseer, koors en erge hoofpyn vanaf ‘n week na jy in die malariagebied aangekom het tot ‘n maand na jy die verlaat het.
Dis egter beter om te toets en die moontlikheid uit te skakel as jy nie lekker voel nie. As dit vroeg gediagnoseer word kan die maklik en suksesvol behandel word. As dit nie betyds gediagnoseer word nie kan dit jou vinnig doodmaak. ‘n Meisie wat saam met ons geswot het, het die Woensdag begin sleg voel, nie vir die dr gesê sy was in ‘n malariagebied nie en is met griep gediagnoseer en huis toe gestuur die Donderdag. Die Vrydag is sy opgeneem en vroeg die Saterdag is sy oorlede. Jonk, fiks en gesond gewees.





ChrisB mag dalk sy whisky…
ChrisB mag dalk sy whisky weeg voor hy dit geniet, maar hy weet beslis hoe om vis op die kole braai, geweeg of nie dit was lip lekker gewees.